Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Wat gaan aan? Hoe word dit verklaar?
Ek luister na die radio. Die oggend programme. Ek is ‘n getroue luisteraar.
My kop draai. Ek stres.
Verjaarsdag wense.
Ek kan nie glo wat ek hoor nie
Die omroeper begin by die gelukwense aan die wat honderd jaar en ouer is!
Daar is vier. Honderd en twee, honderd en drie, en twee van honderd en een!
Almal dames.
Dan gaan die omroeper na die negentig en ouer se gelukwense.
Nege, nege. Nege, sewe. Nege ses. Die omroeper hou nie op nie
Almal dames.
Dan tagtig. Dan sewentig.
Steeds net dames
Nou weet ek nie meer so mooi nie.
Leef net vroue so lank?
Het mans niemand wat hulle geluk wens nie of is daar nie mans wat so oud word nie?
Dan is dit seker só:
Al julle mans:
Wê, julle gaan tog nie baie oud word nie!
Of, net vir ingeval dit gebeur dat jy oud word, gee meer aandag aan julle geliefdes.
Hulle gaan julle sekerlik vergeet.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

WAT
Wyse raad van 'n wyse gryse! Ek se, solank mens net leef TOT jy doodgaan en nie al voor die tyd DOOD is nie.
8 jaar 10 maande 4 weke oud


Z
Jy weet vrouens verbloem gewoonlik hulle ware ouderdom. Dus moet jy so 10 jaar of wat by daardie ouderdomme tel. En die manne word mos al jonger. Met hulle speelgoed, voorliefdes, afkeure en dan verander hulle ook weer in vryersklonge. Daarom gaan jy bittermin gelukwensings kry vir manne ouer as 60
8 jaar 10 maande 4 weke oud


honderd jaar is 'n eeu
Ek wil eerlikwaar nie so oud word nie. Dink daaraan: een van die beste dinge wat met 'n mens kan gebeur, is om skielik dood te gaan. Om lank in 'n sterfbed te wag, is grusaam.
8 jaar 10 maande 4 weke 18 ure oud



Suid-Afrika in die Eerste Wêreldoorlog

deur Francis Gillieron

Kroniek van die rol van Suid-Afrika in Eerste Wêreldoorlog. Gedenkuitgawe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar