Gorrel

Titel: Linda????
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Deur die slaap sit ek regop in my bed. Wat is dit? Wat het my wakker gemaak??
Dan hoor ek dit.Kling, kling, kling soos 'n ysterwielietjie wat rol. Eers saggies en dan al harder en harder kom dit vanuit die verste hoek van die huis in die plafon aangerol. Al harder en harder tot reg bokant my kop. Meteens is alles doodstil.Ghwarrr val iets donderend in die plafon.
Woedend gryp ek 'n skoen en gooi dit met geweld teen die plafon. Blerrie rotte wat so lawaai in die dak. Die slag wat ek gehoor het was seker 'n kat wat wou kom feesmaal hou onder die rotte.Ek sal maar rottegif in die dak moet sit.
Die res van die week hoor ek niks weer nie. Dalk het die kat die spul rotte so goed skrik gemaak dat hulle maar hul tassies gepak en getrek het.
Vanaand is ek lus vir lekker harde marsmusiek terwyl ek iets te ete aanmekaar slaan. Haal my plaat uit die kas en gaan na Linda se kamer waar 'n platespeler is. Gelukkig het sy oral in die huis luidsprekers en kan ek in die kombuis luister. Plaas die plaat op die draaitafel en skakel aan. Donderend hardloop duisende voete skielik in die plafon hier reg bo my kop. Kling, kling, kling word die wielietjie gerol. Die vergalste rotte is wragtag terug! Meteens is die platespeler morsdood. Seker 'n kortstondige kragonderbreking. Dit gebeur dikwels hier. Skakel weer aan. Donderend hardloop duisende voetjies weer in die dak.Skakel af. Doodstil in die dak.
'n Rilling gaan deur my lyf en skielik kry ek ysig koud. Ek gryp my plaat en met 'n spoed is ek uit die kamer. Ruk die deur agter my toe en sluit dit ook sommer. ie lig moet maar vannag daar bly brand.
Die res van die week oor ek geen geluid in die dak nie. Vanoggend kry ek 'n halwe beker yskoue koffie in die eetkamer. Het ek dit gisteraand daar vergeet? Aikona, dis nie my spesiale beker waaruit ek altyd drink nie, en ek sit nooit in die eetkamer nie. Waar kom die sigaretstompie in die asbak vandaan? Ek gebruik net die asbakkie in die studeerkamer as ek daar op my laptop werk.
Ek is regtig nie bang nie, maar hoekom kry ek soms daardie gevoel dat ek nie alleen in die huis is nie en hoor soms iets wat saggies in die sitkamer val???
Linda??? Maar hoekom? Ek kyk dan so goed na haar huis, plante en tuin.
As dit wel sy is gaan dinge voretoe interessant word. Schalk, haar oorlede man se as is hier voor in die tuin, onder die groot akkerboom gestrooi.
Julle onthou vir Bella?? Wel, sy trek oral saam met Gerrit, die outjie by wie ek eers gebly het. Hy trek oor die naweek hier in my woonstelletjie in. Sekerlik gaan Bella saamkom.
Dink net watter sports gaan ons hier he met Schalk, Linda en Bella!!!
Ek is regtig nie bang nie, maar laat maar snags 'n lig of twee in die huis brand. Ek hou ook net vir die wis en onwis 'n klaar gepakte tassie gereed sodat ek net kan gryp en hardloop as dinge dalk te woes raak vorentoe.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Spook
En daar skryf jy wragtie jou spookstorie sonder my. Geluk. Jy het dit nogals angswekkend en goed gedoen. Moet nooit weer se "nooit" nie Jan!!
4 jaar 3 maande 5 dae 19 ure oud


????
Ek sou al my tassie saam met die rotte gepak het en saam met hulle gewi het. Ek bly sowaar eerder saam met rotte as 'n rokende, koffiedrinkende gees!!
4 jaar 3 maande 5 dae 22 ure oud


Ano
Linda :-)
Ai Jan, hoe lekker giggel ek dan nou! Daar gaan verseker 'n spokerasie in die omgewing wees. Een wat sleutels ronddra, een wat nagkleertjies dra en die ander se spesiale geit kon ek nog nie agterkom nie :-D
Jy sal maar vir hulle koekies en melk moet los. Is dit nou vir die spoke of rotte....?
4 jaar 3 maande 6 dae 19 ure oud


Linda
Van die dae kan jy jou storie op 170 vertel..." MY haunted house" Ha ha!
4 jaar 3 maande 6 dae 20 ure oud


Linda
Jan maak maats met hulle

Hulle honger na geselskap meer as jy want almal hol weg vir hulle

Vra my

Ek woon in 'n Spookhuis!
4 jaar 3 maande 1 week 11 ure oud


Linda
Hiert jou skrikmaker! Nee o donner ou Jan, ek dink jy moet trek jong! Daai wielietjie in die ceiling klink vir my na moeilikheid! Brrrrr!!!
4 jaar 3 maande 1 week 1 dag 14 ure oud


linda
jan ek is waaragti bly ek is nie daar nie. twee spoke is erg eish
4 jaar 3 maande 1 week 1 dag 15 ure oud


Spook
Nou wat se wielietjie sal sy so klingel . . .?
4 jaar 3 maande 1 week 1 dag 16 ure oud


Linda????
Aish, net daai deng wat sy lyk soos spook ek wil hom klaar hoor!
4 jaar 3 maande 1 week 1 dag 18 ure oud


Linda???
hehe...Jan ek dink die alleen wees begin jou vang!!! Jaag vir Linda, Schalk en Bella terug graf toe waar hulle hoort!!!
4 jaar 3 maande 1 week 1 dag 20 ure oud


linda
Dinge raak nou interessant daar by jou, Jan. Sjoe :-)
4 jaar 3 maande 1 week 1 dag 21 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

DIE WIEL DRAAI

deur neels claasen

Die skrywer se vierde spoorwegroman uit die stoomera uit waarin hierdie dae weer herleef word



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar