Gorrel

Titel: TELEFOON
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek haak vas.
Cell foon, Sel foon, hand foon, Mobiele foon ?
Wat is die ding se naam?

Ek leef pre-histories, asketies, net my eie lewe.
“ Willem, hier is vir jou ’n telefoon.”

Ek vat die ding. Ek weet nie hoekom nie, maar kan die bevel nie ontwyk nie.
Ek verstaan die ding nie mooi nie. Hulle wys my.
Dit kan foto’s neem en liedjies speel en nog baie ander dinge doen.

“Dankie, ek sal dit bestudeer . Wys my net vir eers, waar is die clutch, die briek, die start en waar gooi ek petrol in.”

My lewe verander.
“Jy antwoord nie jou foon nie!”
My lewe verander heeltemal. Die dêm ding maak dat ek raas kry.
Ek sit die ding naby my neer. Ek werk, ek loop, ek gaan toilet toe, ek voer diere, ek werk met masjiene.
Die ding moet altyd naby wees, anders kry ek raas.

My lewe verander. Ek sien die nut van die ding. Ek word gewoond aan dit. Ek hoef nie meer te onthou nie. Die ding het bêre plek, waar ek dinge, vir latere gebruik kan stoor.
Magtie. Die slim mense kán die lewe maklik maak.
My lewe verander. Die ding word my hele lewe; My alles.
Ek staan derde in die ry.
My(?)- die melkman, posman, slagter sin(?)- blou oog met haar woeste koringkleur hare, het ’n kontrak. Sy kry elke keer ’n ‘gratis’ foon.
Ma kry dan die oorgooi foon. Dan kry sy weer ’n nuwe een en ma kry weer die oorgooi foon. Die derde oorgooi is na my toe. Ma gee dan vir my die ‘eerste’ een.
Ek is bly vir die nuwe foon – vier jaar oud- maar vir my nuut.

Ek kry een en raak geheg aan die ding. Ek wil nie meer ’n ander een hê nie.
Ek bêre my hele lewe op die een. Ek hoef nie tussen papiere te soek nie. Ek kan ry, en waar ek ook al is, wat ek ook al verlang, die foon is groter as my stoor. Sonder rakke en kaste en laaie en kabinette; Druk net ’n knoppie en siedaar! Ek kry wat ek wil hê.

Die battery.
Hulle gee vir my so ’n konneksietjie. So ’n kabeltjie. Ek kan die battery laai, sommer so in die kar.
Dit is ’n baie goeie uitvindsel. Weer hoef ek nie te onthou nie.
Dit laat my egter oplet. Ek sien en wat ek sien laat my wonder.

Ek ry vêr. Ek ry na klein dorpies en op die pad sien ek.
Langs die pad, tussen no where en nêrens, daar in die Godverlatenheid, loop die swart man. Hy het ook ’n foon. Hy loop en hou die foon teen sy oor.
Ek weet, het dit al deeglik geleer. Die foon se battery moet gereeld gelaai word.
Dan geld. Daar moet geld- lugtyd- op die foon wees, anders praat so ’n snaakse vrouestem met my en raas met my oor ek nie betaal nie.

Nou die swart man. Die eensame wese wat daar langs die pad stap; Waar laai hy sy foon se battery? Waar kry hy geld – lugtyd?
Ek het al gestop om te pie.
Dan kom die wese verby. Ek hoor, hy luister musiek op die foon.
Dan wonder ek net meer.

Dit is een van die misteries van die lewe.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Telefoon
Ware woorde wat jy hier kwytraak. 'n Rukkie gelede sien ek 'n ou swart vrou in die middestad op die sypaadjie sit en bedel. Langs haar lê 'n laerskoolouderdom seuntjie lekker op sy rug uitgestrek, een knie gebuig en die ander enkel voetswaaiend op die gebuidge knie gerus - aan die speel met 'n selfoon!
8 jaar 2 maande 3 weke 5 dae 10 ure oud


Telefoon
Fantasties en 'n onmisbare ergernis, maar weggooi...nooit weer nie! Oulik geskryf, sneeuwolf!
8 jaar 3 maande oud


bou hom in
Kan die "Japs" nie n ding ontwerp, wat sommer die ding (foon) in jou ore inplant nie? Dalk bere hulle die konsep vir later as hulle eers baaaaaaaie geld emaak het.
8 jaar 3 maande 2 dae 1 uur oud


Daai foun
Giggellekkergelees - dankie!
8 jaar 3 maande 3 dae 4 ure oud


Selfoon
Antjie Krog het in 'n Ander Tongval ook daaroor geskryf na 'n besoek aan die Transkei waar mense in die ergste armoede selfone het. Hulle laai dit by die winkel of waar ook al. Hulle kinders in die stede stuur vir hulle geld vir die fone, sodat hulle die kinders kan kontak as hul meel bv. op is. Die seun kan dan uit Gauteng uit bv. reël dat 2 sakke meel al die volgende dag by hul huise afgelewer word. Vir baie is dit dus nie 'n uitgawe nie, maar nodig vir oorlewing.

Ek sê nie dis so in al die gevalle nie, maar dit het my laat dink.
8 jaar 3 maande 3 dae 7 ure oud


Telefoon
En geld vir die foon in die eerste plek? Oe ek wens ek kan jou die fensie fone wys wat die mense hier gebruik. Vol edel en half-edelstene. Dis 'n blerrie onmisbare ERGENIS, die foon. Ons het mos eens sonder die goed klaargekom, of het ons?
8 jaar 3 maande 3 dae 7 ure oud


Telefoon
Aan die begin het hulle dit 'n Gauteng-oorbel genoem. Deesdae, as jy nie 'n Black Berry het nie, is jy nie in tel nie! Dit bly my amuseer wanneer 'n besigheidsman op straat met sy "hands free" (foon in die sak en oorfoontjies in die ore) 'n gesprek voer. Hy loop al in die rondte, praat of baklei en maak allerhande gebare met sy hande sonder dat daar iemand naby hom is. Ek verkoop lugtyd en hulle (die van wie jy praat) het altyd geld daarvoor!
8 jaar 3 maande 3 dae 10 ure oud



Die Besoeking

deur Kobus van Eden

DIE BESOEKING handel oor 'n Gideonsbende wat die plaasmoorde begin wreek. Hul sukses is verstommend! Gou staan Koos Gerade bekend as die Bloedwreker en sy manskappe as 'die hel.'



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar