Gedigte

Titel: X-sodus
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Suid Afrika ! Afrique de Sud.
bodem vir woelinge
strewe -
uhuru van
swaarkry, sweet -
verdrukking se sweep.

Afrikaner -
paspoort vir vry bly –
Vasgoed gekoop, verdien
met oorsprongsbloed
‘n kaia, my oase.
Sal ek jou kan verruil ?
vir Mammonsgoed.
die gier - ’n vinnig dollar.

My naelstring,
- mentaliteit,
- melancholie.
ovum van jou.
Tru-Asiel ! -
Van ver hoor ek -
jou na my roep.
Eien jou sein.
Peep ...
pe...
p...




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Weereens dink ek jy het die gawe om so baie te sê met so min woorde. Jy kry dit reg om duisend gedagtes los te woel met jou min woorde. Dit titel van die gedig is uitstekend.
Groete,
PM
10 jaar 11 maande 1 week 6 dae 12 ure oud


Sjoe!!!
Liewe Genade! Ek staan stomgeslaan en wil omval van blote BEWONDERING vir hierdie gedig van jou. aMaZiNg!!!
12 jaar 4 maande 2 dae 11 ure oud



Van ons ander lede

Voedsel vir die Siel

deur Snuffelgids

Hierdie digbundel is Voedsel vir die Siel. Dit bevat elke emosie se leemtes en na die lees voed dit jou tot in die dieptes van jou siel. Geen emosionele leemtes sal ooit weer kop uit steek nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar