Gorrel

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Kyk as daar nou een ding is wat my meer omkrap as die bure se honde en onverskillige bestuurders is dit om te wag. Daar is soveel wat ek met my tyd kan doen en wag is definitief nie een van hulle nie. Of dit nou in ‘n bank tou is, by die motorhawe of welke plek ook al, wag maak my rasend.

Hoe gemaak as ‘n mens dus nou so moet staan en wag en jy sien jy gaan langer as 5 minute in hierdie tou staan? Wel daar is maar min wat jy kan doen tensy jy natuurlik uitloop en op ‘n ander tyd weer terugkom. Natuurlik is die kanse dan groot dat jy in ‘n langer ry gaan staan of die instansie gaan toe wees.

Dinge wat opvallende is wanneer ek in ‘n tou beland is dat ek altyd agter die moeder met haar woelige en onbeheerde kleuter sal beland. Natuurlik staan ek dan ook voor die ou wat dink die ry gaan vinniger beweeg hoe nader aan my hy staan. Man ek kan die ou se laaste ete ruik so naby aan my staan hy. As hy nog nader staan word ons dalk een en kyk dit gaan ek nou nie laat gebeur nie.

Na ‘n vriendelike versoek dat hy net so effe terug staan om net ‘n sekonde later weer my skoene te wil aantrek raak die geduld maar min. Ek het al ‘n keer of wat vir die snuifende ou mooi verduidelik dat as hy nou sy sinus probleem wil oplos kan ek help. Sien as hy nog nader staan gaan ek hom om vou en sy kop van agter iewers indruk waar dit die sinusse nou mooi sal oop maak. Intussen het mammie se ou groot seun nou vir die hoeveelste keer hier teen my en almal gestamp en sy geskree begin nou regtig op my senuwees werk.

Mammie staan ewe verleë en glimlag en vra die heeltyd om verskoning. Kyk mammie ek verstaan dit is nou nie die ideaal nie en dat jy nou nie veel beheer oor die kleinding van jou het nie. As hy wil skree gaan hy skree, maar kyk as hy wil skree gee hom dan nou iets om oor te skree. Jy het immers tog nog beheer oor jou hande en sy agterstewe kan mos ‘n loesing vat.

Dan besef ek net weer dat tegnologie dalk maar die antwoord is. Internet bankdienste en aanlyn aankope het darem meeste van die wag uit my lewe geneem. Nou net nog Binnelandse Sake en die Munisipaliteit kry om hulle dienste aanlyn te bied. Dan is wag so te sê uit my lewe. Sal seker dan op die internet moet wag wat stadig is.

Daar is natuurlik voordele ook aan wag. Jy sien die aller interessante mense terwyl jy wag. Sommige dames meen lycra is nog in die mode al lyk hulle soos opgestopte worsies in daai klein mini rok met donder duie wat onder uitsteek. Ander weer antwoord mos die selfoon en gesels so hard dat die mense in die winkel langs aan ook kan hoor hoe gaan dit met klein Filemon se regter toon wat afvrot.

As jy gelukkig is staan jy langs, agter of voor iemand wat jou belangstellings deel en raak jy lekker aan die gesels en voor jy weet is die wag verby en is jy uit die tou. Later eers besef jy , jy het langer gewag as gewoonlik.

So ja wag ‘n bietjie….. en kyk wat bied die lewe vir jou om jou aan.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

wag
Baie oulik Dave kon dit nie beter beskryf nie.Wag is ook nie my beste nie.Hou so aan en dankie vit al jou leesstof.
7 jaar 10 maande 1 week 4 dae 15 ure oud


Wag
Maak soos ek Dave. Moker hulle met die pan wat ma wil koop. Veral as hulle voor jou kom indruk!
7 jaar 10 maande 1 week 4 dae 18 ure oud


:-)
Ja wag is nie lekker nie. As ek saam my ma wag peper ek haar met allerhande vra soos ek wonder wie se kind ek is want ek aard na niemand in die gesin nie. My ma probeer die gesprek so gou moonrtlik in 'n ander rigting stuur. Nou ja met die oor en weer gestoei om die gesprek te verander is die ry om voor ons ons kan kry. Inteendeel...my ma vermy lang rye as ek by is.

Ek het lekker gelees dankie.
7 jaar 10 maande 1 week 5 dae 2 ure oud


Wag
Ja-nee o wraggies, daai mense wat so in jou nek blaas ... ek wil die piep kry!
7 jaar 10 maande 1 week 5 dae 2 ure oud


oplossing


ek het lankal die oplossing vir toustaan ontdek: ek draai dwars, dan kom hulle nie nader van twee kante nie. Sodra jy dwars draai, is jy blykbaar 'n gevaar vir hulle en staan hulle terug.

kleintjies wat skreeu? . . . geen probleem: ek begin met hulle praat en vertel hulle die jongste wetenskap in die hemelruim of die probleem met aardverwrming of die afsmelting van die us op die suidpool Antarktika.

Hulle grootoog jou aan asof jy ET uit die buiteruim is en word met absolute stomheid geslaan. Toets dit, dit werk!
7 jaar 10 maande 1 week 5 dae 3 ure oud


Ano
Wag
Lekker gewag, dankie Dave!
7 jaar 10 maande 1 week 5 dae 4 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Gister se Onthou

    deur borrels

    ek pluk 'n klompie letters van 'n laning woord-bome af dan bou ek 'n vers daarmee die trand daarvan soms bietjie laf maar die woorde van die verse kom diep hier uit my hart dit skets die liefde van die lewe soms met pienk en soms met swart



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar