Weergawe:
Aantal woorde: 368
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 14 Apr 2007
wag hy geduldig vir 'n wonderwerk
voorste gestoeltes, eerste ry
almal loop altyd reg by hom verby
tydens die preek gaan staan hy voor
om te beter te sien of te hoor
hy vat aan die prediker om hom stil te maak
hy probeer iets sê maar dit maak nie saak
almal gaan aan soos die diens lei
hy wens hy kan net 'n spreekbeurt kry
uiteindelik besluit hy en volg 'n ander plan
hy wil langs Sarie gaan sit as hy kan
hy hoop sy sal plek maak vir hom
sy skuif altyd op as Jannie daar aankom
vandag is die dag wat hy homself gaan voorstel
hy gaan vandag vir hulle die waarheid vertel
dit gaan nie oor wat jy doen vir die kerk nie
ook nie oor hoe hard jy aan kerklike projekte werk nie
dit gaan nie oor dit doen en dat nie
ook nie oor wie jy liefhet en haat nie
dit gaan nie oor wie by die kerk is jou pel nie
ook nie oor 'jy's oppad na die hel' nie
dit gaan nie oor wanneer laas jy hier was nie
ook nie oor maskers dra wat jou nie pas nie
dit gaan nie oor die boodskap hoor nie
ook nie oor wie doen wonderwerke en wie toor nie
dit gaan nie eers oor dans en sing nie
veral nie net oor die offers wat jy bring nie
'Amen Halleluja' is goed op sy tyd
maar kom dit waarlik uit julle monde uit?
daar is soveel meer as wat julle sien
as julle net God met julle harte wil dien...
wel, dis nou al jare se wag
met elke byeenkoms glo hy dis die dag
om net tot iemand deur te dring
wat sal luister en sy hart na God toe bring
hy wens hy kan ten minste net eenkeer
vir iemand wys hulle maak sy hartseer
as hy net eenkeer kan sê hulle moet opkyk
as hulle eenkeer kan sien hoe hemel lyk
As hy die dag daar voor kan staan
sal mense verstaan waaroor alles gaan
want hy sal hom eerste voorstel, sê wie hy is...
"Goeie môre my vriende, ek is Jesus..."
Lees ander gedigte deur anni c(",)
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur adnama
Gedigte uit die hart. Soms vir daardie blou dae en soms om mens net weer te laat dink oor die doel van die lewe.