Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Wanneer die haan oggend vroeg kraai
en die hen se gekekkel vir almal uitlag,
staan jy vrolik op en jy jaag almal aan,
vermaan elkeen voor hulle heen gaan.

As die son kop uitsteek begin jy reeds
en as hy gaan slaap gaan jy nog aan,
jy neem my saam na jou siels-hemel
waar jy met 'n glimlag drome uitdeel.

Ek sien jou elke dag kom en gaan,
rustig, sonder enige haas beweeg jy
met grasie wat koninklikes toekom,
so is jy en so was jy altyd gewees.

Ek moet jou groet, die einde is hier,
ek wil jou 'n laaste guns vra liefste,
moenie jou hemel omskep in hel nie,
daar in jou siels-hemel sal jy my vind.

Ek gaan vir jou 'n roosboom plant,
in jou hemel, wat vir ewig sal blom.
Die tyd het eindelik gekom my liefste,
laat my nou gaan, die weg is gebaan.

19/01/2016 © C. du Plessis



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Afskeid
Ek sien 'n nuwe toekoms. Pragtig, Uitmuntend.
4 jaar 3 weke 4 dae 13 ure oud


Afskeid
Wat 'n jammerte dat ons binnekort nie meer sulke gedigte sal kan lees nie.
4 jaar 3 weke 5 dae 7 ure oud


Afskeid
Ai man, ek le nog oppie vloer en skop en skree!
Goeie gedig!
4 jaar 1 maand 13 ure oud


Woorde tot Afskeid

Afskeid bly maar meestal 'n saak van hartseer, maar tog skep dit geleentheid tot soete verlange en heimwee...
Baie dankie Casper vir jou bydraes wat in die reël atyd geestelike verryking meegebring het. Ek wens jou ook alles van die mooiste en die beste toe op jou pad vorentoe.
4 jaar 1 maand 1 dag 23 ure oud


afskeid
Elizabeth jy bly mar die koningin van romantiese gedigte
4 jaar 1 maand 2 dae 3 ure oud


Woorde tot Afskeid
Inderdaad "die weg is gebaan."

Mooi loop.
4 jaar 1 maand 2 dae 15 ure oud


Afskeid
Dit is baie mooi - jammer dat daar binnekort nie meer sulke mooi gedigte te lees sal wees nie - jy was 'n baie gereelde skrywer ek sal dit mis.
4 jaar 1 maand 2 dae 16 ure oud


groet
Sjoe, hierdie is nou 'n groet wat die wind skoon uit my seile neem.
So mooi! so mooi!
En wie sal jou nou wil laat gaan - nee bly, bly bly

en ek laaik veral daai roos wat in die persoon se hemel blom
en die allerlieflikste geur versprei.

Jouself oortref hier, As
*******
4 jaar 1 maand 2 dae 19 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

VuurWerke

deur die Posman

n versameling liefdes gedigte wat die stormagtige verhouding tussen man en vrou uit beeld, en ander gedigte.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar