Gorrel

Titel: Lewe
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die grootste lesse wat ek in die lewe geleer het is:-

Die lewe is kort geniet elke oomblik wat die Here jou gun en gebruik elke oomblik daarvan en maak meer vriende as vyande.

Geld is nie alles in die lewe nie. Geluk is baie meer werd as al die geld wat jy kan bymekaar maak. Geld en besittings kan jy ook eendag nie saamneem as jy hierdie aarde groet nie.

As jy iets vir iemand wil doen, doen dit dadelik of glad nie, want more is dit dalk te laat.

As jy iets vir of oor iemand wil se, se iets goeds of moois van hom of haar of doen dit gladnie en hou jou mond. As jy iets agter iemand se rug se moet jy ook bereid wees om dit voor hom te se.

As jy iets wil begin soos 'n projek, doen dit gladnie of oordink dit eers goed en doen dit dan met geesdrif en moenie halfpad tou opgooi nie.

Jou naam is jou belangrikste bate dit kom nie agter jou aan nie dit loop jou vooruit.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Lewe
Dis nes jy daar se Schatz. en ja die lewe is kort, dit wat jy vandag verloor het vind jy dalk more nie weer nie. Elke nuwe genade dag is wat n mens self daarvan maak. n Mens hou eintlik jou geluk in jou eie hande. Dankie lekker gelees.
6 jaar 3 maande 23 ure oud


O
Kan ek byvoeg ..... moenie haat dra nie, moenie oor sinies wees nie, dit als verminder die lewenskwaliteit wat baie van wat jy hierbo se van nul en gener waarde maak ... leef voluit, vergewe, moenie vergeet nie want so leer ons en hou aan glimlag....dit kos niks .... dankie
6 jaar 3 maande 1 dag 5 ure oud


---
At toggie, dit moet lees: nie te OUD om te leer
(en nie) nie te OOIT om te leer!
6 jaar 3 maande 1 dag 18 ure oud


---
Dankie vir hierdie waardevolle ge`gorrel van jou Schatz .. 'n mens is nooit te ooit om te leer nie en die afgelope paar dae voel my mens`wees soos 'n spons soos wat ek besig is om lewens`lesse op te suig!

Geniet jou naweek! God Bless!
6 jaar 3 maande 1 dag 18 ure oud



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar