Gorrel

Titel: Verval
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Lees gerus indien jy die maag het.

Die eerste twee kinders het vanself groot geword.
Sy was die strydros wat hulle na die kleuterskool toe moes vat – later skool toe – sawens moes help met huiswerk en ek het uitgereik en ‘n lewe en toekoms vir ons probeer oop skrop.

Later het ons na die Plot verhuis en vandaar het ‘n bus die kinders se vervoer geword.
Sport en na-skool bedrywighede was uit – groente en vrugte is geplant en op Saterdae gepakkies en aan oue tehuise en op straat verkoop.
Melk is in kanne deur die room lorrie opgetel en . . .
Ag, dinge was net anderster.

‘n Dekade en ‘n half later, sit ons twee teen ‘n muur in die oggendsonnetjie en kwepers skil vir inlê, konfyt en jellie vir die bottels toe sy vir my skuinsweg inlig:
“Jy is lief vir kinders – naweke kuier hier hope - dus, indien jy nog een wil hê . . .”

Hierdie laaste een het ek groot gemaak. Dit het net so gebeur dat ek meer tyd gehad het en ons kon ook saam met die kind by skole sport betrokke raak.

Dit is nou dertig jaar of wat later en die vet is in die vuur.
Daar is ‘n kleinseun wat presteer en om in vandag se lewe en tyd te presteer verg meer as net saam wees en jonk word.

Maar –
Alles is nie Maneskyn en Rose nie –
Op skoolvlak al kos alles verskriklik baie geld en die kompetisie is soms onbillik met baie gekroek en onderling word daar ook deur individue geld gemaak uit leerders se ideale en dit alles verg deursetting om deelnemend te bly.
Gelukkig geld een ongeskrewe reël altoos.
‘Daar is ‘n Boete vir elke oortreding’

Op grond van hierdie ongeskrewe reël, verloor van die skole soms die stryd en betaal dus die boete; bloot omdat te veel gekroek is . . .

Die avontuurlik is dus ook om saam met die leerders te reis vir kompetisies en dan sien my oge ook nog.
Daar is skole wat wragtig sorgsaam is – so sorgsaam dat na die byeenkoms, kyk ons almal onbewustelik rond en tel op en wil selfs jou voetspore uitwis om die plek te verlaat in dieselfde toestand as waarin ons dit gekry het.

Kompetisie word ‘n driehoek wat oploop na ‘n punt – die punt waar net twee oorbly – die twee finale wenners wat die eindstryd moet uitveg.

In hierdie eindstryd is natuurlik net die beste van die bestes en ons bevind ons op die terrein van Rugby.

Indien ek kon kies sou ek ‘n ander sport gekies het want kleinseun is ewe goed in enige sport maar Rugby is sy keuse en ons volstaan.

.........................................
Die jaar van ongeveer 1886 word Goud aan die Rand ontdek en ‘n geroesemoes vind plaas.
Delwers, fortuinsoekers, idealiste en grawers kom vanuit alle nasies en oor die hele Aardbol ingestroom.

In die middel van Johannesburg staan ‘n idealis met sy strikdassie, raampiesbril en boeksak in die hand bo-op ‘n koppie en aanskou hierdie konsternasie van mense en hulle se dinge doer onder.

Die man staan en hy kyk Oos en hy kyk Wes en hy kyk Noord en hy swaai sy kyk na Suid en dit is net mense en waens en gehuggies en roet en rook en kinnertjies wat hol.

Die man se passie is kinders en hy sien vooruit; al hierdie duisende mans wat so jaag en woel en werk, hulle ontwikkel nie net sterk en stywe arm, been en rugspiere nie . . .
Nee, die kindertjies gaan ook meer word en hier moet ‘n skool kom!

Die man besluit – hierdie koppie is net die plek vir hierdie skool hier bo, weg van daai vuil en rokerige lug en besoedeling daar onder en die kalender blaai na die jaar 1921 en die skool word gebou.
Twee en sewentig jaar later groei die skool na ‘n eksklusiewe duur privateskool - maar dit groei nie horisontaal nie want ‘n koppie bly net ‘n koppie en die skool groei hoger en op en hoger en op en . . .


Dit is sowat vier-en-negentig jaar, na stigting, later.
Ek staan eenkant en ek swaai my kyk verder die koppie op en ek sien hoe die skool die hoogte uit gegroei het en homself vas gegroei het.
En
Soos die dag vorder, beweeg ek en sien ek . . .
Iewers het iets tot stilstand gekom.
Ek sien dat, soos in hierdie Nuwe Suid Afrika, verander alles na Afrika –
Donker Afrika is aan’t komme en die swak en fatalistiese sisteem bevorder hierdie agteruitgang.

Dit is die finaal in hierdie kompetisie – die groot finaal en in hierdie kategorie is hierdie skool die halfeind wenner en moet hierdie skool uitspeel vir die eerste plek.
Nooit as te nimmer sal ek kinders inbring nie.
Kinders staan buite die sisteem en enige kommentaar en kritiek.
Hierdie eindstryd is pragtig georganiseer en die reëlings en gebeurtenissie vind vlot en gedissiplineerd plaas.

Ander skole het geriewe, het fasiliteite en het orde.
Hier het iets sistematies verkeerd geloop.

Baie, vreeslik baie mense daag op maar ek sien nie eers ‘n snoepie nie. By ander skole vergelyk die eetplek en snoepie met ‘n mini Spar.
Hier is enkele braaiers en manne wat ywerig braai en “hot dogs” maak.
Iemand wat koeldranke verkoop en buitekant die heining oorverdowe roomys karretjies se klokkies die lugruim en –
Daar is geen vullisblik of houer te siene nie.
En
Op ‘n kol en hand-oor-hand ‘n massiewe skinkbord met (aantreklike) toebroodjies deur die skare en elke een kaalhand raap weg en sommige plaas ‘n lywige donasie op die bord .
En
Later verskyn ‘n bak met pannekoeke en dit word net so per kaalhand uitgedeel ( teen ‘n donasie )
En
(Veral) die vrouens se gesigte word suur . . .

Die roemer loop sissend deur die geskokte skare –
Die riool loop bo-oor die bakke en ‘n bediende voer ‘n verlore stryd met ‘n veeg ding om die strome riool te opsy . . .

En ek sien –
Ons is bo-op ‘n koppie hoog bokant die geboue en verkeer -
Neffens buite steur die braaiers hulle aan niks en ‘n persoon gly op ‘n gevalde pannekoek op die staal trappies en ek weet –
Die skool kannie teen die sisteem wen nie

Kannie bestaan eintlik nie –

Daar is egter een kannie:
Jy kannie op jou hakke skyt nie – dan gaan jy mos van skuins omval!
Maar –
Kan en gaan bestaan wel:

Die mens gaan homself beslis nog toe skyt-
Weens verval.

Ek wens jou toe ‘n mooi en skoon skyt week!

2015/08/23.

Napraat.
(Vir jou wat graag wil weet)
Ons het met drie punte verloor.
Die laaste skop sou – indien dit oor was - ons laat wen het.
Kleinseun het egter iets heelwat groter gewen.
Hy het die sien vorentoe gewen.








Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

verval
Dankie vir die deel Sneeuwolf, ja nee kyk niks is meer soos dit was nie. My dae was 'n snoepie ook deel van die byeenkoms met lekker jaffels en pannekoek, vetkoek en dies meer.
3 jaar 11 maande 1 dag 10 ure oud



ROEPSTEM

deur Charmain*

Charmain Potgieter besit die vermoë om ʼn leser gevange te neem in haar beeldryke digkuns. Haar woorde vorm en vloei gemaklik in mens se gedagtes met ʼn belofte om te bly. By die lees van haar gedigte staan ek telkens opnuut verwonderd oor haar wonderlike gawe wat sy met soveel passie oordra. Haar werk is in diepte verrykend en laat altyd stof tot nadenke en iets kosbaar om te bêre in die hart. Ek kan haar bundel met die grootste vrymoedigheid voor elkeen met ʼn liefde en koestering vir digkuns kom neersit. Karen van der Merwe



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar