Gorrel

Titel: Kommentaar
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

KOMIN KOMMENTARE
Mens voel somtyds maar kommin as jy nie kommetaar kry op jou kommin skrywes wat jy dink sommer net plein kommin is nie, maar ander dink dalk dis gladnie kommin nie, maar voel net nie lus om kommentaar te lewer nie want hulle dink hulle kommentaar is dalk kommin. Of miskien dink jy, jy lewer jy sommer kommin kommetaar en die ander ou vir wie jy die kommin kommentaar lewer is na jou mening kommin omdat hy nie kommentaar lewer op jou kommin komentaar nie maar dan is dit maar net jy wat bietjie kommin is wat altyd net kommetaar wil terug ontvang. Maar mens moet nie altyd net so kommin wees om kommentaar te wil kry nie, want dit is tog nie altyd waaroor skryf gaan nie, al is dit volgens jou dalk bietjie kommin en dalk volgens die leser glad nie kommin nie. Of praat ek nou sommer net kommin nonsence oor kommin kommintare. Hah ah Hie hie he he. Ai, hoe kommin is ek dan nou.
 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Kommin
goeie humor .. maar ook baie waarheid in .. dit is tog maar lekker om kommentaar te ontvang op jou werk .. ek dink as almal eerlik wil wees sal hulle saamstem dit maak mens se hart warm al is die dalk vir ander "Kommin" .. so kommentaar maar op my werk want dit is altyd n aansporing om beter werk te lewer as dinge dalk negatief se kant toe staan ....
6 jaar 2 weke 5 dae 21 ure oud


hahahaha
Miskien is ons almal heimlik so klein bietjie kommin...dankie vir die humor...ek het dit baie geniet
6 jaar 3 weke 1 dag 2 ure oud


kommintaar
Ek het ook lekker gegiggel oor hierdie een hoor. Ek hou daarvan om kommentaar te lewer, of dit nou kommin is, weet ek nie. Net partykeer as ek nou regtig nie kop of stert kan uitmaak oor wat die skrywer sê nie, hou ek maar verby met die kommentaar,ek wil nou regtig nie kommintaar lewer nie. Ek lees so vyftig gedigte en ander skryfsels wat interessant lyk, en lewer kommentaar daarop en daar is gewoonlik drie of vier wat dankie sê.
6 jaar 3 weke 2 dae 14 ure oud


Komin
nou het ek sommer hardop geglimlag.

Ek lewer ook nie altyd n lang kommentaar nie want net nou lees ek die gedig anders as wat die skrywer eintlik bedoel het en dan slaan ek my naam met n plankie, haha, so of die gedig is vir my pragtig of hy is nie.
6 jaar 3 weke 3 dae 2 ure oud


Komin. . .
Giegiegie! Hoe lekker het ek nie nou gelag nie. Bly niemand kon die kommin gelag gehoor nie (hahahahaaa!) Puik geskryf vriend, puik!
6 jaar 3 weke 3 dae 16 ure oud


---

My eerste gedagte was "Ai toggie, wat nou weer .." hahaha
6 jaar 3 weke 3 dae 20 ure oud


Juis
GvT
6 jaar 3 weke 3 dae 20 ure oud


Ano
Commin
Whahaha! Dog eers dis 'n vinger-fout.
Ek het verseker net commin kommentaar! Het nie lang uitgerekte idees om presies my gevoel oor 'n stuk te verwoord nie. Dis bloot 'hou daarvan' of nie. Wat wil 'n mens nou meer se?
6 jaar 3 weke 3 dae 20 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

KOPERMAAN tot SPIKKELPELIKAAN

deur Viooltjie

Hierdie bundel bevat 80 oorspronklike gedigte wat vir enige leser toeganklik sal wees. Dit is gedigte waarmee mense kan identifiseer. Dit sal jou nie onaangeraak laat nie. Natuur, omgewing en bloot net ménswees kom baie sterk hierin na vore.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar