Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek is nie meer jonk nie,maar ek voel ook nie baie oud nie.Die pyne en die skete wat deesdae deel is van my lewe beleef ek as iets wat almal maar moet he.Die handvol pille wat ma my so getrou op vaste tye voer,het so mettertyd aangegroei,dat ek dink dit was maar altyd so.
Nou het daar iets anders bygekom-so naastenby 2uur snags(partykeer bietjie vroeer of later)word ek helder wakker,vlieg op en gaan sit op 'n leunstoel in die sitkamer.Partykeer sit ek oor die see en kyk(daars duisende liggies om die baai van Mosselbaai),of ek sit sommer net.Ek dink nie juis nie,ek droom nie,ek beplan nie-ek sit sommer.Dit duur so 'n uur of twee,dal vlieg ek op en gaan le weer.Nou wonder ek,is dit vreemd? Is daar nog sulke vreemde mense soos ek?
Om my eie vraag te antwoord,vra ek by 'n verjaarsdagete van 'n vriendin,of daar nog iemand is wat iets soortgelyks ervaar,en gelukkig is daar een dame.Ons onderneem toe om so 'n gedagtetjie te gee aan mekaar.
Is daar nog sulkes?



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

In die middel
Ja wat, dink ook nogal mens het nie so baie slaap nodig met die effense ouer word nie..6 ure blyk genoeg te wees..Ek kan ook saampraat hieroor.. Ek spandeer hoeka as dit so gebeur dat ek vroeg aan die slaap raak dan eers met waakkerword tyd op "Woes" Ek gaan slaap dus verkieslik na 11 of middernag na "Woes" saans as wat ek in die middel van die nag voel asof ek nou genoeg geslaap het...(En energiek genoeg is om op te vlieg)
5 jaar 9 maande 3 ure oud


in die middel van die nag
jong ek dink jou liggaam het nou maar net in die gewoonte geval om daardie tyd van die nag wakker te word.. so n tipe biologiese klok ingebou .. jy sal maar die gewoonte op een of ander manier moet breek hetsy deur die appelkoos brandewyntjie of n slaappil vir n nag of twee dan glo ek die probleem sal op n einde wees... sal ek maar se .. lekker slaap???
5 jaar 9 maande 1 week 2 dae 11 ure oud


***
Vlieg, seg jy? Loop, ja, maar vlieg?

Hier het jy nou sulke lekker kommentare losgemaak, dankie, man!

Sneeuwolf se kommentaar laat my skielik wonder of ek nie nog 'n bietjie appelkoos Schnapps in my skibottel oor het nie.

Maar Toom se waarskuwing moet ek ook ernstig opneem -- "ryp vir die ouetehuis" -- dis mos om jou vlerke te knip...
5 jaar 9 maande 1 week 3 dae 7 ure oud


Middelnag (vlieg)
Pyne pille skete en dan die ewige slaaploosheid . . .
Daai is bekend.
Maar - en die is 'n groot maar
Ek soek die lys van name van al jou pille en wat ookal jy daarmee saam neem |

Want . . jy beklemtoon dit gebeur twee kere per nag:

"Jy vlieg op!"

Daardie cure - die magic van daardie pil - dit moet jy openbaar.

As ek wil op, is dit 'n proses -'n versigtige, pynlike, presiese proses van:

Hoe verander van ek van lê na sit op die bed se kant.

Waar houvas ek en wie druk my op die rug en wie kom keer voor dat ek nie vooroor donner nie.

Dan die gekreun en gekraak en gesteun om op my bene te kom

Dan die voet vir voet voerentoe en die vashou teen die dronkenskap, duiseligheid . . ,

Johnnie,
Ek gaan nie verder nie. Komaan - daai pil wat jou laat "wegvlieg" van hier na daar

Jy moet uitkom daarmee.

Ok.

Bogenoemde is net tot so teen tien uur die oggend

Daarna, as Nig Hester in haar shorts die wasgoedlyn behang en daai elke keer se buk vir 'n nuwe dingetjie uit die balie -

Dan
Dan my broer
Dan snuiif ek so die lug in en daai telingsdrang stuwe op van binne af en alles wat springloaded is die skiet styf en ek lig myselwers met een hand oor die ou draadjie . .
Dan

Dan

Dan

Dan die laaste wat jy sal hoor is haar vrolike lag gilletjie soos ons twee die huis in verdwyn!

Hierdie remedie waarmee ek myselwers mildelik en gereeld van binne lubricate, se naam is:

APPELKOOS MAMPOER!
5 jaar 9 maande 1 week 3 dae 16 ure oud


Skete of fiemies?
'n Ou kollega van my het berig dat hy saans nie kon slaap nie. Na middernag, destyds toe die tv saans tjaila gemaak het, het hy dik filosofiese boeke een na die ander gelees.
Hy het nie meer 'n bed geken nie; sou hy om twee of drie uur oor sy boek inslaap, is hy twee ure later weer wakker, staan hy op, en sy dag begin.
Ek merk al by my dat ek êrens tot stilstand kom en bly staan, eenvoudig staan: ,Absént'.
[ Maar dis nie goed om daaroor te praat nie: Êrens is altyd iemand wat kyk of jy al ryp is vir die oue-tehuis. Daarom: Stilbly man! ]
GvT
5 jaar 9 maande 1 week 4 dae 2 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

ORAL IS MY GOD

deur Johann P. Boshoff

N.a.v. hoofsaaklik Psalm 139 word God se aktiewe teenwoordigheid in Boshoff se 36ste boek bepeins. Aandag word in 'n opstel ook geskenk aan die skryf van 'n oordenkingsbundel.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar