Gorrel

Titel: Hibernasie
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Met een helske beklemming van paniek in my bors, is ek in verstomming:
Wat gaan aan?
Waar is die mense?
Daar is net niemand en niks daar buite
Nie eers ‘n koerant op straat
Is hier darem iemand op Woes?

Allamagtag . .
Die son kom op en die son gaan onder en ek is aan die gang maar ek kan eenvoudig net nie verder nie want ek word gebriek!
Soek ek ‘n brood; is die Griek toe.
Soek ek ‘n spanner; is Mr Lee toe
Soek ek ‘n k@#&oom – van daai soort met die knoppies op – is die Chinaman toe; krap-krap ek aan die seil rondom sy spaza, hoor ek net steungeluide daar binne . . .
Die strate –
Dit is verlate en leeg – tot die pavement-mense is weg -

Maar –
Wonder bo wonder is die afwesigheid van lewe en die stil strate ‘n helse seëning vir my –
Ek kan sonder om vinger te wys, te vloek of te skel by my hek in-en-uit ry. Daar is net geen  wese of voertuig in sig nie –
Behalwe –
Net iewers –
Net iewers in ‘n agterjaart gee ‘n hond sy laaste weemoedige, moedelose-sterf-van-die-honger tjanke en staak die getrek aan sy ketting want die maer en uitput dwing hom af grond toe, op sy kniege.
In my stille gedagte, hier waar ek boontjies oprank, kan ek die toneel in my geestesoog sien maar ek draai my kop weg en prop my ore toe met boontjie blare want dit is die kyk . . .
Die verwese kan-nie-verstaan-nie sterwens kyk in die uitgeteerde hond se leep oë wat ek nie wil sien nie.

Wat gaan aan . . .?
Waar is al die mense . . . ?

Hiberneer hulle – of . . .

Of –
Het die Russe een of ander virus oor Suid-Afrika gestrooi en almal gedooi ?

Is daar . . .
Is daar iemand daar buite ?

2015/01/05
As jy daar is
Indien jy my hoor
Ek is heppie
Ek wens jy ook.

Ek kan jou egter nie help nie
Help –
Try maar en help jouself
Just be happy!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

hibernasie
hehehe.. nee jong ons is almal nog hier.. die nuwejaar het net met n helse "bang" gekom, vreeslik bedrywig ... lekker gelees hoor
4 jaar 8 maande 2 weke 2 dae 16 ure oud


Hibernasie
Wolfie, ek het slegte nuus:

Al daai mense waarna jy soek, was hier by onse beach gewees, MAAR....maar hulle is stadigaan besig om op te pak en terug te gaan.
Dan as jy weer stilte soek, sal dit hier wees.
4 jaar 8 maande 2 weke 2 dae 18 ure oud


hibernasie
Niks is meer soos dit was nie, drink maar die stilte in want as jy wakker word en jou koffie koud is, is daai ongewensde rumoer weer terug hehe
4 jaar 8 maande 2 weke 3 dae 22 ure oud


Hibernasie
Jip, hierdie tyd van die jaar kry 'n mens niks gedoen nie. Hier by ons slaan die meeste besighede pottoe tot laaaank na nuwejaar. Die bottelstoor is darem oop.......
4 jaar 8 maande 2 weke 4 dae 1 uur oud



VuurWerke

deur die Posman

n versameling liefdes gedigte wat die stormagtige verhouding tussen man en vrou uit beeld, en ander gedigte.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar