Gorrel

Titel: MEDIKASIE
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Brandewyntert se gedig: ‘Lag vir Mirresyne’ en nog sommer baie ander goeters verwys.
Verstaan my mooi, ek is nie bang vir Anderkant toe gaan nie – in teendeel ek sien uit na die trip.
Maar, ek is nie onnosel nie, ek gaat nie sommer lê en sonder ’n faait vertrek nie.
Everyman must try and every women must defend
. . .soort van.

Toe sien ek die locals sien net my Mediese fonds, hulle gee nie juis om vir my nie en ek vat die pad. . . Met my kierie vat ek die pad na die taxi-rank toe en ek vra:
“Wie ry kaia toe?”

Sonder vloer, saam met hoeders, bok op die dak en onbeskryfbare soorte van negosie vertrek ek saam op die afgespreekte dag en datum. Sien daar moet mos eers afspraak gemaak word om die wyse dolos-gooier te sien. Die verskillende betrokke partye se fooie is ook betaal en die aanknopings geskenk – my spog Koekoekhaan – is ook kop uitstekend in die sak langs my aan die stoel vasgemaak.
Sien, daar is nie ‘n vloer nie die pasasiers se voete steun op die body chassis en die show wat die ongemaklike tyd omkry is die duidelik-sigbare-onder-deur-verby-flitsende-pad terwyl Alexandra se brass band oorverdowend enige ander geluide demp.

Daar is opmerklik voorberei vir my, die groot n’Kozi wat kom raad vra. Sien, ek is ’n ou bobbejaan en dra ’n varsgeslagte musseljaatkat se reepgesnyde-vel-met-stert om my hoed en oor my skouer gedrappeer, die laaste rooikat vel wat by die lammers ingebreek het, met die oop-gesperde-bek-lang-tand skede op my regter tiet asof die katkop pas daaruit gebars het.

Ek gaan sit eers plat op myse gat opdat my kop nooit hooger as die edele medisyne man se kop mag wees nie en oorhandig grasieus en waardig die hoenner en besing die ding se gewig en edel gelaatstrekke en ek twee-vinger-oop-weg-veeg-die beveerde voevolletjie om te wys dat die kanon daar binne nog ongeskonde is en dat hy nog sal pa staan vir vele kuikkens wat die pragtige heuwels sal bewei en dat die swart kolle op die hoenner juis die baie reënwolke aandui wat hy oor die land sal bring.

Eers toe word die allemintag groote kalbas nader getrek en die blink-vet-besmeerde-bo-lyf-kaal-vet-lywige-stof-trap-danseresse en trom slaners omkring en met die lig van die reuse kalbas word ek eerbiedig genooi om plaas te neem langs die medisyne man.
En, met ek wat mag eerste sluk, begin die show en ek sien die skuins-kop-en-hand-beduie van die medisyne man en later sien ek die deursigtige coke bottel melk wat van die vrystaande trop koeie se kant af na so ’n klipkraal eenkant geneem word en ek is nie seker of dit vir die slagding van die aand geneem word nie en ek besluit ek sal maar maak of ek uitpass en die ete mis.

Vroegoggend is die groot kleipotte met was water gebring en ek word gelei na die waardige medisyne man vir my konsultasie. Siek en ongemaklik beteken nie onnosel nie en ek oorhandig die toegedraaide tweede geskenk eers aan ‘n adjudant om oop te maak en die roep bystaande ander adjudante en hulle verlaat die gras en riet dome – ok maar bang vir ’n slang of ding, om buite te gaan oopmaak.
Verblyd kom hulle terug en oorhandig die mooi boksie aan die medisyneman en ek verduidelik die versameling pleisters, Germolene salf, hoesstroom, disprins, antibioktika. Dettol, vyf pakke Boxer tabak en vyf pakke BB tabak en karton vuurhoudjies en alles wat my verstand vertel wat daagliks kan help en toe sien ek dat ek 'Gestuurde' deur die Voorvaders is en dadelik moet ek uitspoeg.
Waarmee kan die groot medisyneman my help.

Ek haal diep asem en begin reëlmatig, stadig, afgemete in-dringbaar, onthoubaar en verstaanbaar my fanvare oor my:
Pyne, tekortkominge, inkontensie, inkontonansie, slap, vergeet, lumbaygo, onbeholpenheid, ontaktvol, onbevooegd en wet dreams.
Die respekvolle man het met wysheid en stille ‘ken van’ geluister en toe ek klaar was my weer die kalbas aangebied, wat heel welkom was vir my droogkeel.

’n Stille murmer het tussen die koppe bymekaar ontdooi en ritmies het die koppe in bekenning geknik en ek kon die sagte saamstem met die diagnose aanvoel en ‘n stilte het neergedaal en die medisyneman het sy arms uitgestrek en die steeds-bymekaar-geboë- hoofde van die ring raadgewers twee-twee in albie hande gevat en teen mekaar geslaan soos die Natallers kokosneute breek as inkennige waardering vir hulle gedeelde wysheid en dadelik het twee klaar-gestamtes-kopseriges die kalbas gegryp vir lafenis teen die duiselig.

Die tasbare kopserige stilte bedink die medisyne man en toe kopknik hy en nommer een adjudant loop na die enemal kombuiskas agter die hoofman, sluit die boonste deurtjie oop en haal die plastiek botteltjie uit.
Daarna haal hy uit die boonste laaitjie ’n klein stukkie hout en flenter skuurpapier, oorhandig alles aan die medisyne man.
Baie is nie te vertel nie. Wat hom die meeste pla is die slapgeit en daarvoor gee hy die twee kosbare middels. Die inhoud van die plastiekbottel het medikasie vir die bloed om weer body te kry en die Hart om weer oemf te kry – oemf om tubes wat styf gepomp moet word, sê werk te doen en om die kop reg te kry – want meeste fout lê glo in die kop, is daardie hout en die skuurpapier.
Net min, baie min saans, so twee vuurhoudjie koppe size, skuur en deur die neus intrek. Die snuif sal die brein weer wakker maak.

Na weer ’n berading en koppe slaan is besluit dat geen vergoeding weerskante betaalbaar is nie en dat die onderhandelinge vreedsaam verloop het.
Ek het met blydskap die aanbod om ‘n paar aande oor te bly van die hand gewys en tog belowe om saam met die volgende taxi geskenke vir die bereidwillige dames aan te stuur.

Wel, die goeie nuus is dat ek alreeds baie beter voel, eintlik so-effe jikkerig.
Sien, lees maar, in die plastiek bottel is niks anders as ouma se suiwer jongblaar dagga tee nie!
Proppie innie aand en proppie innie oggend en . . .
Bob is my Uncle!

Willie F van Tonder
2012/09/19





Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Lekker gelees
Ek sien ook in die winkels het hulle deesdae die kleurvolste brousels op die rakke.
8 jaar 4 maande 17 ure oud



Volg net die Skoenlappers

deur Anria

Volg net die skoenlappers ... Binne jou hart is daar vrolike fladderende skoenlappers. Vir elke gevoel, ’n skoenlapper van ’n ander kleur. Wanneer jy gelukkig is, vlieg jou skoenlappers vrolik en vry rond net waar hulle wil wees. Hulle vlieg buite jou hart en reis die wêreld vol. Hulle bring vir jou geluk terug. Nou en dan ontmoet mens iemand wat jou skoenlappers vang en in ’n hok sit. Die helderkleurige skoenlappers vervaal dan ... hulle raak dof en vol stof en as jy nie self besluit om die hok se slot af te breek en jou skoenlappers weer los te laat nie, word hulle almal swart. Maar sodra die son weer ingelaat word, sodra ’n ligte windjie oor die swart skoenlappers waai ... sal die stof sommer self besluit om af te klim en jou skoenlappers se vlerke sal groot oop sprei en hulle sal weer die wêreld invlieg en jy ... dan sal jy weer weet hoe om te lag. Daar is altyd hoop.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar