Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

sagte soete klanke wil ek hoor
nie dawerende simbaalgeraas
tree bietjie terug en stel my voor
wees rustig, hou op om te blaas
sit stil en herkou aan jou roede
wat jy gebruik soos skerp swaarde
om my te deurboor met jou woede
het my liefde dan geen waarde

na teer omhelsings smag my wese
my hart gevul met brandende seer
verbrand, stukkend en verwese
wil ek nog steeds uitreik en probeer
ek smeek jou hier in my donker uur
reik uit en tel my op, hou my staande
vee die trane van my oë , hou op gluur
kom ons wees weer oor mekaar gaande

(opgedra aan my vriendin)

SG Roets
2015/07/16



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

swaarde
Kerf mens bietjie vir bietjie op, jou seer goed beskryf...
4 jaar 8 maande 1 week 6 dae 16 ure oud


Woorde soos Swaarde
Lê die swaarde neer die lewe is te kort vir woorde soos swaarde.
4 jaar 8 maande 2 weke 6 dae 10 ure oud


woorde
Pragtige skryfstuk aan iemand besonders ek hoop sy lees.
4 jaar 8 maande 2 weke 6 dae 13 ure oud


woorde soos swaarde
sjoe hierdie is so diepseer mooi gepen! ... ja woorde slaan dieper wonde as enige iets anders
4 jaar 8 maande 2 weke 6 dae 18 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

N VERGANE ERA

deur neels claasen

spoorweg staaltjies en verhale uit die verlede



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar