Gorrel

Titel: My Beurt
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Lekker 21 mm reën gehad gisternag. Dit was n baie dramatiese Intro tot die reënseisoen. Doodse Stilte en toe die Drum Roll, gevolg deur Tromme en Tamboere, en toe die Simbaal. Een helse Weerlig slag toe is die krag af. Die Waterfiskaal is inderhaas hier verby. Sommer die hele emmer water met een Sjorrrrrrr... op dak sinkdak uitgegooi, toe is dit klaar. Mens moet altyd jou instink volg. Weer bewys. Ek het mos gister oggend gou saad gesaai van die goedjies wat skraps raak in die tuin en wraggies, kom my leibeurt toe gister.

Interlude en toe begin die Simfonie. Paddas, Krieke en Watervalletjies.Ek het toe maar gaan inkruip. Weens die gebrek aan leesstof het ek my Efempie gaan uithaal en so tussen die musiek van die radio en die buitelug konsert aan die slaap geraak. Slaap het maklik gekom want ek het al vir twee dae n vrot verkoue. Koors, seerkeel, snotneus en plekke wat ek nie eers het nie pyn.

Toe die krag twee uur vanoggend aankom het ek net die ligte afgesit en terug geklim in my kooi.

Summer time and the livibg is easy.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Beurt
Ai nou weet ek weer hoe lekkerrrr BT kan skrywe!
5 jaar 2 maande 2 weke 1 dag 4 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Bothaville in the Second Anglo Boer War

deur Francis Gillieron

CHRONICLE OF BOTHAVILLE'S ROLE IN THE SECOND ANGLO-BOER WAR



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar