Gorrel

Titel: Inbraak
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

eerstens, baie dankie aan elkeen wat ons sterkte toe gewens het na die inbraak by ons huis in Springs, helder oor dag, Dinsdag 14/10/14.
Ek is vanaand vodde. Is vanoggend 3 uur uit Natal weg en was 7 uur by die huis.
Chaos, absoluut chaos in ons slaapkamer en spaarkamer. Alles is net eenvoudig uit die kaste geruk en op die vloer gegooi. Ons mag aan niks raak voordat die mense van vingerafdrukke nie hier was nie. Gelukkig het die man vroeg gekom. Slotte moes vervang word, want die inbreker is weg met al ons spaarsleutels. Die stukkende venster en die beskadigde diefwering word more vervang en reggemaak.Ons moes na Ouvrou se werk om te reel vir verlof. Ek was nog nie eens by my werk nie. Sal more gaan. Dan moet ons nog weer Polisiestasie toe om nog verklarings af te lê, om nog goed wat gesteel is aan te meld.
Al Ouvrou se juwele, wat sy van haar ma ge-erf het, is weg. Haarlaptop met al haar geheuestokkies, met jare se versamelde prentjies vir haar borduurmasjien, is weg. Die ergste van alles is dat die skelm ook die dongle van haar borduurmasjien gevat het. Daarsonder is haar masjien nutteloos. Ons sal more gaan uitvind by Bernina of dit herlaai kan word. Die inbreker was duidelik op soek na geld. In haar werkskamer en ook in haar kas het Helmien potjies gehad waarin sy kleingeld gespaar het vir die kleinkinders se jaarlikse sentlegging by hul Sondagskool. Alles is leeg.
In my bedkassie was 'n handgemaakte leer wallet met my pa se van en voorletters wat my ma vir hom laat maak het, nog voor my geboorte. In die wallet was 3 krone wat my pa destyds met die inwyding van die Voortrekker monument vir my broer, my en himself gekoop het. Ek was nog nie gebore nie. Geldwaarde weet ek nie, maar sentimentele waarde, onvervangbaar. Die wallet het ek tussen die gemors op die bed gekry, maar sonder die krone. Ou selfone, nog werkend, wat ons gehou het as back up, en Ouvrou se kamera is weg.
Nou die agtergrond oor hoekom ons hierdie spesifieke person verdink. Hy is nog jonk, seker nie ouer as 24 nie. Hy het uitgegaan met baie goeie vriende van ons se kleindogter. Haar swanger gemaak, maar tog by haar gebly. Hy was egter werkloos. om hom te help het ons hom ons huis laat uitverf. Dus, hy weet presies wat in ons huis is, en waar alles is.
'n Paar maande gelede het hy haar soos 'n warmpatat gelos en is terug na sy ma.
Maandagaand daag hy uit die bloute hier by ons huis op en vra of Ouvrou op haar afslag, by haar werk, vir die baba sal melk koop. Ites wat sy in elke geval nie mag doen nie. Sy sê sy sal die melk koop, maar nie op haar afslag nie. Hy sal dan Dinsdagaand die melk kom haal. Sy noem dat sy eers 8 uur saans by die huis kom, en dat ek in Natal werk. Hy het nou nog nie opgedaag om die melk te kom haal nie.
Nou die baie interessante deel.
Die bure se seun vertel dat hulle Maandagmiddag laat hierdie man in my driveway gewaar het. Op navraag vertel hy vir hulle dat hy vir sy tannie wag. Hulle nooi hom toe nogal om by hulle te kom wag oor 'n koppie koffie. Die polisie vra die seun om hierdie man te beskryf. Volgens die beskrywing is dit dieselfde man wat die CPF ( ons plaaslike vrywillige sekuriteits patrollie)Maandagaand by die polisiestasie kom afllai het. Hy het hulle die een of ander hartseer verhaal vertel en hulle het hom die nag in die selle laat slaap. Gisteroggend het die bure hom vroeg oggend al, weer in ons straat sien ronddwaal. Hy het net gewag dat Helmien werk toe ry.
Omdat ek nie dadelik van Natal af kon kom nie het Ouvrou gisteraand by ons dogter gaan slaap.
Vanoggend vertel die bure se seun dat hy laasnag weer iets in ons erf gehoor het. Vanoggend het ons 'n pak 2 minute noodles en 'n jogurt houertjie in die agterplaas opgetel wat volgens Helmien en my kinders, defnitief nie gisteraand daar was nie.
Hy het natuurlik die huis dop gehou en gesien toe Ouvrou saam met die kinders wegry, en gedink nou is sy kans om te kom leeg maak. Hy het mos 'n sleutel om in te kom. Gelukkig het onse Dave die veiligheidshek met 'n ketting en slot gesluit, juis omdat die skelm die huis se sleutels het.
Ergste van alles is dat sy gewese meisie se ouma nou spanne kwaad is omdat Helmien vir die polisie gesê het sy vermoed dis hy! Juis sy wat hom nie voor haar oe kan verdra nie.
Einde van die saak is dat dit mens maar net weer wys. Geen muur of palisade keer 'n skelm as hy in jou erf wil kom nie. Ek het die bakstene gekry wat hy opmekaar gepak het om oor die palisades bo-op my hek te kom.
Dan sê ek dankie aan ons grote Vader dat Hy gehelp het dat Ouvrou gehelp het om kop te hou om dadelik weg te ry om te gaan hulp soek, toe sy sien dat die spaarkamer se venster wawyd oopstaan. Dit was vir haar snaaks toe sy sien die ketting waarmee ons die hek sluit, nie daar was nie. Sy het egter gedink dat sy dalk vergeet het om die hek te sluit toe sy werk toe is. Dis egter toe sy by die hek in ry, dat sy die oop venster sien, en dadelik terug by die hek uit is om te gaan hulp soek.
Dankie Heer dat U en U engele daar was om Ouvrou te beskerm, en dat sy nie gisteraand, soos wat sy aangedring het om te doen, alleen by die huis geslaap het nie, maar by die kinders.Ek en my kinders is vol haat en wraak. Dave en skoonseun het gisteraand die strate in gevaar op soek na hom. Het hulle hom gekry was hulle vandag in die bskuldigde bank vir moord. U word sê, my kom die wraak nie toe nie. Laat dus asseblief slegs U wil geskied in hierdie saak, en gee ons die krag om te vergewe en vergeet.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Inbraak
Ai, Jan, dit wat gesteel is is vervangbaar met geld, maar onvervangbaar in sentiment. Ek weet presies hoe 'ouvrou" en jy voel. Destyds toe my juwele als gesteel is en ook my laptop met al my skryfwerk op, het ek ook verpletter gevoel.
4 jaar 7 maande 1 week 2 dae 20 ure oud


inbraak
Ai, Jan. My hart en gebede gaan uit na julle! Voel sommer hoe my bors toetrek soos ek hier lees - dit maak 'n mens so kwaad en moedeloos. Baie, baie sterkte vir julle!!!
4 jaar 7 maande 1 week 3 dae 2 ure oud


inbraak
Ai, Jan. Dit maak mens darem maar moedeloos. Veral aangesien dit iemand is vir julle al tot hulp was. Lyk my party mense het nie die pad verloor en dis nou maar dit. Ek hoop tegtig julle spoor hom op...al is dit net om die die artikels met sentimentele waarde terug te kry. Sterkte vir julle..
4 jaar 7 maande 1 week 3 dae 3 ure oud


inbraak
hel jen alle simpstie. dit kan nie maklik wees nie. hoop hulle vang die bliksem dat julle darem van die goed kan terug kry. het jy versekering gehad?
4 jaar 7 maande 1 week 3 dae 7 ure oud


inbrAak
Genade jAn. Ja jong daar is net geen einde aan hulle nie. Sterkte aan jul alby
4 jaar 7 maande 1 week 3 dae 11 ure oud


Jammer
Ai Jan, so jammer vir al julle verlies my vriend. Dis baie erg. Ons het gedurende die afgelope drie maande ook vier inbrake gehad met meer as R25 000 skade!
4 jaar 7 maande 1 week 3 dae 12 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Gister se Onthou

deur borrels

ek pluk 'n klompie letters van 'n laning woord-bome af dan bou ek 'n vers daarmee die trand daarvan soms bietjie laf maar die woorde van die verse kom diep hier uit my hart dit skets die liefde van die lewe soms met pienk en soms met swart



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar