hemi-edries, jý
hemisferoid, ék
hendiadisse – dis ons verweef
infusoriaal gespons
ge-eggo, geskape, gestold
ribbebeen vergestalt in perpetuum
harte gehou in petto, geïnougureer
hera, ék
herakles, jý
hemi-edries: - eienskap / toestand van hemi-edries te wees of te kristaliseer
hemisferoid: - enigeen vd dele van ‘n gehalveerde sferöide
hendiadisse: - weergawe van ‘n enkele begrip dmv twee soortgelyke woord, neweskikkend verbing bv vuur en vlam
infusioraal: - gevorm deur infusorieë, bestaande uit
in perpetuum: - vir altyd
in petto: - in die bors
geïnougureer: - ingestel, bevestig