Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dis my beurt hierdie naweek,
jy kon by my kom bly.
Ek wens ek kon die wêreld
aan jou voete lê om jammer
te sê omdat jy tussen
huise moet pendel -

Ek raak week teen die sluise
van jou kindergemoed elke keer
as jy my met trane groet.

Ek sien die blydskap in jou oë
en dat jy my slaaptyd-stories
glo oor reuse en drake vlieënde kwake.
Maar dis die prinse en die feë
wat vir jou die grootste vreugde gee.

Ek waak jaloers oor elke minuut
wat verby gly en die sluise van
jou kindergemoed vergoed
as jou haasbek-lag my bitterpil versoet.

My hart wil skeur elke keer as jy vra;
"Pappie verlang jy ook na Mammiekie
wanneer jy my verlang?"

Die wysheid van jou jeug verdwyn
in jou wegraak van soete slaap.
Ek verkyk my aan elke lyn en sproet.
As my vinger dan sag oor jou wang vee
wens ek dat ek vir jou 'n wolk kon gee
om op te sweef weg van al die pyn.

Ek raak week teen die sluise
van jou kindergemoed
elke keer as ek jou versmorend
in droë trane moet groet.

© Zymrly 1 Okt 2010



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

82
Og jinnekie tog....dis seer, dis mooi, dis sag, dis wreed...dis alles in een!!!
4 jaar 5 maande 3 weke 2 dae 22 ure oud


Pendel
Pragtig raakgevat.. maak mens hartseer.
4 jaar 5 maande 3 weke 4 dae 20 ure oud


Realiteit
'n Baie groot kwessie pragtig raakgevat
4 jaar 5 maande 3 weke 4 dae 21 ure oud


pendel tussen huise
Sjoe hier wil my hart n traan stort. Foeitog die kindertjies verstaan.
4 jaar 5 maande 3 weke 5 dae 20 ure oud


pendel
zym dit is n gedig wat mens meer as een keer kan lees. soos altyd puik werk
4 jaar 5 maande 3 weke 6 dae 3 ure oud


Pendel
'n Baie hartroerende gedig. Pragtige werk!!!
4 jaar 5 maande 3 weke 6 dae 11 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Lelani

deur Rachelle du Bois

Lelani Botha bestuur die eksklusiewe boetiek op die dorp. Sy is beeldskoon, stylvol en kunstig. Maar sy dra swaar aan ‘n geheim waarvan niemand weet nie. Tot hul botanis buurman Leon Postma haar eendag betrap in ‘n situasie wat sy nie langer kan wegsteek nie. Hy weet nou baie meer as wat enige ander mens van haar weet en sy verkwalik hom daarvoor. Hy het geen reg om te weet nie. Sy is pragtig, vurig en wantrouig. En sy is in Leon Postma se lyf, in sy kop en sy bloed. Hy sal vir haar ʼn brug oor die water bou wat haar na hom toe sal bring. Of so hoop hy. Maar Lelani bied hewig weerstand teen haar groeiende aangetrokkenheid tot Leon. Sal sy toegee aan die man wat soos ʼn koors in haar binneste kom intrek het? Sal sy uiteindelik die brug na hom toe oorsteek?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar