Gorrel

Titel: Stout.
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Gister.
Wanneer dit by sport – veral Rugby kom, word die grootste Stad pure Kleindorps.

Die twee prominente – Aards opposisie met gepaard gaande . . . – skole teen mekaar -
en Potchefstroom word kleindorps.

Gooi jou vuur – Potch sal NOOIT ‘n Stad met Stads karakter word nie.
Daarvoor regeer die Kerk, die Politiek en mense van Kleur eens te veel.
Ek noem nie eers sosiale afbakening en groepering nie.
Dit is om van kop te skud -

Saak nie maak nie – Die twee skole ; Volkies en Gimmies het hul jaarliks Rugby afrekening met mekaar.
Ek is nou nie juis sportmal nie maar ek het ‘n Kleinseun wat op sy oupa steun want sy pa . . .

Wel, Kleinseun sal my vra “ het oupa gekyk?”
Hoe sal ek dan nou nie loop kyk nie?

Mense wat gereelde toeskouers is, is voorbereid:
Ete en drinke
Genoeg kleingeld in die sak.
Sambreel en hoed teen die son.
Kussings vir die staal sitplek.

Ag, ‘n hele konsistorie van bagasie.

Ek sorg net vir drink en kou goed, my knipmes om mee te skil en ‘n lap vir die hande.

Dis herfs en uit die bloue hemel skyn ‘n Son wat brand maar ek sit op ‘n goeie plek.
Dit help ook nie om te skuif nie – binnegou gaan hierdie son almal kook en daar is geen manier hoe huis toe gery gaan word om beskerming teen die son te kry nie –
Ek sit en Anita skuil onder haar baadjie vir koelte. Marlene is hoog op die fotograwe se stage en sien die petalje, kom af en bied aan om haar sambreel in die kar te loop haal.
Now ways. Ek is conciderend – neem die mense agter my in ag –
En
Ek het ‘n lekker lap wat ek oor my kop kan sit.

Hierdie lap is eintlik my bakkie se lap. In die deur van die bakkie is altyd ‘n lap.
Dit is ‘n kombuis se afdrooglap want vroumense kyk die kombuis lap met een oog en woerts! – weg met jou – kry nuwes!

Ek gryp. Ek werk met lappe. Ek hou van lappe. My lappe is my lappe en hierdie een het wel ‘n paar swart vlekke van die bakkie se vensters af vee , maar my lap is my lap en ek bedek my hoof teen die son.

Potch is kleindorps en baie mense ken my en lees my skrywes, maar niemand ( met uitsondering) sal ooit in die lewe na my toe kom om blad te skud nie –
Never
Want ek is ‘n skrywer en ek draai nie doekies om nie; doen die geringste wat ek raaksien en ek kleur dit in en dit gaan Internet toe.
En mense skram van my af weg . . .
Maar skinner ook lekker.
Net Kobus en Marieta groet ons toe ons uit stap nadat Gimmies vir Volkies die pakslae van sy lewe gegee het en my kleinseun ‘n goeie wedstryd gespeel het, en Kobus het duiweltjies in so oog:

“Oom Willie, jou geluk die tannie het aan jou verkeerde kant gesit – sy het nie gesien hoe vuil julle kombuis lappe is nie – en jy gooi dit wragtig oor jou kop ook!”

2015/05/31

Napraat

Verskriklik hoe die maande verby vlieg.
Hierdie , my laaste bydrae vir hierdie maand en
Oor ses en twintig dae draai die son om en die dae word weer langer

Hou Vas!
Hier kom ‘n bitter koue Winter
‘n Liefdes koue
Alles vries stokstyf!

Die beste ‘ouma se salf ‘
Zam Buk !

(Koop maar groot!)



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Stout
..en wavoor is die salf, jy dink sommer ons almal weet!
Daai koue klou hier aan my rugstring vas, van die stytjie tot my nek vervries ek. En ek het stokstywe liefde-vingers! Vat 2 keer na als voor ek raakvat. Eish.
4 jaar 6 maande 2 weke 4 dae 3 ure oud


:-)
Ja, die mense praat, maar weet nie altyd hoe die ding inmekaarsteek nie...
Ek is daar op Potch altyd net 'n besoeker, kyk van buite, maar die mense wat ek daar ken, is die moeite werd om te ken.
;-)
4 jaar 6 maande 2 weke 4 dae 10 ure oud



Skakerings van Grys

deur Swartberg

n Bundel van 54 gedigte oor n hele aantal jare geskryf. Beskikbaar in elektroniese formaat.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar