Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die see se aanslag teen die strand
is vandag wild en ongetem.
Seeperde ry die golwe bloots
en die wind vang die hoogste deining
se seile en breek dit met geweld teen die rotse.

Tòg is dit die fyn druppels
van die sproeireën wat op
my wange in klein, blink, pêrels
verander wat die gang van my
trane se vloei herlei.

© Zymrly 20 Jul 2008



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

52
Briljant gedoen, dis dig'kuns'!
4 jaar 5 maande 5 dae 21 ure oud


Pêreldruppels
absoluut epies, briljant
4 jaar 5 maande 5 dae 22 ure oud


druppels
die ontstuimigheid van die see en die trane vloei vir my baie mooi saam
4 jaar 5 maande 6 dae 1 uur oud


druppels
Die krag van die natuur en haar vermoë om die mens te beinvloed word baie mooi hier uitebeeld. Baie goed gedoen :-)
4 jaar 5 maande 6 dae 3 ure oud


pereldruppels
Dis pragtig.
4 jaar 5 maande 6 dae 8 ure oud


Trane . . .
uitstekend gedoen!
4 jaar 5 maande 6 dae 9 ure oud


Pereldruppels
Pragtig gepen!!!
4 jaar 5 maande 6 dae 9 ure oud


druppels
Pêrel-druppel mooi..... Besonders!
4 jaar 5 maande 6 dae 12 ure oud


druppels
Uitstekende slot. Mooi gepen
4 jaar 5 maande 6 dae 13 ure oud


druppels
Die natuur bring sy eie troos en genesing!
Puik gepen!
4 jaar 5 maande 6 dae 17 ure oud


pereldruppels
ek ditto vir Borrels, die see is baie mense se tonikum... baie goed gepen
4 jaar 5 maande 6 dae 18 ure oud


See ...
Niks wat 'n onstuimige hart kalmeer soos 'n onstuimige see nie.
Ai, hoe mis ek nou my geliefde see ...
4 jaar 5 maande 6 dae 20 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

DIE DODELIKE SPEL

deur neels claasen

Speurverhaal waarin luit. Kas Dreyer die moord op n smokkelaar ontrafel



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar