Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek weet ek mag nie adverteer nie,maar ek is in die moeilikgeit en noodgedwonge moet ek Woesters vra vir hulp.
Sien,ma het my 'n ultimatum gestel,of ek en die 'remote' of sy loop.Kan jy dit glo,na al die jare van totale diensbaarheid,ek is die 'shofeer'ek maak alles reg in en om die huis(nou nie altyd en dadelik as sy sy die gier kry nie,maar daar is tye wanneer ek inspirasie kry)Sien,ek is 'n kunstenaar,en ek moet my 'muse' raadpleeg voor ek kreatiewe dinge aanpak.Nou laat ek die takies bietjie ophoop tot sy taamlik vurig raak(dis nou wanneer sy so effens rooi op die linkerhandse wang word)Dan,in 'n japtrap word alles gedoen-ek verstaan nooit waaroor al die gemor nou gaan nie.Maar nou se sy,genoeg is genoeg,as daar 'n vrou is wat my sal vat,met die 'remote' saam,sal sy 'n redelike prys aanvaar.
Verder het ek hulp nodig van iemand wat vir my 'n beeldjie sal maak,van klei of porselein of modder.Dis nou van my vrou.Sien,sy het 'n obsessie met die mop(daardie wollerige ding wat jy die vloer mee vee)Dag en nag,en sommer tussenin moet ek,en almal in die pad,voete oplig,want sy hou nie van stof nie.Nou raak my liefie al bietjie oud en wat doen ek as sy nou nie meer daar is nie.Ek wil so 'n ou herinnerinkie he van haar nasionale sport.Ek sal goed betaal as iemand kan help.
Glo my,hierdie is nou een gorrel wat sy nie te sien gaan kry nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Advertensie
Arme Johnie, ek is nou nie seker wat jy adverteer nie: Soek jy ander blyplek of soek jy 'n beeldjie.

Nou ja, die naaste wat ek aan 'n beeldjie kan kom, is my "kombuismeid-lappoppe" wat ek maak. Ek sal maar een aan jou skenk, sodat jy haar langs jou stoel kan plaas. Dan kan julle albei TV kyk!

Ha-Ha!.

Laat maar weet waarheen ek die beeldjie moet stuur.
5 jaar 6 maande 1 week 3 dae 2 ure oud


Ano
advertensie
whahahaha! Jy is nou al so naby moeilikheid dat ek dit amper kan ruik. Sien, daai beeldjie met die mop.... Alhoewel, daar is ook iemand in my lewe wat altoos gevee het wanneer iemand sy voete opgelig het, maar 'n mens soek nie skoor met die (skoon)familie nie, en hierdie ding spel beslis moeiliiheid!
5 jaar 6 maande 1 week 6 dae 2 ure oud


Advertensie
Ek is altyd besig. Al is dit net om asem te haal!
5 jaar 6 maande 1 week 6 dae 4 ure oud


Advertensie . . .
Ek vat vroulief se kant.
Bowe my verstand:
Hoe is dit moontlik om NIKS te doen nie?
Ek het nie 'n TV nie.
Ek het 'n lig buite by my werksplek.
My Program:
Ek werk ( skep/ doen/ ontwerp - noem dit en skryf.)

Ek slaap - so plus minus drie - vier uur per nag..
Dis my lewe al vir 72 jare.

Maar:
Die beeldjie sal jy sekerlik kry.

Thanks vir die deel.
5 jaar 6 maande 1 week 6 dae 7 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die Besoeking

deur Kobus van Eden

DIE BESOEKING handel oor 'n Gideonsbende wat die plaasmoorde begin wreek. Hul sukses is verstommend! Gou staan Koos Gerade bekend as die Bloedwreker en sy manskappe as 'die hel.'



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar