vandag
ja jy
jy
my krullebol
blondhaar
kind
het jou eerste jubel geluidjies
my gehoor gestreel
en my binnekant
laat swel
Weet dit wel
my kind
dit het nog nooit
weer getaan.
Jy is maar net
die lig
en die lewe
en die inspirasie
wat enige ouerhart
begeer
Ook vir jou nalating –
Al twee van hulle –
(tot nou ?)
Ag
die vreugd
wat hulle uitstraal
is voedsel en lewenskrag
vir my.
Strewe en lewe voort
jou skouers is breed
en jou wil en moed groot
Jy is die lied van ons lewe
‘n stywe drukkie vir jou.
2015/02/28
Lees ander gorrelstukke deur sneeuwolf
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gorrelstuk
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gorrelstuk
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Aná Niem
Ses verhalende gedigte voorgedra: Identiteit, Hierdie kind, Uiterste Wil, Alleen-vrou, Leer van sukses, Lobola. Hierdie CD is die ideale geskenk vir iemand met diepte.