Gorrel

Titel: SPOOK
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Toemaar, julle kan ontspan, of eintlik ook nie. Dis nie Linda se spook wat pla nie.
Wees gewaarsku. Hier gaan binnekort 'n Riller van alle Rillers verskyn.
Ans het my uitgedaag om 'n riller saam met haar aan te pak en te skryf. So het ons aan die werk gespring. Ans het begin, vir my gestuur, en ek het aangelas. So het die e-posse tussen ons oortyd gewerk. Aanpassings en verstellings is gedoen. Misverstande was daar baie. Op 'n stadium was ek so meegevoer dat daar skielik 'n derde persoon in manlike vorm verskyn het, en die hele storie gaan oor twee vroulike wesens.
Soms het Ans my so behoorlik in 'n hoek geskryf dat ek net kon dink hoe ek die hoofkarakter ooit daar gaan uit kry nie. Soms het ek haar kop behoorlik laat uithaak. So het ons kort, lang verhaal, of as jy dan wil, ons lang kort verhaal begin by die geraamte, wat so stadig maar seker vleis en later ook vet aangekry tot ons eindelik die hele liggaam kon bou.
Wat 'n ondervinding was dit vir my! Ek wat minder van dig of skryf weet as 'n kat van saffraan.
Ek gaan niks verklap nie. Ons hele poging is om julle, ja jy wat nou hier lees, aan te moedig om ook op Forum in te klok. Eers was ons geweldig besig daar maar stadig maar seker het die spoke almal verdryf tot ons deesdae basies ner 3 is wat nog daar gesels. ASSEBLIEF, help ons om daardie spoke te verdryf.
FORUM is so 'n lekker plek waar ons oor alles en wat sommer net gesels. Daar is foto's, resepte, Christelike onderwerpe en wat nog alles. Te veel om op te noem. Elkeen gee sy mening. Ons verskil soms van mekaar, baklei soms lekker, maar word nooit werklik kwaad nie. Elkeen is mos geregtig op sy eie mening.
ASSEBLIEF kom loer in en begin saam gesels.
Laaste maar defnitief nie die minste nie. GROOT DANKIE Ans vir jou uitdaging en voortdurende aansporing as ek wou tou opgooi. Ek het geweldig baie geleer uit hierdie poging en ek sien werklik uit om wwer iets saam met jou aan te pak. Jy het my soms teen die mure uit gedryf. Soms wou ek jou "delete" en net uit my lewe kry. Dankie dat jy nie moed opgegee het nie. Of ek regtig 'n kort verhaal op my eie sal aandurf weet ek nog nie, maar ek sien kans vir nog 'n poging saam met jou Juf. Rottermeier!! Dankie Ans. Lief en waardeer jou.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

SPOOK
By wie het die spook sy draai nou staan en maak.

4 jaar 1 maand 3 weke 6 dae 12 ure oud


Spook
Dankie Jan. Dit is werklik 'n voorreg om saam met jou te werk. Julle sal maar moet wag tot more om die verhaal te lees. Maar ek het net weer bewys, al hoewel die verhaal dalk nie heeltemal op standaard is nie, kan Jan skryf. Hy moet net oefen. En ek gaan hom van nou af aan die oefen hou tot hy vir julle sy eie kortverhaal gaan skryf.
4 jaar 1 maand 3 weke 6 dae 23 ure oud


Spook
Nou is ek lekker nuuskierig!
4 jaar 1 maand 3 weke 6 dae 23 ure oud


:D
het julle die spook skoon weggespook met julle spokery?
4 jaar 1 maand 4 weke 1 uur oud


Spook
pns al;mal wag in spanning vir julle 2 se verhaal!!!
4 jaar 1 maand 4 weke 5 ure oud


riller
Ek wag in spanning
4 jaar 1 maand 4 weke 13 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die Skree van Stilte

deur Alex Fan Moniz

37 spesifieke gedigte gekies uit ‘n versameling van oor 300 wat ek oor die afgelope 25 jare gedig het, wat ek graag met julle wil meedeel, daar is ook ‘n paar nuwe gedigte spesiaal vir die bundle gepen.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar