Gorrel

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Musiek speel in die agtergrond …. “Aan die einde van die reënboog

Waar’s die son van jou lag
Waar’s die blink van jou oë
Waar is die jy, waarin ek kon glo
Waar’s die pols van jou hart
En die gee van jou hand
Waar het ek jou verloor

Aan die einde van die reënboog
Reggekleë in geel en blou
Vol geheime is sy goudpot
Met waarheid oor my en oor jou
Aan die einde van die reënboog
Reggeklee in geel en blou
Vol geheime is sy goudpot
Met waarheid oor my en oor jou

Waar’s die fors van jou staan
Waar’s die knik van jou ja
Waar is die droom wat vergete waak
Hoe verstaan mens alleen
Al die seer, die vervreem
Waar het ek jou verloor

Aan die einde van die reënboog
Reggekleë in geel en blou
Vol geheime is sy goudpot
Met waarheid oor my en oor jou
Aan die einde van die reënboog
Reggekleë in geel en blou
Vol geheime is sy goudpot
Met waarheid oor my en oor jou”


Wie sou kon dink dat ek 20 jaar later myself al hierdie vrae sou vra?

As ek nou sit en terug dink voel dit of ek my visie en doel vir die lewe verloor het. Elke dag voel soos ‘n doellose gejaag na die wind.

Soms begewe ek my in ‘n verspotte gesprek met vriende en kollegas, maar diep binne my voel dit asof my siel nie tot ruste kom nie. Dit eggo ‘n radarsein uit in die vreemdes in en wag tevergeefs op ‘n terugbons van die sein wat laat weet dat jy daar is.

Met die tyd het die kwaliteit van daardie sein heelwat vervaag en dit voel soms asof ek ‘n briefie in ‘n bottel gegooi het met die hoop dat die wind en weer dit nie sal tot niet maak nie.

Ja, dit klink omtrent reg, want my hart voel asof dit deur helse storms gegaan het die laaste 20 jaar en ek smeek om ‘n storm stilte dat ek opnuut net weer die mooi in die lewe kan sien en beleef vir dit wat dit is.

My lewe het so ‘n ommeswaai gemaak in die laaste 20 jaar…. 20 jaar gelede was ek ‘n skaam jong meisie wat naarstigteik gesoek het vir liefde en aanvaarding in my helder rooi swembroek, en nog baie oningelig in die wêreldse dinge. Ek het intussen geleer om deur my skrywes (hoe privaat dit ookal mag wees) my mond oop te maak en my gedagtes te laat gaan oor dit wat my pla.

Ek wens ek kon presies sê wat dit is wat ek mis in my lewe, want soms voel dit asof my hele lewe my verbygaan sonder dat ek besef.

My hart roep desperaat uit na jou … wie ookal jy dalk mag wees. Maak jou verskyning in my lewe en hou op om soos ‘n lafaard weg te kruip, want ek weet jy is nie ‘n lafaard nie.

Jy is die een na wie ek uitsien om die dag mee te begin en eindig.
Jy is die een saam met wie ek soms net sommer myself kan wees.
Jy is die een wat, sonder dat ek iets hoef te sê sommer net WEET dat ek ‘n drukkie nodig het vir bemoediging.
Jy is die een wat nie bang is om te sê hoe jy voel nie, al is jy self nie seker nie.
Jy is die een wat, ten spyte van al my foute my nogsteeds kan liefhê en ondersteun.
Jy is die een saam met wie ek my toekoms verder wil bou.
Jy is die een wie ek as ‘n voorbeeld vir my kinders kan voorhou en trots kan sê “EK IS LIEF VIR JOU”

My hart is stukkend

Kom tog gou ….



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Jy
Ai man...ek bid dat 'wie-ook-al' sal opdaag! Of dalk is dit nodig om vrede en vreugde sonder 'n 'wie-ook-al' te vind. Dan bid ek dat jy sal kan!
5 jaar 2 maande 4 weke 1 dag 23 ure oud



Van ons ander lede

KIEKIES

deur Kiekies

'n Potpourri van aardse en menslike insidente, wat wissel van skreeusnaakse humor tot hartroerende tragedie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar