Gorrel

Titel: ROOK
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

‘Dorp toe gaan’
Dit is die meeste dames se passie:
‘Die Mall gaan loop ... ‘
‘Gaan net kyk’. Ek belowe en dit is waar. Die meeste / verstandigste/ koop net met die oog.
Omdat hulle egter praters is – alle vrouens is praters – weet hulle van alles.
Die kleinste nietigheid – vrouens weet waar is dit.

Ek moet ook noodwendig so nou en dan dorp toe gaan. Ek het ook maar dinge nodig.
Ek verkies Saterdag baie vroeg. Staan liewer voor die deur en wag vir oopmaak, as om deur die menigte vertrap te word.
Ek is effe ongesteld. Los die detail, ek wil dit egter net noem sodat jy verstaan. Ek kan weens swelling, geen skoeisel aankry nie, en hinkepink kaalpoot.
Ok. Nou gaan jy sien en verstaan.
By die verf plek se mooi groot parkeer aria, hou Liefling reg voor die deur stil (my chaufer) sodat ek nie vêr hoef te hinkepink nie.
Ek maak die deur oop, moet my bene met die hande uit lig om buite die bakkie te kan opstaan, en ek sien ... !

Wag. Laat ek net ʼn slukkie koffie neem dan verduidelik ek.
Beesmis. Vars warm nat beesmis.
Kyk op my profiel. Daar is ʼn foto van haar. My kleindogter. Ook haar grootse lekkerkry – om met albei kaal voete (veral in die Winterkou) binne in die beesmis te staan.
Ons skrik nie.
ʼn Honde landmyn ...
Kyk, jy vloek, kots, hop op een poot, sal moor ... maar, dit is ok.

Wat ek sien is die ultimate!
Net waar ek kyk lê dit. Die afskuwelikste, blanke Afrikaners se nalatenskap.
Sigaret stompies !
Ek kan waaragtig nie trap nie. Net voordat hy in sy kar klim, gooi dit net daar neer!
Ek het net mooi nêrens plek om te staan nie.
Ek kan nie die winkel binne hinkepink nie, die gemors lê so dat ek nêrens het om te trap nie.

Ek gaan dit nou hier laat. Ek dink ek het my duidelik genoeg uitgedruk.
Ek wil nou vreeslik graag met hom praat. Net op my eenvoudige, onkundige manier.

Willem Anker.
Jy het die klassieke, onderhoudsvraelys, mooi en interessant beantwoord.
Ek wil oor twee van jou antwoorde praat.
Ek gaan eers die voorlaaste een hanteer:
Hoe sou jy eendag wou sterf?
Jy antwoord:
“In ʼn absurde maar spectacular ongeluk”
Reg. Kom ek belowe jou, dat hierdie wens ( hoe absurd ook al) baie sterk, moontlik, verwesenlik sal word.

Die sesde vraag;
Wat is jou grootste tekortkominge?
Jy antwoord ( en ek het moed) :
“Ek weier om op te hou rook!”

Willem, ek wil net sê, jy is ʼn skrywer, akteur, storieverteller, dramaturg, (alles wat ek graag sou wou wees)
Jy kan ‘sien’.
As jy ʼn ware man is, doen wat ek vra.
Gaan na enige hospitaal, na die mediese sale. Kyk na rokers en sien.
Staan stil, kyk en sien met die oë, waarmee jy my en al jou aanhangers, só beïndruk:
Hulle is baie daar:
Die bors ingevalle. Die skouertjies hoog opgetrek. Die maer armpies by die elmboë opgebuig. Die oë groot en half uitpeul in die oogkaste ...
Hy is besig om: Om met gesonde lewer, maag, niere, hart, meeste organe ... is hy besig om sonder suurstof te versmoor.
Willem, van alle dode, is dit die vreeslikste. Glo vir my, en vra gerus vir enige dokter.
Gaan aan en jou wens sal bewaarheid word. Jy sal hand aan eie lewe slaan ... op die bisarre manier wat jy sal kies.

Jy ken my nie. Ek ken jou.
Asseblief. Wees net een keer ʼn man ... ʼn ware man; Los daardie goed.
Eers in jou kop, dan in werklikheid. Dit is maklik.

© Willie van Tonder
07/01/2011
Ek verwys:
Beeld : By : Proust Herbesoek
Saterdag 07/01/2012




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Stompies
Jip, vandag raak jy 'n ding aan wat my maar heeltemal dwars in die krop steek.
Diè soorte is die selfsugtigste wesens wat moeder aarde bewandel en bemors.
'Ek moet aan iets doodgaan'! is die gewilde antwoord. Maar wat van die mense wat moet KYK, HOE jy doodgaan.
Laat die keuse van GENADEDOOD in die naasbestaandes se hande.
Doen HULLE die guns.
My siening:
As jy die gemors in jou longe kan intrek, kan jy die stompies vreet. (Skuus dis kras) Moet dit nie rondsmyt nie.
Ons gaan gereeld Kruger park toe, en by elke uitkykpunt lê die goed orals, maar orals.
Word net wakker mense!!
9 jaar 1 week 6 dae 8 ure oud


Rook
'n Vieslike selfvernietigende gewoonte!
9 jaar 1 week 6 dae 14 ure oud



Skat van die Seerower

deur Rachelle du Bois

Dit is die jaar 1845. Twee jong vroue is op 'n belangrike sending per skip van Frankryk af na Engeland op pad. Een het ’n kosbare skat in haar besit wat veilig in Engeland besorg moet word. Dis egter nie so maklik nie, want hul skip, Du Vent, word deur twee Franse edelmanne onderskep in ’n poging om te keer dat die skat in Engeland beland, want dit is die eiendom van die Le Veque-familie. Die mans is vasbeslote om dit terug te neem na Chateau le Veque in Nantes, Frankryk. Sal die pragtige dames die sending suksesvol voltooi ten spyte van ʼn storm op see, ontvoering, misverstande, bedreigings en allerhande ander ontberings en noue ontkomings? Of gaan die twee Fransmanne sorg dat die skat terug besorg word waar dit hoort?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar