Gorrel

Titel: Huh ?
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die Mens is ʼn Vraag.

Al wat die Mens is, is ʼn Vraag. Daai ding wat van ʼn mens, ʼn mens maak is ʼn Vraag. As daar nie vrae was nie, sou daar nie Rede wees nie. Sonder Rede is ʼn mens ʼn dier. Capiche ?

Die simbool wat ons gebruik om ʼn vraag aan te dui is: - ?


Kyk, Sien... dit lyk soos ʼn leë kop sonder ʼn brein in. Sodra jy die antwoord kry op jou vraag dan is iets in daai leë dop wat meer vrae vra en dan volg Logika en die behoefte om Kommunikasie, sodat jy jou mede vraers kan ondervra. Hoe ervaar jy vrae en wat doen jy met die Antwoord ?

Watter stukkie van verstaan, verstaan jy nie ? Probeer net vir ʼn uur vandag om nie ʼn vraag te vra of ʼn vraag te dink nie.
Huh ? Hê? Wat ? Askies ? Hoekom? Waarom? Wie? Wat? Waar? Ja, al daai woorde is aanduiding dat jy vraag vra, Wonder.....



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Vraag
'n Slim vra antwoord haar man nog lank voor hy vra!
6 jaar 11 maande 6 dae 14 ure oud


*
Die mens is n Ewige Vraag :-)
6 jaar 11 maande 1 week 3 dae 2 ure oud


Vic
Ek het gedinkek is baie filosofies hier maar ek dink nie ke het my goed genoeg uitgespreek nie :-)
6 jaar 11 maande 1 week 3 dae 18 ure oud


***
BT, jy't hier darem diep in die gorrel gekyk, nè?

Nooit besef daar kan soveel diepte in 'n gorrel nie...
6 jaar 11 maande 1 week 3 dae 20 ure oud


Anna Marie
'my skat jy is die nooi van my hart' (tsk nou's daai liedjie in my kop). Ek is reg en jy is reg. hahahahaaaaa
6 jaar 11 maande 1 week 4 dae 2 ure oud


antwoord
Skynbaar is ek uniek. Hoor gereeld 'maar jy weet mos altyd alles'. Hoekom sal ek nou vra????? (Was dit 'n vraag????) Nee ek gee op
6 jaar 11 maande 1 week 4 dae 4 ure oud


???
Die vraag definieer die mens.
Vraagloos=redeloos, moedeloos, breinloos, sielloos.
Vra die regte vrae en jy kry die regte antwoorde....
Om te leer is om te vra. Om te vra is om te weet...
Vra; dink; bevraagteken...
Goed gesê ! ;-)
6 jaar 11 maande 1 week 4 dae 8 ure oud


Huh ?
Liewer geen kommentaar.
Beslis
Net . . .
:-))
6 jaar 11 maande 1 week 4 dae 16 ure oud


Brandy
Ek het ook maar net vir Foti die Griek oppie hoek geken, wie se toffies en niggerbols ons altyd gesteel het.
Azzit nie vir Plato Michaelopoulos was nie, sou ons ook nie eers van al die outoppie se ge-vraery geweet hettie. Die oubaas was so besig met die ge-vraery dat hy nooit leer skryf het sodat hy ons van al sy wyshede kon vertel nie.
So. Moenounie te uitgesluit voellie.
6 jaar 11 maande 1 week 4 dae 18 ure oud


Bismarck
Ek se mos altyd " Is not what you know, but who you know" :-) Die enigste Griek wat ek ook geken het was die Griek in Bethal wat die kafee op die hoek gehad het. Ek ken nie vir Socrates nie....Ek moes al hierdie slimgeid op my eie uit figure.
6 jaar 11 maande 1 week 4 dae 19 ure oud


huh uh!
Oorle’ Socrates het reeds twee en ‘n half duisend jaar gelede besef dat die korrekte vrae, die eerste stap is om ‘n oplossing vir probleme te vind.
Volgens Plato het die oubaas se alewige gevraery natuurlik die Atheense intelligentsia se lewens erg versuur.
Waarom verander niks dan nooit nie?
hehehe
6 jaar 11 maande 1 week 4 dae 19 ure oud


Viva vrae!!!
Hehehe, sonder vrae kan mens seker nie dink nie, of hoe? Lekker gelees, dankie BT.

Wat het jou hieraan laat dink? LOL :)
6 jaar 11 maande 1 week 4 dae 23 ure oud


en Thys
as jy wonder, is dit ook n vraag.
6 jaar 11 maande 1 week 5 dae 2 ure oud


gie gie
Rooi Pamperlang jou eerste sin is dan al klaar n vraag ? Ek wil net he dat almal bewus moet wees dat ons nie kan bestaan sonder Vrae nie....
6 jaar 11 maande 1 week 5 dae 2 ure oud


*
Ek weti so mooi, 'n dag sonder vrae? Dan moet ek die hele dag ini hoekie gaan sit!
6 jaar 11 maande 1 week 5 dae 2 ure oud


Ek moet nou eers gaan
Hier kom die Vraag waarmee ek getroud is aan. Ek ken die antwoord van sy vraag : "Waar is die koffie ?" "Hoekom is jy nog in jou gown?" Gaan jy nie dorp toe vandag nie?" Ge ge ge
6 jaar 11 maande 1 week 5 dae 2 ure oud


Nee Thys
n Huh hoef nie n Duh te wees nie. :-)
6 jaar 11 maande 1 week 5 dae 2 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Agter Geslote Deure

deur Johan Botha

Hoe sê ‘n vyfjarige kind vir iemand groter as hy om hom nie te verkrag nie? Hoe reageer hy as hy sien hoe sy ma mishandel word deur ‘n dominerende vark van ‘n pa wat op drugs is? Wat gebeur met hom wanneer hy ouer word en probeer om by die samelewing in te pas, ‘n samelewing waar hy sukkel om met ouer mans te kommunikeer? Hoe probeer hy om sy eie identiteit te skep en ‘n beter mens van homself te maak? Dan word hy aangesê om sy pa te vergewe? Hoe? Waar sal alles eindig? Hierdie is sy lewensverklaring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar