Gorrel

Titel: Karma
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

As jy uit gaan na n stil poel water iewers in n woud, kan jy na die bank toe loop en n klein, ronde klippie optel. Dit is wonderlik om die natuur so te beleef, terwyl die voëls sing in die bome. Die wind is sag en streelend. Die poel water lê stil en ongeraak voor jou. Dit weerkaats soos n spieel. Jy vat die klip en gooi dit in n boog tot in die middel van die poel. Die klip sink dadelik na die bodem; dit is onvermydelik, soos n daad wat reeds gepleeg is. Op die oppervlak sirkel die water uit in wye kringe, soos die gevolge van daardie daad. Die lewe is so; met groter en groter gevolge wat voortspruit uit ons aksies. Jy staan rustig en kyk na die sirkels op die poel; dit sal n ruk vat voor die water weer kalm en onversteurd is. Soos wat jy saai – so sal jy maai…



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Gevolge
Dankie Kiekies. Ja, die lewe is maar aksie en re-aksie.

Dankie vir jou kommentaar.
5 jaar 3 maande 2 weke 4 dae 20 ure oud


Dade
...en as die klip eers jou hand verlaat het is daar geen keer meer nie! Al sou jy wou.
Duidelike beeld wat jy skep.
5 jaar 3 maande 2 weke 5 dae 13 ure oud


Dankie
Die beeld van die poel water is bedoel om n atmosfeer van kalmte en meditasie te skep.

Dankie vir die lees...
5 jaar 3 maande 3 weke 17 ure oud


Karma
Die atmosfeer wat jy skep bring so n heerlike rustigheid oor my, en dan die rippels op die water, laat my dink aan my kinderdae saam met my broers.

Ja dis waar wat jy saai sal jy maai.
5 jaar 3 maande 3 weke 18 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

KOPERMAAN tot SPIKKELPELIKAAN

deur Viooltjie

Hierdie bundel bevat 80 oorspronklike gedigte wat vir enige leser toeganklik sal wees. Dit is gedigte waarmee mense kan identifiseer. Dit sal jou nie onaangeraak laat nie. Natuur, omgewing en bloot net ménswees kom baie sterk hierin na vore.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar