Gorrel

Titel: Toeval -
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek tender . . .

Weet julle wat?

Ek tender my lewe lank –
Tender vir moeilikheid.

Sy gaan nog eendag ‘n toeval, ‘n oorval, sommer ‘n neerslaat kry – dis wanneer sy dit ooit gaan waag om in hierdie krot van my in te stap.

Sy kom nooit hier nie want sy weet dat waar ek is, is moeilikheid die baas.

Chris kom vanoggend 09h00 hier ingestap:
“Willie, speel bietjie vir my . . . .” en net daar sluk hy sy woorde en sy wysvinger korrel –
“Wat is die . . .?” en hy wys na wat ek op die foto’s wys – die twee, twee lieters met drywende kumkwatte.
Ek ignoreer met ‘n teen vraag :
“Wat moet ek speel Chris?”

Sy kop bly draai in die rigting van die twee bottels van nuuskierigheid want ek is berug vir surprizes maar hy voltooi darem:
“Musiek Willem – mooi musiek. Ek het ‘n behoefte dus moet jy nou vir my mooi musiek speel . . . “

Ek het mooi musiek en ek het ook die speakers en ek seg:
“Chris, daar is jou lekker stoel, sit, maak toe jou oge en ontspan.”
En ek sit die speakers op loud en ek sit mooi musiek aan en ek vat die maat bekertjie en ek skink een doppie en ek sit dit in Chris se hand : “Sluk met een slag . . “
En Chris sluk, rill so effe en seg:
“Demmit! Wat is dit ?”
“Liquid sweets Chris – liquid sweets – nog enetjie ?”

Drie proegsels later word Chris se hare deurmekaar en die musiek smelt saam en ek voel self dat my hare effe begint krul en ek besluit om een beter te gaan en vat twee glase en skink so ‘n twee-vinger-een in elke glas en toe Chris aanvat sien en hoor ek aan sy stem dat die musiek nou begint werk en ek sit vir hom Maurice Ravel se Bolero, die vol Orkes, op die speakers.
Dit is nou hoorbare musiek en Chris se foon lui en hy vat-vat-vat aan sy foon en dit gly uit sy hand en ek besluit:
“Kom Chris – “ en ek vat hom aan die arm en sukkel-sukkel saam na die voorkamer se banke toe en hy slaat neer.

Ek handhaaf myself, loop tel sy foon op en sms vir Rita:
“Jammer Nooi, Chris is op die Router en dit raas; hy vertoef bietjie by my”

Ek het nog ‘n stukkie sonde-uitveër oor en sal vanaand met Stilte Tyd vra vir nog ‘n issue maar toe gaan slaat ek ook eers om.

15h30 vanmiddag kom ons by . Ek moet om 16h00 vir Anita gaan haal en Chris moet vir Rita gaan face

Anita se kyk en body language het gewys sy hou haar toeval in toom.
Ek sal oor ‘n paar dae hoor hoe het Rita se toeval verloop.

2015/07/29



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Toeval
Dit klink dit skep net soveel spoke as wat dit moet verjaag. Ek het sommer kopseer.
3 jaar 9 maande 3 weke 6 dae 18 ure oud


Toeval
Kiekies
Jip, jy het dit pas 'n wetlike naam gegee

Kumkwat Nola lekeur.
3 jaar 9 maande 3 weke 6 dae 18 ure oud


Toeval
Oeee eheh!!
Ek val ook eendag daar by jou in vir bietjie van daai musiek wat mens so laat omval.
Die foto...Nola wyn?
3 jaar 9 maande 3 weke 6 dae 19 ure oud


Toeval
hehehe .. kostelik!
3 jaar 9 maande 3 weke 6 dae 23 ure oud


***
Weer op jou stukke, Wolffmann! 9 tot halfvier? Stukkend, man, stukkend!
3 jaar 9 maande 4 weke 1 uur oud


Omslaat
. . . sowaar in NOLA Mayonnaise bottels! Ja-nee, jy tender broer, jy tender.
3 jaar 9 maande 4 weke 8 ure oud


toeval/julle val
Aitsa dit klink lekker daar by julle. Kyk so bietjie vir my uit vir n lee huis, haha oee hehe oom Willie jys stout. Ek hoop ons kry n opvolg, sal graag van Chris se verskoning aan Rita wil hoor. Oe haha,eh,ehhh
3 jaar 9 maande 4 weke 16 ure oud



VuurWerke

deur die Posman

n versameling liefdes gedigte wat die stormagtige verhouding tussen man en vrou uit beeld, en ander gedigte.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar