Gorrel

Titel: MCE
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek is nie die grootste skrywer op woes nie, ook nie die slimste of die skerpste nie. Maar woes bied my die uitlaatklep wat ek nodig het om al die baie lettertjies uit my kop te kry. En danksy woes het ek na 30 jaar weer begin skryf (sien Hel by Hillcrest) en ek geniet die ontspanne atmosfeer en diversiteit van die skrywers en digters by woes. Ongelukkig is die gemaklike omgewing nou versteur deur die kompetisie (waaraan ek wou, maar op die ou end nie deelgeneem het nie) en die daaropvolgende skrapping van MCE.

Ek mis haar skryfwerk op my skerm, ek mis haar teenwoordigheid op woes, ek mis haar kommentaar op ons werk en ek mis haar leiding en raad – altyd onvoorwaardelik en diplomaties en tot die positiewe uitbreiding van ons taal. Ek is nie seker wat die omstandighede was met haar weggaan nie en om die waarheid te sê, WIL ek nie weet nie, want woes is nie hellopeter nie.

Dit is net eenvoudig nie meer dieselfde sonder MCE nie.
Dis hoe ek voel.
En dis dit.

blessings
tanisoo

NS: Asb doen iets dat die website vinniger reageer. Dis moer stadig en dit frustreer my tot die punt waar ek my muis deur die plafon wil slinger. Ja, soms my eie een ook.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ek seer my in jou seer...
Los daardie muise! Mos soos vuilwater wat mens liewer nie moet uitgooi alvorens jy eers skoonwater het nie!

MCE...

Sonder haar en nog 'n paar ander is Woes beslis nie meer die Woes wat eens vir my soos 'n eerste liefde was nie. Tog hartverskeurend dat hulle 'onttrek' het. 'n Leemte is gelaat wat nie weer so gevul sal kan word nie...
9 jaar 4 maande 3 dae 6 ure oud


Maar ja AnaNiem
EN VIR JOU ANA NIEM
VERHEF EK (ANONIEM) tot
MOEDEROWERSTE
met BEURSMAGTE VIR DIE INVORDERING VAN SKULDBELYDENISSE -
SODAT SODANIGE INVORDERINGS AANGEWEND KAN WORD OM
STANDBEELDE
TE MAAK WAT SOOS
IKONE
TER NAGEDAGTENIS VAN DIE GESTORWENES OP WOES,
TELKENS DRIEDIMENSIONEEL
MET DIE OOPMAAK VAN SKERMS SAL VERSKYN,
MET DIE DEUNTJIE 'LANK SAL JY LEWE, LANKS SAL JY LEWE!"
wat tot vervelens toe
SOOS JINGLE BELLS MET KRISMIS SPEEL......
9 jaar 4 maande 3 dae 8 ure oud


JA AnaNiem
Vireens stem ek met jou saam, maar.....

......dalk moet jy eerder die feit aan SNOEF CV voorlê......
9 jaar 4 maande 3 dae 8 ure oud


En
hier is almal gelyk - net maar skrywers.
9 jaar 4 maande 3 dae 9 ure oud


Aan wie dit mag aangaan
Maak die geleerdheid van 'n geleerde dan noodwendig van hom 'n mooi en aangename MENS? Ek vra nie maar net nie, want Dawid was 'n SKAAPWAGTER, maar sy NEDERIGHEID het hom 'n KONING gemaak - en 'n man na God se hart. Ek sê maar net,hopelik sal dit meer sin maak.
9 jaar 4 maande 3 dae 9 ure oud


sjoe sjoe sjoe!
Irma, baie dankie vir jou insette! Nou sal dinge hopelik vir baie mense meer sin maak.
9 jaar 4 maande 4 dae 11 ure oud


mce
Ek kan dit nie glo nie. Dit is verregaande dat iemand wat die woorde "kreatiewe platform vir Afrikaans" versinnebeeld, verwyder word sonder dat iemand iets daaraan doen. Is ons almal lamsakkig?
9 jaar 4 maande 5 dae 4 ure oud


AMEN Irma Mey!!!!!
En terloops, Lylo de Lange het ook sy goed gevat en geloop. NOG 'n REUSE VERLIES!!! Toe hy vra sy profiel moet verwyder word, is hy bloot afgehaal - wat die indruk skep niemand op woes maak saak nie. Maar hoekom verbeel ek my ek het reeds daardie woorde gehoor? "As jy wil waai, vat jou paai en waai" of so iets??? Wat 'n skande
9 jaar 4 maande 6 dae 5 ure oud


AAN WIE DIT MAG AANGAAN - BESTUUR INGESLUIT
Ek weet nie of hier van MCE se familie op die werf is nie, ek glo nie, daarom gaan ek die arrogante stelling maak dat ek haar seker die langste ken van almal op Woes. Ons het 'n pad in die onderwys geloop, nie altyd langs dieselfde weë nie, want ons paaie het om bevorderingsredes dan en wan geskei. Ons was wel deeglik bewus van mekaar, want ons was albei eksaminatore en moderatore vir afsonderlike vakke. Ons was dosente aan Hoër Onderwys instellings. MCE het ook skoolhandboeke geskryf. Ons spot en sê ons het in daardie dae onderwys "gemaak"! As iemand ons CV's moet sien, sal julle besef dat ons die hoogste moontlike poste beklee het wat in die Broederbondtyd vir vroue moontlik was.

Ek sê hierdie dinge nie om te spog nie, maar om my spyt uit te spreek dat 'n stap soos om MCE te skors, enigsins nodig was. MCE het 'n onberispelike rekord, 'n integriteit soos min mense wat ek ken. Sy is uitgesproke as dinge haar nie aanstaan nie, wat haar burgerlike reg is. MCE was een van die voorvegters vir Woes. Dit was haar hawe! Sy het gelewe vir die uitbouing van Woes, want sy het die talent, die ondervinding en die bestuursvermoë om dit eiehandig te doen. Sy het vir Woes gedoen wat sy kon. In gesprekke by samekomste het sy nooit ooit 'n negatiewe woord vir Woes gehad nie. Sy het lede gewerf, digters gementor per epos of op 'n persoonlike vlak. Om die waarheid te sê, ek was skaam dat sy een van my neerwerpseltjies moes lees.

MCE kom uit 'n familie van GROOT en bekende mense. Sy stam o.a. uit die Louw familie waarvan N.P. van Wyk Louw een was. Sy het by GROOT mense se voete gesit, geleer en boonop hulle gene en talent geëerf. Daarom is dit vir my hartseer dat 'n mens van hierdie kaliber soos 'n voertsek van hierdie werf verwyder is. Ek sê vandag vir julle dat die skade wat hier berokken is, gaan boemerang op een of ander manier. Hierdie is nie 'n platvorm vir skrywers nie, dis 'n besigheid. So, "houd den bek" en vroetel voort! Woes het groot skade gely die dag toe MCE hier uit is! Sy was so lojaal dat sy nie eens wou publiseer nie, sy wou net skryf op Woes. So, ek vra nie maar net nie, ek sê maar net! Dink julle werklik dat 'n mens van die statuur nodig het om hier rond te sluip om te sien wat mense van haar sê nie. Sy is te groot dat dit haar skeel, maar haar skorsing was verseker 'n lelike klap in haar gesig!

Sela!
9 jaar 4 maande 6 dae 6 ure oud


Ek kan nie glo wat my oge sien nie!
Genade! Leef ek dalkies in 'n twilight-zone of iets? Ana Niem my mens, rook jy dalk iets onwettigs, soos jou sokkies? En nee, dis nie 'n BELEDIGING nie, maar 'n opregte bekommernis oor jou welstand. Want daar moet beslis fout wees as jy 'n gelaaide vraag/stelling maak soos "Ek vra maar net.." en daarna omdraai en jouself wil kom verontskulding en sommer terselfdertyd die vinger na ander wil draai? Niks daaromtrent maak sin nie. Die "beskeie ontkenning sou genoeg gewees het", sou beslis nie genoeg gewees het nie. Jy het gekrap waar dit nie gejeuk het nie en toe almal nou begin krap, is jy skielik heel vroom en onskuldig.

As jy dan vir MCE beter ken as wat ek (wat maar 6 maande hier is), hoe kon jy dan so 'n stelling gemaak het? Dan sou jy mos geweet het Vuurvrou is nie MCE nie. Wat wou jy dan bereik? Die afleiding wat ek dus maak, is dat jy WOU stook. Graag wil ek ook weet hoe op dees aarde jy tot die slotsom kon kom dat ek myself distansieer van MCE in my skrywe? As jy agter die deur staan, moet my nie ook daar soek nie asb. Nêrens het ek gesê ek voel beledig nie - ek het wel gevoel jy beledig MCE om haar naam aan myne te koppel (weereens, sy het BAIE meer talent in haar pinkie as wat ek kan droom om in my hele lyf te hê).

Ek staam saam met wat Arelle gesê het - kan dit nie beter verwoord self nie. 'n Skrywer is nie noodwending altyd uitgelewer aan die lesers se persepsie nie. Persepsie word gewoonlik geskep deur die skrywer d.m.v. die woorde wat die skrywer gebruik.

Dit gaan vir my hier oor MCE se goeie naam, karakter en reputasie. Op geen stadium het enigiemand, behalwe jyself dalk, MCE se naam tot vloekwoord degradeer nie.

Jy het die keuse gehad om my en/of MCE direk te kontak te vra of ons dieselfde mens is, maar jy het gekies om dit d.m.v. 'n "loaded" stelling verbloem as 'n vraag op die openbare forum te doen waar jy geweet het jy gaan reaksie ontlok. En jy wil ons probeer oortuig jy is onskuldig in die feëverhaal? Dan beledig jy beslis ons intelligensie.

Wat 'n hartseer, hartseer dag!

Shalom, mazeltov, carpe diem, vrede op aarde vir almal en al daardie lekker dinge.

9 jaar 4 maande 1 week 10 ure oud


Beste Ana Niem
"Maar miskien moes ek dit liewer uitgespel het: Mense, bedaar! MCE laat haar nie so maklik onderkry nie! Kyk na Vuurvrou se werk - ek dink sy is steeds met ons! (soos in "'n goeie begrip het 'n halwe woord nodig"?)

Skryf jy.

En dadelik argumenteer jy:

"Wys jou net - 'n skrywer is altyd uitgelewer aan die persepsie van die leser".

Jy weet net so goed soos ek dat JY daardie persepsie geskep het - jy erken dit dan ruiterlik hierbo! Moenie nou die leser blameer vir 'n vraag wat eintlik 'n stelling is met 'n skerp steek in nie.

En nou noem jy hierdie MCE 'n befaamde skrywer nadat jy haar met 'n agterdogtige stelling probeer bykom. Is jy vroom, of wat?

"Dit verbaas my net dat jy reken my kommentaar berokken die werf skade, maar sarkasme en venyn van ander kommentators dra goedkeuring weg of word geduld?" - jy het nie kommentaar gelewer nie, jy het agterdog gesaai. Die 'ander' het reguit geskryf wat hul dink - al is dit jou PERSEPSIE AS LESER dat dit sarkasties en venynig was. Natuurlik sal hul reaksie op jou so wees - hoekom het jy dan nie in die eerste plek die vraag reg gevra soos jy dit nou gedoen het nie, dan het jy nie hierdie 'sarkasme' en 'venyn' op die hals gehaal nie. En dit is die rede hoekom dit 'geduld' word, omdat hul die intensie regdeur jou vraag onmiddellik gesnap het.

Jy praat van beledigings. Ek het jou nie beledig nie. Ek het my misnoee uitgespreek oor die manier waarop jy onmin probeer saai.

"Ek is regtig jammer as my kommentare aanstoot gegee het - en as die naam van 'n befaamde skrywer soos MCE 'n vloekwoord gemaak word, hou ek verby. . ." jy HELP om dit 'n vloekwoord te maak, nou hou jy gerieflik verby??

Miskien moet jy maar verbyhou, want oral waar ek jou reaksie op skrywes hierbo lees, maak jy stellings, en as jy dan 'aangevat' word daaroor, is jy doodonskuldig en probeer jy jouself verontskuldig deur argumente om te draai totdat dit jou pas en ja, seker beter laat voel.

Ek is regtig jammer om dit te moet skryf, maar ek glo nie dat jy regtig jammer is dat jou kommentare aanstoot gegee het nie, hoekom anders het jy dan om 'n draai vir MCE probeer bykom, jy het alle intensie gehad. So as jy nou hierdie as 'n belediging beskou, dalk is dit maar miskien is dit tyd dat jy voor 'n spieel gaan staan en werklik ernstig na jouself kyk en vra of jy werklik so min van jouself dink, of hoef te dink, dat jy ipv om van jou wonderlike skryfwerk weer te publiseer, en jou soos die lady te gedra wat ek dink jy is, sulke onsinnige goed te skryf soos wat jy het.

Jip, vrede vir jou ook.

AM

9 jaar 4 maande 1 week 1 dag 21 ure oud


AnaNiem se agteraf brief aan my...
Van: Aná Niem
Onderwerp: RE: GAAAAAP.........
Boodskap:
Beste PerskeWang,

Ek is jammer oor jou slegte ondervinding met "strandjutte onder die vaandel van Jesus vriende". So-iets sou my ook ontstel. Al raad is: moenie na mense kyk nie - almal het maar voete van klei. Stel jy liewer die voorbeeld. Groete.

=================================================

Ja nou het almal die PARADYS-SLANG aan die stert beet nè. ….skielik kan botter nie in DIT se mond smelt nie.

As jy AnaNiem, dan so danig VRIENDE-VAN-MCE-KLUB is, moet jy mos weet waar sy haar bevind! Hoekom stuur jy nie 'n epos aan MCE self as jy dink sy is nog op Woes nie??? Hoekom skiet jy eerder los en vas skote in die donker?

Jy wat nou skielik haar ESTE-BESTESTE maatjie is, het nogal heel lekker saam gestook aan dokter Jaco se toe brief!

Sien jy hoekom ek geen erg het aan Jesus vriende nie? Dis mense wat Sondag soos wit olifante in die kerk sit en Maandag tot Vrydag slangsleepsels nalaat oral waar hulle “maar net vra”.

En as hulle uitgevang word dan Shalom dit voor en Shalom agter die kant sakdoekie met gebed en salvolately!

Die Titanic moes meer SLANGE-VRIENDE saamgevat het seebodem toe.
9 jaar 4 maande 1 week 1 dag 21 ure oud


Arelle Malan
Beste Arelle,

*smile*...ek kan my net voorstel hoe die ou tannie die gedoente van veraf bekyk!

Wat "ek vra maar net" betref: 'n antwoord het ek wel verwag, nie beledigings nie.

Maar miskien moes ek dit liewer uitgespel het: Mense, bedaar! MCE laat haar nie so maklik onderkry nie! Kyk na Vuurvrou se werk - ek dink sy is steeds met ons! (soos in "'n goeie begrip het 'n halwe woord nodig"?)

Wys jou net - 'n skrywer is altyd uitgelewer aan die persepsie van die leser...

Dit verbaas my net dat jy reken my kommentaar berokken die werf skade, maar sarkasme en venyn van ander kommentators dra goedkeuring weg of word geduld?

Ek is regtig jammer as my kommentare aanstoot gegee het - en as die naam van 'n befaamde skrywer soos MCE 'n vloekwoord gemaak word, hou ek verby. . .

Shalom!
9 jaar 4 maande 1 week 2 dae oud


Vuurvrou
Ek is werklik verstom oor jou reaksie op die feit dat jou skryfstyl my herinner aan 'n begaafde skrywer soos MCE? Eers bedank jy my vir die kompliment (wat dit dan inderdaad was!) en daarna word ek geslaan omdat ek dit DURF waag om julle in dieselfde asem te noem - amper asof ek jou beledig het! Jou hele skrywe klink asof jy jou van haar distansieer? Vir my voorwaar vreemd, want 'n beskeie ontkenning sou heeltemal aanvaarbaar gewees het. Nee man, wees dan liewer trots dat ek haar in jou werk raaklees, want soos jy self weet, is daar min wat haar kan ewenaar! En kyk nou net hoe is jy ge-'boost'!(en jy hoef my nie van haar te vertel nie, ons twee verstaan mekaar op die lang pad saam, en miskien ken ek haar dan beter as jy wat nog net 6 maande op die werf is) As jy steeds 'beledig' voel - dis nie so bedoel nie; eerder 'n troos vir almal wat haar werke mis. Groete.
9 jaar 4 maande 1 week 2 dae 1 uur oud


Ana Niem
se vraag laat my nou dink aan die bejaarde vrou wat die SAPS gebel het om te kla oor die gay, kaal mans by Graaff se poel in Seepunt (agter hoë mure).

Toe hul haar vra om daar te bly totdat hul opdaag om aksie te neem, antwoord sy kort van asem nee, nee sy gaan nie NABY sulke plekke nie, nie nooit nie - sy het haar eetkamerstoel bo-op die eetkamertafel gesit en staan op dit om beter te kan sien...

Hoekom die agterdogtige wegkruip agter 'ek vra maar net...'?

Geen mens 'vra maar net' en verwag nie 'n antwoord nie.

Dit is sulke opmerkings wat die werf nog meer skade aandoen as wat reeds gedoen is wat ek kan aflei uit Nico 10 se kommentare.

Nee a, mens verwag sulke opmerkings deur skoolkinders wat kwaad wil stook, nie volwasse, volwaardige skrywers van statuur op hierdie werf nie.


AM
9 jaar 4 maande 1 week 2 dae 20 ure oud


ha...dis nooit anders nie
Hahaha, eK wou mos sê.......!
9 jaar 4 maande 1 week 3 dae 3 ure oud


Psssst!!!!!
*ek hoor tanisoo is eintlik MCE, maar moet vir niemand sê nie!!!*
9 jaar 4 maande 1 week 3 dae 3 ure oud


Ek sê ook maar net ...
... dat almal MCE mis op woes, dat NIEMAND hier haar plek/skoene/spasie/profiel kan volstaan nie en dat haar skrapping/verwydering/uitwissing bloot 'n venynige wanhoopsdaad was wat GEENSINS ter bevordering van die taal/digkuns/skryfkuns/literatuur was nie. Dit getuig van selfsugtige, onbesonne, onverantwoordelike en uiters kinderagtige gedrag - wie se besluit dit ookal was.

Ek kuier deesdae baie lekker saam met VOLWASSENES by Dowe Digters (Abjater Ronkedoor se uitdinksel, hier op woes was hy Markies van Karrebas), Donderdagaande by PanDora Art House in Muckleneuk, Pretoria. Gaan loer by www.pan-dora.co.za
9 jaar 4 maande 1 week 4 dae 7 ure oud


Ana Niem
Hallo daar

Gedink ek moet dit net duidelik maak dat die uwe en MCE beslis nie dieselfde persoon is nie. Dankie egter vir die kompliment! Dis vir my 'n groot eers dat iemand sou dink ek is soos MCE, want ek weet nie eens of ek dit werd is om in haar digterlike skaduwee te kan sit nie! Ek het groot respek vir haar as digter en skrywer en ook dit wat sy op die Woes werf vermag het. Daar was slegs 'n handjievol persone van haar statuur hier op Woes. Mense wie regtig die werf wou uitbou en ander inspireer tot meer kreatiewe denke en skryfkuns. Ongelukkig is daardie handjievol nie meer hier nie.

Uit pure nuuskierigheid en astrantheid, wil ek graag weet vanwaar jou vraag? Die uwe is darem ook al oud genoeg om te kon leer dat wanneer iemand 'n vraag vra en dit eindig met "Ek vra maar net ...", daardie vraag doelbewus was. Hetsy om uit te lok of die waters te toets. Jy weet, soos om 'n klip in die bos te gooi en te kyk wat daar uitspring.

So tussen ons: MCE het baie meer integriteit as om onder 'n ander profiel kommentaar te lewer. Die blote insinuasie daarvan is volgens my opinie 'n klap in haar gesig. Sy is 'n ordentlike persoon met hoë standaarde en waardes. O ja, kyk gerus ook na my paar pogings hier op die werf. Beslis nie eens NAASTENBY die standaard van MCE nie. Ek is net iemand wat probeer skryf, maar toevallig nie op my bekkie geval is nie.

Indien enigiemand dan nog twyfel, kan hulle gerus die Woes Ondersteuning/Admin kontak en vra dat hulle bevestig "ons" is nie dieselfde persoon nie.

Vrede vir almal!


9 jaar 4 maande 1 week 4 dae 11 ure oud


GAAAAAP.........
Ja MCE SLUIP elke dag hier rond, LOER om hoekies, soos 'n aasvoël..... loop op ander se spore soos 'n strandjut sodat sy 'n bietjie kan kommentaar. Woes is mos die pinnacle van haar bestaan????? Ja ek is seker......

Die eintlike strandjutte is die wat soos honger wolwe op haar spoor probeer byhou.....onder die vaandel van Jesus vriende1

Ek sê maar net!
9 jaar 4 maande 1 week 4 dae 11 ure oud


MCE
EK KEN VIR MCE AS 'N VUURVROU, OF 'N VROU VAN VUUR, MAAR SY LOOP BESLIS NIE TWEE RYE SPORE NIE!!! OF SPOOK IN HAAR AFWESIGHEID NIE..
9 jaar 4 maande 1 week 4 dae 18 ure oud


?
Is MCE en Vuurvrou dieselfde persoon?? Ek vra maar net...
9 jaar 4 maande 1 week 4 dae 23 ure oud


LMGA
Tanisooooooo nou my asb as jy dit gaan doen
9 jaar 4 maande 3 weke 2 dae 2 ure oud


In my opinie was MCE (Tannie M) die ruggraat van Woes. En dis nie dieselfde hier sonder haar nie. 'n Waardige vrou so mooi met haar taal kon meegee wat in die siel en hart omgaan.
'n Persoon om na op te kyk - iemand by wie ek so baie geleer het - 'n juweel!

Dit is skandelik dat sy geskrap is deur bestuur. SKANDELIK!
9 jaar 4 maande 3 weke 3 dae 4 ure oud


Vuurvrou, staande applous!!! En vir jou ook, Nico10!
“To sin by silence when they should protest, makes cowards of men” – Abraham Lincoln

“An army of sheep led by a lion would defeat an army of lions led by a sheep” – Arab proverb
9 jaar 4 maande 3 weke 3 dae 10 ure oud


Houd den bek, of!
Ek verskil van diegene wie vir MCE wou uitmaak as 'n aanhitser en klaagster. Ja, sy het stukke geplaas waarin sy ernstig sekere dinge benavraag het en op antwoorde aangedring het. Tenminste het sy die GUTS gehad om dit te doen en te staan by haar oortuigings. Tussendeur was die res van haar plasings by vêrre positiewe gedigte. Sy het regtig probeer om die werf na die glorie van weleer te herstel. Sy het ook probeer om ander skrywers d.m.v. haar uitdagings sover te kry om meer kreatief te skryf. Getuig dit dan nie van lojaliteit nie?

Dit steek my dwars in die krop dat daar in die nuutste nuusbrief gespog word hoe Woes dit verwelkom as lede hul opinies lug, want Woes is dan juis die plek om dit te doen en hulle verwelkom dit! O ja? Hoekom is MCE en ander dan so stief behandel toe hulle hul opinies op 'n redelik beskaafde manier gelug het? MCE, Sterstof en Zadu is in geen onsekere terme gesê "vat jou paai en waai" as hulle nie daarvan hou nie. Wat help die halfhartige verskoning in die nuusbrief enigiemand nou? Dis mosterd na die maal.

O ja, MCE se profiel is geskrap en haar werke verwyder, maar dit het geen impak gehad op die statistieke op die blad nie. Hoe is dit moontlik? Sy het oor die 1 000 werke op haar kerfstok gehad.

Wat party mense uit die oog verloor het, is die feit dat MCE 'n groot bydrae tot Afrikaans en tot hierdie blad gemaak het met haar kwaliteit skryfwerk en ook hulp aan ander digters met die ontwikkeling van hul werke. Is dit dan nie juis een van die doelstellings van hierdie werf nie? Dat ons Afrikaans sal uitbou en dat skrywers ondersteun sal word sodat hul kan groei in hul skryfwerk en kreatiwiteit. Mense soos MCE en Sterstof het dan mos juis die doelstellings van die werf ondersteun en help uitbou?

Ek kan maar net DROOM om 'n tiende van die skrywer te wees wat MCE is. Aan die voet van haar woorde het ek baie geleer.

"Ours is not to question why. Ours is but to do and die" - Alfred Lord


9 jaar 4 maande 3 weke 3 dae 10 ure oud


patricia??
Toe ek woes se webblad oopmaak, maak dit toe oop op “patricia” se profiel en dit lees: “Inligting verwyder deur skrywer,………sien julle op FreeStyle waar kunstenaars se uniekheid verwelkom word en elke stem gehoor word!! Wat gaan tog aan??
Verskoon my vir 'n rukkie. Ek gaan gou al my werk elders save. Dalk word ek ook sommer geblok/verwyder/uitgevee.
So much for trust ....
9 jaar 4 maande 3 weke 4 dae 8 ure oud


MCE
Ek beaam Vlakvark se woorde...ons mis haar beslis!
9 jaar 4 maande 3 weke 4 dae 9 ure oud


MCE
Tanisoo, ek het persoonlik met MCE gepraat en graag wil ek net se, sonder om in die detail in te gaan, dat sy nie verdien het wat sy gekry het nie.

Sy was nog altyd 'n stoere Woes ondersteuner en haar bydraes en kommentaar, van hoogstaande gehalte.

Woes het 'n groot gees verloor.
9 jaar 4 maande 3 weke 4 dae 9 ure oud


Dankie Nico10
Ek is sommer ook lus en loop. En gaan sit onder 'n brug en skryf en gooi die velle papier in die water sodat die ink smeer en die papier sag word en sink.
Sien jy hoe stamp ek my voet?????
9 jaar 4 maande 3 weke 5 dae 1 uur oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die Besoeking

deur Kobus van Eden

DIE BESOEKING handel oor 'n Gideonsbende wat die plaasmoorde begin wreek. Hul sukses is verstommend! Gou staan Koos Gerade bekend as die Bloedwreker en sy manskappe as 'die hel.'



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar