Gorrel

Titel: Grys
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Rooi vlag

Hier en daar my eie woorde
Blaai gerus aan

Thanks.

Buite is die weer troebel en sif die sagte reëndruppels liggies byna soos kapok om my neer en met ‘n effe beklemming gaan ek die spreekkamer binne.

Dit is nuut gebou in die sin van ‘n huis wat verander is. Geen deur behalwe die donker getinte glas deure aan die agterkant wat nou as die voor ingang en ontvangs dien. Alle vensters en ander buite deure is weg en toegebou,

Binne is alles grys; die lyk-soos-hout vloere, die mure , die geboude toonbanke – alles is grys en chirurgies skoon en netjies nuut soos Spreek kamers van ‘n Oog Spesialis moet wees

Grys is kalmerend want hier is geen haas en geen spoed slegs wag en sien en ten minste drie ure se sit. Sit met ritmies elke twintig minute druppels in die oog - druppels wat soms soos koolvuur brand. Druppels om te ontsmet, verdoof en verdof

Te midde van beheersde kalmte, sit die pasiënte in rye op hulle beurte en wag en die stroom loop in na verskeie klein kamertjies en stoeltjies agter allerhande Canon kyk masjiene – masjiene wat deur die oog tot in die agterkop kan sien en aan die stroom kan ek sien dat die een enkelman Spesialis soos ‘n Rietrot moet hol om in tyd by te bly want die stroom inkomende oogbesiektes hou nie op nie.

Dit is ‘n worsmasjien wat vandag net vir die sit sowat R6000 per uur verdien: Vir ‘n skof van 7 tot 7 soos die dame by ontvangs beduie beteken dit dat sowat R42000 net vir ‘n stoel ‘n baie mooi inkomste is. Hoeveel die werk inbring is duister maar dit is gewis dat die streng beheerde Professie van Medies ‘n baie betalende beroep is . . .
Met
Ja, met onheil op die horison . . .
Want:
Aan drie uit vier van die inkomendes word by die ‘geldsake’ toonbank gevra:
Het jy ‘n magtigings nommer vanaf jou mediese fonds ?
Twee van die drie het probleme; die Mediese fonds is uitgeput.

Hierdie probleem is universeel; die Dokters, Medikasie en Hospitalisasie se tariewe het so geldsugtig en wreed die hoogte in geskiet -
Die hele Mediese versorging stelsel is so uit verband geruk dat dit ‘n boemerang is wat beslis gaan terug slaan op een of ander verskriklike wyse;
’n Volk wat medikasie net nie meer kan bekostig nie
Mediese kennis, gewoont aan ryke aas, wat gaan waai na beter weivelde ( nugter weet waar)

R30000 om ‘n baba te vang
Onnoembare Rande plus-plus-plus net om teenmiddel in die oog te kry

Die lys is eindeloos . . . en die keuring vir Studente in enige Mediese rigting uiters word uiters beperk. Selfs om Veearts te word is totaal buite die kwessie alhoewel die Politiek nou agtergeblewenis by die hope instuur.
Die Vader behoede daai perd wat eendag deur een van hulle in die bek gekyk gaan word veral as in ag geneem word wat hulle deesdae in die Staat Hospitale met mense aanvang.
Die mees grillerige stories loop rond – net Jammer Alfred Hitchcock is al dood. Hy sou darem grend rol prente kon maak maar ek begint stres . . .

Die laaste druppel van die reeks van ses is alreeds in my oog gedrup en dit was al ‘n tyd gelede en ek en Anita merk dat mense wat na my ingekom het alreeds klaar is en die grys steriel verlaat en ek voel die lewe kom terug in die oog.

Met die gode se geluk, voel die dame in haar deurmekaar organisasie dit ook aan:
“Kom meneer van Tonder, jou beurt “ en teen hierdie tyd ken ek al die prosedure – die prosedure van verkeerd-om op die bedjie lê met skoen voete teen die muur en die Dokter is nie naby nie; sy hoorbare stem verduidelik iewers aan ‘n ou mensie wat stadig van begrip is en die dame . . .
“Meneer ek moet net weer ‘n druppel insit . . . brand dit meneer?”
Ek is sterk- ek gee nie moeilikheid nie ek is braaf en kan pyn vat:
“Nee meisiekind . . “:
“Dan is dit gaaf die oog is nog dood . . .”


Se moer dink ek, die druppel is dan ‘n kool vuur en ek lê en die Dokter se stem dreun iewers soos hy verduidelik en sy kom weer:
“Nog net een druppel van die meneer . . .”
En ek weet:
Sy is op ‘n knop. Die program het aborteer en die Dokter is nie ‘n fok gepla nie !
Later volg nog ‘n druppel koolvuur en ek lê en Anita ken my vir 47 jaar en beduie ek moet my inhou en hier kom die Dokter in, werk vinnig en haastig en plaas die blou lap met die een gat vir die oog oor my gesig.

Dadelik dink ek aan die storie van die ou tannie by die Tannetrekker.
Toe die man sê:
“Maak wyd oop tannie”
Sak haar regterhand en sy gryp die Tannetrekker aan die knaters in haar wasgoedpennetjie greep en sy sis:
“Ons twee gaan mekaar mos nie seermaak nie . . .”
Die Tannetrekker, al hygende, kon net sy kop inkennend knik in instemming.

Hier kon ek nie ‘n soortgelyke ooreenkoms afdwing nie – die verskil tussen die trek van ‘n tand en die insteek van ‘n naald in my oog is te groot en die man verduidelik een stryk deur:
“Kyk heel na links oom . . . dankie oom ek gaan nou liggies op die oog druk en dan gaan ek harder druk “
En die dame wat die feite ken gryp my twee hande wat ek op my bors inmekaar geklem het vas . . .
Dit is seker oorspronklik bedoel as ‘n vertroosting hande-houvas maar vandag weet ek dat sy weet dat die oog vol lewe is en sy moet keer vir my spring wanneer die naald die oog penetreer . .
Maar ek is braaf en sterk en ek trap die muur met my nommer veertiens dat ek kan hoor die sement dit kraak en ek verstyf my hele liggaam stywer as jare gelede se eerste honeymoon aand . . .
En toe maak die fokker my seer toe ek voel hoe sak die naald in die oogbol in, soveel so dat my gesonde oog onder die blou lap trane stoot en die dame se stem:
“Askuus meneer dit is amper klaar . . . .”

Dit help nie om moer te strip nie. Hier is nog een Oog Dokter maar daar loop stories.

Ek sal met die laaste inspuiting in Januarie net die dame nader trek en mooi beduie hoe om te maak om te verhoed dat ek ‘n staal stoel op daai dure Canon oog masjien buig.

Dit is my oortuiging dat die sisteem se gunstig om meer en meer geld te in, maak van die Dokters wrede geld jagters en die menslike, simpatieke en uit die hart uit nering om te gesond en te heel is in sy maai in.

Ek is ook nie ‘n smartvraat nie maar met my insae in die Ekonomie en die finansiële toestand in die land is ek baie seker hier kom op vele gebiede ‘n ontploffende uitbarsting wat sal skrik vir niks.

Ek sien die groter prentjie:
Die gemiddelde ouderdom van die instromendes is oor die tagtig en hulle lyk op die oog af heel gesond.
Dit kan maklik gebeur dat die meeste oor tien jaar nog daar sal wees want die pille en medikasie is daar.
Of die geld daar gaan wees weet ek nie – ek sien die ding kom.

Dit is ook net logies en natuurlik. Die balans is versteur; die sisteem kan nie die bejaardes meer dra nie, hulle geld doen dit nog maar vir hoe lank?

Niemand dink nie.
Niemand praat nie
Almal weet
Oupa en ouma is alreeds ‘n masiewe probleem . . .

Indien jy vir my verby op straat, weet ek is nie geneuk nie – dit is die moderne Mediese Wetenskap wat vir my met ‘n blou geswelde oog vereer het.

Groetnis
2014/12/10



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

***
Ja-nee, Willie, jy's reg wat die ouderdom en mediese koste betref -- die finansies om jou gesondheid in stand te hou, is die grootste probleem.
4 jaar 5 maande 1 week 6 dae 14 ure oud


Ouderdom se skete
Dis nie net in die R-usplek van S-omnambul-A nie; dis oral op die wêreld (op die westlike):
Die mense word nie ouer nie -- hulle BLY oud.
Maar wat sleg is, is dat niemand meer jonk word nie.

Normaal is daar meer kinders en jongmense, meer ,onderbou' om die oues te ondersteun, maar vandag se bevolkingstabelle en -grafieke toon dat daar minder jonges as oues is (Het ek hierie een al vertel?):

Terwyl 'n verpleegster besig is om 'n stokou tannie met sop te voer, praat sy so padlangs met die halfonbewuste pasieent:

,Ja, mevrou Oppermann, met u gaan dit nog goed, maar as ek in u ouderdom kom, gaan daar eenvoudig nie genoeg pleegpersoneel wees nie!'

Ek sê vir die jonges: ,Ek gaan negentig jaar oud word, dit toon ewe die statistieke, en julle gaan my versorg. Maar julle gaan honderd jaar oud word. WIE GAAN OP JULLE OPPAS?'

Oubaas, hierie deng, hy is swaar.
4 jaar 5 maande 2 weke 10 ure oud



HOOP

deur Ano

HOOP is 'n hulpmiddel vir persone wat sukkel om die dood van 'n geliefde te verwerk. Die hoofstukke is kort en aan die einde van elkeen is 'n paar vrae wat jy aan jouself kan stel. Vrae soos 'Van watter metodes maak jy gebruik om van jou rou af weg te vlug', of 'Hoe hanteer jy verjaarsdae en ander feestelike byeenkomste'? Hierdeur hoop ek die leser sal tyd in introspeksie deurbring en vir homself 'n paar antwoorde vind.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar