Gorrel

Titel: My kruis
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Jou kruis . . .
Almal wat diere liefhet, aanhou en vertroetel –
Dra ‘n kruis.

Myne moet ek nou optel met die bedoeling –
Ek moet nou handel.

Ek het pas van hom geskryf
Bruce, die stoetreun, my skadu, my opasser, my geesgenoot, my liefde, my klaagmuur wanneer die litte nie meer wil saamwerk nie –
Vir die laaste vyftien jaar.

Dis hy wat teen my bene ruik en vir my met jammer in die oë aankyk asof hy sê “askuus oubaas”

Sy horlosie het ook uitgeloop en jeup probleme gee moeilikheid >

Sewe dae gelede maak ek aand ete en aan tafel hoor ons hom blaf by die straat hek van my kantoor en ek noem dit:
“Ek het nie die hekke se skuif opgesit nie, nou kan Bruce dit effe wyer oopspring en raas met die straatlopers.”

Die volgende oggend kom groet hy nie.
Die dag was maar koud en teen laat middag gaan kyk Anita.

Bruce kan nie beweeg nie en kreun van die pyn – sy kan hom nie eers aanraak nie.
Aanvanklik vermoed ons die gewone – die heup het hy uit potjie gespring.

Vandag is dag sewe en in Anita se oë is nie goeie nuus nie – op die hele werf is nie goeie nuus nie – al die ander honde is binne in hulle kaste en handhaaf die stilte en respek vir wat hulle met hulle ore kan aanhoor:
Bruce se kreune van pyn – die heup is dalk gebreek. Verkalking van ouderdom breek maklik.

Anita is verpleegster. Verpleegsters en Dokters lê die Eed af:
“Ons sal met toewyding, met ons hele hart en siel heel en verpleeg”

Haar stem is uit ‘n droog keel en sag toe sy terug kom – sy voer hom drie keer per dag met die hand en met al haar liefde.
“Ek is op die sterkste pynstiller op die mark en probeer nou die laaste met die hoop dat die heup weer potjie sal kry.”
Ons weet egter en weier maar net om te erken; sy horlosie het uitgeloop – die ou mank stappie en eelte het lankal verklap.

Ek het in ‘n vorige storie vertel van Tiekie.
Die kanker het hom opgevreet en hy het in my oë kom smeek vir verlossing en een dag later maar besluit om voor ‘n kar in die pad in te loop.

Kruis, plig, jou reg en jou moet . . .
Nie aan die hand ‘n vreemdeling, ‘n Veearts of iemand nie –

Ek
En net ek alleen . .
Dis my kruis en my werk-

Ek weet dit, en ek weet –
Bruce wil en weet ook . . .
Hoe swaar ook al.
Hoe verdomp swaar ook al.

2015/07/14



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ano
Kruis
So jammer hieroor :-(
4 jaar 10 maande 2 weke 2 dae 11 ure oud


***
Ek voel jou pyn, Willie.

Toe ek 'n kind was, het my pa se ou appelskimmel vryperd nog op die plaas rondgeloop -- genadebrood geëet, het hy altyd gesê -- nooit gery nie.

Toe ek een jaar van die skool af kom, was die ou perd weg.

'n Klompie jare later, terwyl ek in die veld stap met die .22 geweertjie, kom ek op 'n geraamte af -- met 'n koeëlgaatjie reg van voor in die skedel...

Sterkte, ou vriend.
4 jaar 10 maande 2 weke 4 dae 6 ure oud


Bruce
Swaarder as die hele aarde op Atlas se skouers!!!Ek voel tot binne in my klein toontjies se liddorings vir jou!!
4 jaar 10 maande 2 weke 4 dae 15 ure oud


kruis
Hoe tjank ek nou. Dis nie maklik om die besluit te neem, maar nes ons kan hulle naderhand nie meer die pyn verduur en is die besluit om tydelike met ewige te verwissel tog die beste.
4 jaar 10 maande 2 weke 6 dae 13 ure oud


My kruis
Corina,
Hoe dan anders ?

Is diere dan nie ook geskape nie ?
En
Die Hemel is GROOT en ge-orden

Daar is BAIE plek.
4 jaar 10 maande 2 weke 6 dae 14 ure oud


Ek glo . . .
ons honde gaan ook hemel toe . . .
4 jaar 10 maande 2 weke 6 dae 19 ure oud



WELDADE EN MISDADE

deur Piet Schoombie

Vier en twintig lekkerlees kortverhale en artikels oor 'n verskeidenheid onderwerpe en situasies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar