Gorrel

Titel: Mans
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Lees my stukkie onder Rubrieke oor "Mans en die dingetjie wat pla". - Onthou vrouens is van Venus en mans van Mars. Nie alle mans is van Mars nie. Nee, net die wat rugby speel, resies jaag, Jag, sport kan be- oeffen en al daai sterk mans hempies kan dra om spiere te wys. Daar is 'n klompie wat van Pluto kom. Dis nou ek en 'n paar ouens soos ek wat dalk sieklik is en ook kan skilder, skryf en te gebrekkig is om die sterkman dinge te kan doen. (As julle "Mayasthina Gravis" onder Artikels lees sal julle verstaan wat ek bedoel met sieklik) Ons is maar baie min, daarom kom ons van Pluto wat klein is. Op skool het ek geleer Pluto is die kleinste planeet, maar deesdae verstaan ek Pluto is nie 'n planeet nie net 'n ster. So nou weet ek nie meer waar ons outjies vandaan kom nie. Ha, ha. Dit maak egter niks aan ons ouens van Mars en Pluto se liefde vir die Venus geslag nie -Groetnis Schatz
 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Manne
Maak nie saak waar julle vandaan kom nie. Nog altyd lief vir julle. Of jy nou 'n sprot held, superster of die outjie daar in die hoek is wat meeste van die tyd voel na weg verdwyn. Julee is almal spesiaal
7 jaar 5 maande 2 weke 3 dae 1 uur oud


Kunstige mans
Hieroor het ek heelwat te se: Jy het 'n talent en hoef nie sterkmandinge te doen om 'n man te wees nie. Kunstenaars is great ouens en maak 'n groot deel van my vriendekring uit.

Baie dankie vir jou bydrae!!
7 jaar 5 maande 2 weke 3 dae 10 ure oud



Plek van die Flaminke

deur Rachelle du Bois

Delia Kriel is mede-eienaar van die vakansieoord Zeesig. Haar eerste ontmoeting met Alex Vorster, haar sexy nuwe buurman, laat haar hare rys. Hy jaag haar kat die skrik op die lyf en hy jaag haar die harnas in. Kortom, hy pla haar, vreeslik, aanhoudend. Hy het haar rustige bestaan hier op Zeesig kom versteur en sy is vies, baie vies. Alex se broer, Xander, is die diep een, die stil musikant wat sy hart op Delia se vriendin, Madeleen, verloor het. Hy is koppig en hy weet wat hy wil hê, maar sy is versigtig vir die liefde, want net 'n donkie sal twee keer oor dieselfde klip struikel. En sy is nie 'n donkie nie. Hy is egter die ideale model vir haar beeldhouwerk en haar kunsuitstalling lê voor . . .



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar