Gorrel

Titel: Haai
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dis Saterdag middag – ek is op wag en moet nog vier ure wag –
Wag vir die bus . . .
Dit is nou 17h00 en my slaaptyd is optrent en ongeveer 20h00 en ek sal nou nie verder sanik nie maar liewers vertel terwyl ek nou so deur my slaaptyd vir die bus moet sit en wag waar Anita en Marlene sal afklim en waar ek hulle moet gaan optel om huis toe te bring.

Die ding kom van geslag na geslag – die ding van al die manne in die geslagte.
{Ek wonder of my ma se woorde nie ontspring uit hierdie dinge nie – dis haar woorde: ‘n Man is duiwel - net die duiwel het ‘n stert!”}

My oupa het opstaantyd reg agteroor op die bed geslaan –
Morsdood vrek.
Van kwaad geit.
Dis toe hy sy hand onner die bed insteek om sy skoene raak te vat, toe is die skoene nie waar sy hand vat nie –
Toe vererg hy hom tot hart stilstand

My pa – Die oorlog breek uit en hy hol –
Nee -
Hy vat saam en hulle hol . . .
Jannie Smuts Join die Ingelse met die tweede Wêreld oorlog en hy roep op:
“Almal julle Sappe, kom join solat ons die Duitsers kan gaan opdonner!”

En my pa gryp twee boeties en ‘n minderjarige een wat hulle op die skip weggesteek het en hy los my ma met vier kinders en een in die pens aan’t komme en hulle gaat saam met Jannie Smuts op die boot oor die water.

My moeder, om as vrou en moeder hier in die hongersnoodland te bly en met niks in die huis nie en vier en ‘n halwe kind om te voed en groot te kry, was nie swaar nie –
Wat swaar was, was die briewe.
Briewe wat vertel van:
“Ons het ‘n gat gekry, met sinkplate toegemaak en binnekant is ‘n hele orkes musiek instrumente en ons hou elke nag groot paartie en die Ity girls kom join ons elke aand – “
Dit was uit Italië.
Dit is waar hulle Benito Mussolini van Italië gaan skep het, hom kaal uitgetrek het en aan ‘n boom onderstebo opgehang het . . .

Om te hoor van hierdie paarties in haar swaarkry tyd het my moeder kwaad gemaak met ‘n kwaad wat haar lewenslank bygebly het.

Ek het nie sulke twak aangejaag nie; ek het net gewerk –
Ek het dae lank en nagte lank gewerk en vir lang tye nie huis toe gekom nie –
Soms wel op die see uitgegaan in ons Boot, Jaguar die vis stroller tot sowat 200 kilometer die see in tot by die banke en daar langs daai reuse vissers bote gelê en visvang . . . .
Dit is al wat julle mag weet . . .

Tot standerd ses – toe Boeta moet Hoërskool toe gaan en wie hom geleer het wis ek nie dis net die tannie wat die bus gedryf het ; die bus wat die plotte se kinders oplaai skool toe en terug –
Ek kry haar eendag in die kafee en sy reken vir my ek het skuld wat ek vir haar moet betaal –
“Watse skuld ?”
“Daai seunskind van jou se bus geld . . .”
“Ek weet nie van skuld nie; ek weet net dat hulle kry elke maand hulle geld om jou te betaal vir die maand se bus ry”

Die ou tannie issie kwaad nie, sy draai net om en loop weg en verseker:
“Wel, ek vertel jou, boeta betaal nie busgeld nie . . .”
Toe ek hom in ‘n blik druk toe verweer hy:
“Pa hoef haar nie te betaal nie – ek het haar vertel ek leen net die geld ek sal wel eendag terug betaal . . .”
Dit het nooit gebeur nie.

Sien wat my storie is – hierdie roekeloos wat in die bloedlyn se manne is en wat net nie wil verby gaan nie.

Dit is waarop ek nou so moet sit en wag.-
Die skole rugby en Inus en hulle speel vandag in Tzaneen in die Beeld koerant se trofee reeks en hulle hou nie op om te wen nie.
Ben Vorster in Tzaneen is onaantasbaar. Hulle ry ook nêrens agter ‘n game aan nie en hulle reken:
“Jong, as julle teen ons wil speel, kom doen dit hier – hier sal ons julle so opvoeter dat julle julle se ma’s vir eendvoëls aansien”

Toe –
10h00 op Vrydag klim Anita en Marlene saam met die meeste ouers en hulle mans in die spesiaal gehuurde bus en hulle ry agter die rugbyseuns se bus aan na Tzaneen sodat Ben Vorster vir hulle mooi pak kan gee.
Marlene, as enkel ouer, vertrou maar op Anita se bystand en hulp met al Inus se “geliefde” pligte en ek het ook gesien dat Anita pak in genoeg pakkies pleister en bandage en salf en tot naald en garing vir steke.

Dit was effe snaaks – Inus se gesig en sy oë –
Donderdagaand was 40 days vir die matrieks maar die rugby span is geblok – Niks nie vry en niks jol nie – ons hou koppe vergadering vir Saterdag se rugby.
Na die koppevergadering kom haal Inus sy goete by ons vir ‘n vroegaand in die bed en ek vat sy hand en my kop is leeg -.
“Inus, ek weet nie wat om vir jou te sê nie – ek het nie woorde op hierdie pad ter slagting wat julle gaan nie . . “

Yster blits uit sy oë –
“Oupa, wees rustig – ons gaan hulle net gou op donner!”

Vrydagaand was ekstra leeg in my hart maar ek voel ‘n gerustheid in my gemoed.
Almal het veilig aangekom en die ouers hou braaivleis by die Gaste huis.

Saterdag maak ek ‘n potjie sop en stres deur die tuin.
Die appelkose stoot bloeisels en ek trek die tuinslang van boom tot boom.
Ek skud kop vir myself want verlede jaar het ek meer as ‘n ton appelkose weggery.

Ek trek weer tuinslang en ek stil –
Ek sien vir die eerste keer in jare –
Hier vlak neffens op die gras ‘n bruin rooivlerk sprinkaan.

Kleintyd se herinnering spring op.
Hierdie sprinkane was volop en ons het bakhand agter hulle aangehol in die veld>
Dan, met genoeg in die blikkie gevang, loop sit ons op die klippe en maak ‘n flou vuurtjie met ‘n blikplaat op.
Die sprinkane word een-een gevat – trek af die kop en alles binnekant kom saam –
Trek af die vlerke en breek af die skop bene en sit op die plaat wat nou mooi warm is en roer-roer met ‘n stokkie heen en weer alkant om te braai.
Dis ook lekker om die skop-been se sening te trek en dan skop die hakerige onderbeen so uit
En dan is die lyf mooi bruin gebak op die plaat en eet ons die krakerige lekkerte met smaak . . .

Dit was Anita se sms wat my terug roep Aarde toe:
“Ons het hulle gewen 21-10 maar jy moet bietjie wag vir die bus – ons hou al die pad paartie !”

Ek glo op Tzaneen is iemand wat hier sal lees.
Ons is bewus dat die Ref teen ons was. Inus is nie juis ‘n aktiewe hande mens nie –
{Hier aard hy nie na sy oupa met sy humeur nie }
Maar as dit nie anders kan nie sal hy ‘n voor-op-die-wa, ongepoetste teenstander ‘n vaderlike klap gee.
Daarom het Inus ‘n Geelkaart gekry . .
Maar, hoe laaik jy daai drie wat hy gaan druk het nadat hy afgekoel het ?

Sondag se Rapport en Maandag se Beeld mag dalk iets sê . . .

Maar –
Ons sit met hande in die hare . . .
Hoe gaan ons Inus deur Matriek kry ?
Die verbete hulp kom van alle kante – tot die skoolhoof maak seker Inus se skooltake word ingehandig !

Ek weet Inus sal graad kry eendag; ek weet hy sal Universiteit toe gaan – hy sal gaan
Hy word op die terrein toegelaat . . .
Want
Hy speel dan rugby vir hulle !

2015/08/15



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Rugby
Welgedaan Inus en die hele span en al die ondersteuners ook! 'n Spanpoging deur en deur!
4 jaar 1 maand 4 weke 13 ure oud


Haai
Lekker gelees Willie.. en ja ons bid Inus gaan sommer nog lank rugby speel
4 jaar 1 maand 4 weke 20 ure oud


***
Lekker gelees, dankie Willie.

Ja-nee, ou Inus gaan meer geld maak as die meeste ouens met 'papiere'...
4 jaar 1 maand 4 weke 1 dag 14 ure oud



Van liefde en so ...

deur Robelle

Verse oor liefde in blom, in krisis, verlore ... verwerkte grappies in digvorm



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar