Gorrel

Titel: Vergewe
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hierdie tyd van die jaar word die druk op my altyd meer. Dit is berou
Berou onder my gehoorsames oor foute – foute groot en klein. Foute ernstig en ander heel onskuldig en nietig.
Ek besluit vanoggend op ‘n nuwe fessie vir my hoof,  trek my mantel reg en neem my sit agter die fluweel gordyntjie met fyn sif skeiding en hulle kom een aan die ander en neem sit en die berou en die erkenning vloei oor die lippe.

Ek lees net die gesig. Die gesig getuig van opreg of sommer net gemaak verontskuldig en ek sien hierdie een met die rokkie die gang afkom en sy neem haar sit en ek kug om my teenwoordigheid te toon en sy hakkel en haar stem is puur opreg en van berou.
“Vader ek dra ‘ n las en vader, u moet my van die las verlig - asseblief”
“Spreek my jonge suster, ontbloot jou hart, laat los en vertel my”
“Vader dit is ietwat medies en meer persoonlik, vader”
“Indien dit jou wese, siel en gees raak my dogter moet ons dit aanspreek”

“Vader ek het ‘n allergie vir elastiek en vader . . .”
En sy haak vas en ek sien die opreg op haar mooi gelaat en dinge van die wêreld kom in my op en in my stillig vra ek vir Maria om my menslik asseblief vergewe en . . .
“Vader, ek kon nog nooit ‘n broekie dra nie vader, die rek maak allergie en jeuk en dit pla my en ek vra vader . . .”

“My jonge suster – dit is nietig en van die mens en heel Aards en kosteloos. Gaan heen, maak vir my drie mooi wa wiele die gangetjie op en gaan in vrede – die sonde is jou vergewe . . .”

2014/12/13



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Vergewe
Ook maar goed jy is nie 'n priester nie!!
5 jaar 5 maande 2 weke 9 ure oud


***
Weer lekker op jou stukke, Wolfman!
5 jaar 5 maande 2 weke 2 dae 2 ure oud


Hahahaha
Ja Willie, boetedoening en vergifnis se gepastheid is ook maar in die oog van die beskouer...
:-D
5 jaar 5 maande 2 weke 2 dae 16 ure oud


vergewe
Van wanneer af is willie n Roomse Priester? vaderland jy gaan mos nie daar deug met al jou streke nie
5 jaar 5 maande 2 weke 3 dae 5 ure oud


vergewe
hehehehe so ou priester het ook maar n broeksak vol planne!!!!
5 jaar 5 maande 2 weke 3 dae 7 ure oud



Plek van die Flaminke

deur Rachelle du Bois

Delia Kriel is mede-eienaar van die vakansieoord Zeesig. Haar eerste ontmoeting met Alex Vorster, haar sexy nuwe buurman, laat haar hare rys. Hy jaag haar kat die skrik op die lyf en hy jaag haar die harnas in. Kortom, hy pla haar, vreeslik, aanhoudend. Hy het haar rustige bestaan hier op Zeesig kom versteur en sy is vies, baie vies. Alex se broer, Xander, is die diep een, die stil musikant wat sy hart op Delia se vriendin, Madeleen, verloor het. Hy is koppig en hy weet wat hy wil hê, maar sy is versigtig vir die liefde, want net 'n donkie sal twee keer oor dieselfde klip struikel. En sy is nie 'n donkie nie. Hy is egter die ideale model vir haar beeldhouwerk en haar kunsuitstalling lê voor . . .



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar