Gorrel

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

In die lewe ervaar ons almal teenspoed en moeilike tye. Ons moet voortgaan met ons dag tot dag stryd, en op die een of ander manier probeer deurdruk. Probleme duik die heeltyd op, en ons moet hulle aanpak. Party mense kan nie die skynbaar sinnelose stryd vir die lewe hanteer nie, terwyl ander alle hindernisse op hulle pad oorkom. Wat is die verskil tussen die twee? Dis eenvoudig – voor jou; in jou geestes-oog, sien jy of n probleem – of jy sien n oplossing. As jy deur die lewe gaan en jy sien niks behalwe probleme en teenspoed langs die pad nie; is dit presies wat jy sal vind. As jy kyk vir oplossings pleks van probleme, sal jy nog steeds van tyd tot tyd opdraande ent teleurstellings hê, maar jy sal hulle soveel beter kan hanteer. En wie weet; deur te soek vir oplossings, vind jy dalk een of twee deurslagewende antwoorde in jou lewe. Dit lê alles in die groter besef…

'Whether you think you can, or think you can't...you're right.' Henry Ford



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Tom Brown
Hou die blink kant bo...

Groete.
4 jaar 9 maande 2 weke 6 dae 7 ure oud


'n Kwessie van geloof
'n Kwessie van geloof, gesindheid ook, m.a.w. ingesteldheid. Soek vir oplossings en nie vir probleme, en wanneer deur 'n probleem gekonfronteer, ja in jou geesig-oog sien jy die oplossing eerste, verbeel dit dan dus, dit is visie en vertroue.

Pragtige positiewe bydrae Jacques! Mooi geskryf!
4 jaar 9 maande 2 weke 6 dae 19 ure oud


Dankie
'Mind over matter.'

Dankie vir die kommentaar...
4 jaar 9 maande 3 weke 1 dag 11 ure oud


Ano
Sien
Dit kom dan op die ou end neer op wie bereid is om vorentoe te beweeg deur sy probleme aan te spreek, en wie net in die modder gaan vasval en onder die uitdagings vernietig gaan word?
4 jaar 9 maande 3 weke 2 dae 6 ure oud


Kies jou hoek.
Hi Jacques,

Ek is vas oortuig dat geen probleem uitgereik word sonder 'n oplossing nie. Dis net, partykeer kan jy op jou eie die oplossing kry en ander kere is dit veronderstel om 'n spanpoging te wees.

Die geheim is dus om uit te werk watter een vd twee benaderings die beste sal werk om jou probleem op te los.

It's all a matter of perspective. Dankie dat jy my daaraan herinner het.

Lees jou gou weer!



4 jaar 9 maande 3 weke 2 dae 6 ure oud


Blink-kant Bo
Dankie Anze, en dankie vir die lees...
4 jaar 9 maande 3 weke 3 dae 1 uur oud


sien is glo
jy het n baie sterk en waar punt hier beet.. dit wat jy sien en spreek is dit wat vir jou wag... hang net af hoe jou lewensuitkyk is.. goeie gorrel!
4 jaar 9 maande 3 weke 3 dae 1 uur oud


Net So
Net so. Die Japanese het skynbaar nie n negatiewe vorm in hulle taal en kultuur nie. Dit is n ware positiewe houding.

Dankie vir die kommentaar...
4 jaar 9 maande 3 weke 3 dae 4 ure oud


Probleem
Kollega keer na ses maande uitruil in die VS van A met wyd-oopgesperde oge terug.
In 'n probleembesprekingsronde sê hy -- Die Amis sê nie probleem nie; hulle sê uitdaging.
GvT
4 jaar 9 maande 3 weke 3 dae 4 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Skakerings van Grys

deur Swartberg

n Bundel van 54 gedigte oor n hele aantal jare geskryf. Beskikbaar in elektroniese formaat.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar