Gorrel

Titel: Vriende
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Met my gaan dit goed, maar met die liggaam nie so goed nie. Ek was weer hierdie maand Groote Schuur toe vir my maandelikse Chemo behandeling vir die MG. Dit was die sesde een. Hierdie keer het hulle egter dubbels geskink. Hulle wil my probeer speen van al die pille wat ek moet drink, want dit is ook maar gif wat baie newe efekte het. Dit is die ekstra tot chemo wat hulle bygesit het wat my geweldig siek laat word het. Vir 'n week gevoel soos 'n ou wat elke aand tot toemaak tyd in die Royal Hotel gesit en suip het. Dan die volgende dag so naar dat ek net die troon aanbid, kopseer en lyfseer.

Maar wat nou met die genade van bo en ondersteuning en gebede van die Myasthinia Gravis South Africa bystandsgroep gaan dit weer so bietjie beter en kan julle glo ek was in staat om vandag met die hulp van 'n werker natuurlik "ha ha" 1000 uieplantjies te plant in die tuintjie voor my agterdeur en om die blomme rangskiking vir sondag se kerkdiens met konings en ander proteas te doen voor in die kerk. Ek het dus julle woesters bietjie afgeskeep die laaste tyd. Het ook nie eintlik geld gehad om op die internet en Woes rond te loer en swerf nie.
Moet erken ek is nou heeltemal poegaai van die paar takies vandag, te min om eintlik op te noem. Ha ha. Ek is ook tans besig met 'n kursus in lidmaat prediking wat baie van my tyd in beslag neem. Groetnis en lekker skryf.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ano
Vriende
:-) 1000 uieplantjies? OK, ek gaan bietjie le! Ons dink aan jou en ek hoop werklik dat die behandeling die gewenste uitwerking sal he. xx
5 jaar 5 maande 3 weke 3 dae 2 ure oud


vriend
dis goed om weer van jou te hoor.. baie sterkte my maat jy bly ALTYD in ons gebede
5 jaar 5 maande 3 weke 3 dae 7 ure oud


Vriende
Lekker om weer van jou te hoor. Jy is werklik 'n inspirasie.
Sterkte vir jou.
5 jaar 5 maande 3 weke 3 dae 12 ure oud


Vriende
Jy is 'n WENNER !


Jy het die kuns van positiewe denke bemeester

Ons almal reik die hand uit
En
buig ook die knieg na BOWE !
5 jaar 5 maande 3 weke 3 dae 13 ure oud


***
Dankie dat jy ons laat weet hoe dit met jou gaan. Dit laat my ook besef hoe bevoorreg ek is om gesond te wees. Om eenduisend uieplantjies in die grond te kry, met of sonder hulp, is 'n reuse prestasie. Baie sterkte vir jou :-)
5 jaar 5 maande 3 weke 3 dae 18 ure oud


Wat kan ek sê?
Net dat ek jou mannemoed en geloof bewonder. En mag jy elke dag beter en beter voel en word.
5 jaar 5 maande 3 weke 3 dae 19 ure oud


:-)
Sterkte!
Ek is bly jy loer darem so af en toe in en sê vir ons hallo.
Hoop jy voel gou beter.
5 jaar 5 maande 3 weke 3 dae 22 ure oud


liewe vriend
Oe daardie chemo is die ergste van als. Dit mag dalk gesond maak maar maak jou so siek soos n bar vlieg, eish dis vieslik. Maar ons Skepper se genade omsingel ons, sterkte en vertrou jy herstel gou.
5 jaar 5 maande 3 weke 3 dae 23 ure oud


vrinne
sterkte vir jou
5 jaar 5 maande 3 weke 4 dae 2 ure oud



Skat van die Seerower

deur Rachelle du Bois

Dit is die jaar 1845. Twee jong vroue is op 'n belangrike sending per skip van Frankryk af na Engeland op pad. Een het ’n kosbare skat in haar besit wat veilig in Engeland besorg moet word. Dis egter nie so maklik nie, want hul skip, Du Vent, word deur twee Franse edelmanne onderskep in ’n poging om te keer dat die skat in Engeland beland, want dit is die eiendom van die Le Veque-familie. Die mans is vasbeslote om dit terug te neem na Chateau le Veque in Nantes, Frankryk. Sal die pragtige dames die sending suksesvol voltooi ten spyte van ʼn storm op see, ontvoering, misverstande, bedreigings en allerhande ander ontberings en noue ontkomings? Of gaan die twee Fransmanne sorg dat die skat terug besorg word waar dit hoort?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar