Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Sy staan met haar gesig
gekeer na die wysheid van
die son en kreet rou deur
lippe gebars; "As ek net
kon, Here as ek kon het
ek die sluier oor die maan
getrek en die bloed-skaduwee
van my spore afgevee sonder
om Kainsmerke op my nasate
te los"

Maar die son het sy kop
skarlaken weggedraai en
haar verraai toe hy die
sluier voor die maan
wegtrek om die bloedsleepsels
op haar pad te ontbloot.

Want die fetus was nie meer
in haar moederskoot maar
het in die afsaksel van
die donkermaan 'n traan
gedrup omdat hy vermoor is.

© Zymrly – 26 Jun 2011



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

26
Sjoe, uitstekende werk, Z. Dit sny diep. So iets kan 'n vrou seker vir ewig treiter. Ek weet nie of sy ooit die skuldgevoel sal afskud nie.
4 jaar 9 maande 6 dae 7 ure oud


26
Eish..eish..dem ek is tjoepstil in verwondering en skok!
4 jaar 9 maande 6 dae 8 ure oud


Weereens . . .
uiters knap gedaan. 'n Wrede, onmoontlike, seer onderwerp sensitief aangespreek.
4 jaar 9 maande 6 dae 18 ure oud


skarkaken
Aborsie is Moord an skuldige gewete die straf
4 jaar 9 maande 6 dae 22 ure oud


skarlaken son
Jy pen die gewelige berou uitmuntend vas.. puik gedoen van begin tot end met die mooiste woord beelde
4 jaar 9 maande 1 week 3 ure oud


skarlaken
Pragtig gepen, dit is 'n onaangename daad wat sekerlik net berou bring (?) aan die wat dit gedoen het
4 jaar 9 maande 1 week 4 ure oud


skarlaken
Dolksny seer maar voortreflik gepen.
4 jaar 9 maande 1 week 5 ure oud


skarlaken son
Dis nou n spog gedig. Genade dis net fantasties mooi bewoord en so keurig gepen. Ek is mal hieroor. My gunsteling beslis.
4 jaar 9 maande 1 week 5 ure oud


skarlaken
Sjoe, goeie sosiale kommentaar met 'n ompad wat die berou bevlek ontbloot!

******
4 jaar 9 maande 1 week 5 ure oud


Goeie werk ...
Jy kry dit suksesvol reg om "mooi" te skryf oor 'n "lelike" onderwerp.
4 jaar 9 maande 1 week 6 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Gedoria

deur Martha Maria Jones

Gedoria is my debuut digbundel. U kan dit koop by www.afrikaansenuusagentskap.co.za of u kan my kontak by 0760176453. Ek is tot alles in staat deur Christus.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar