Gorrel

Titel: Musiek
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


-Die wegraping van realiteit, die oorvloed van fantasieë, drome, onderbewuste werklikheid.-

As die instrumente begin, reis my siel uit my wese, swaartekrag verdwyn, ek word opgeskort en vorm deel van 'n nuwe wêreld waar gedagtes hardloop teen 'n hoe pas maar elke element, komponent en beeld word ingeneem, geabsorbeer.

Hoë note vorm rustigheid, opgewondenheid, passie. Lae note vorm angs, afwagting, motivering. Die eenvoudigste stimuli vorm iets enorm, massief en magtig tog ook sag, verbeeldingryk en pragtig.
'n Ontelbare emosies vir elke noot wat op mekaar volg, elke neuron word geprikkel, nuwe areas word gestreel.

'n Wêreld vorm, 'n dimensie vir elke melodie en emosie. Realiteit verdwyn, vasgevang in 'n wegraping, fisies daar, psigies ondersoek, en geopereer soos deur marsmannetjies. Wat is hierdie sensasie wat elke vesel van my weefsel betas en hernu, is dit sonde om oor te gee aan hierdie demoniese ervaring?

My waardes, bekommernisse en probleme word onderdruk, uit geopereer, ek is gelukkig, emosioneel, betrokke, oorweldig en onkwesbaar. Hoe dan anders as om te verdwyn in die sensasie, die sensasie wat musiek is.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Sirkeldans

deur Driekie Grobler

'n Bundel vol inspirasie en lewenswysheid, lief en leed, maar ook lewenslesse wat ons daagliks ervaar en leer. 'n Saamlag, saamhuil en saamstap-bundel.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar