Gedigte

Titel: Woorde
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Woorde wat wip
Woorde wat wapper
Woorde wriemel op die lip
Woorde barsend soos ‘n klapper

Want lekker is die woorde
En woeker is tog so wonderlik
Woorde vir akkoorde
En woorde in hul skik

Woorde is weliswaar verniet
Volop vlinder hulle ook
Woorde wat haelgeweer skiet
Woorde aan die stook

‘n Woord is daar nooit van vol
Geen gat vir ‘n woord te nou
Woorde kan maar aanhou rol
Werklik, sê my vrou

Wie weet wraggies in die wêreld waar
woorde se fontein hom bevind
Want immer is hul daar
Soos sand in die woestyn gewind

Wanneer woorde egter blaar neerlê
Swoeg ek somtyds swaar
Woorde in die winter
Koue pen wrintiewaar

Wat die hart van vol is
Stroom die mond van oor
Wonder, wonder, waar dit is
Waar het ek my pen verloor

Tussen hart en oog en alles om
Verrys my woordebrug
Begin die taal te blom
Woorde welkom is weer terug

Woorde wip nou woes
Woorde wild aan’t wapper
Kaskenades in my woordkardoes
Woorde dawerend en dapper



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

woorde
puik gepen.. ja woorde is vir my ook soos asem...
5 jaar 3 maande 2 dae 22 ure oud


Woorde
Dis nou oulik gesê :)
5 jaar 3 maande 3 dae 9 ure oud


Woorde
Ja, Woorde wat somtyds hul waarde verloor.
5 jaar 3 maande 3 dae 11 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar