Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Op hierdie jare kla ons nie meer nie – ons noem dit net en vra soms ook mooi, baie mooi :
“Willie sal jy asseblief die rek kouse weer was . . .?”

Dit is haar linker onderbeen. Die been se ritme word intenser – so ‘n rooi swel en dan die pyn van binne . . .
Ons ken van ‘n “klein dreigende” trombose en ek was die twee rek kouse en bring vir haar ‘n paar nuwes en ek praat nie twee kere nie:
“Vandag – nou, net na agt, vat ek jou nie werk toe nie maar jy bel vir Alphonso.”

Sy het gebel en dadelik ‘n afspraak gekry en Dokter Alphonso is net soos ek en hy praat ook net een keer:
“Gebruik hierdie pille soos ek geskryf het . .!
Gaan huis toe en vir sewe dae lê jy op die bed – op die naat van jou rug!”
{ Ek dink hy bedoel dit maar hy noem dit nie - “ net, net jou boude mag jy maar wikkel . . . !”}

Op ‘n manier is ek verwytend teenoor Alphonso. Ek het reg om te reken ons is maatjies want na vyftig jaar is dit mos nie meer Dokter en Pasiënt nie . . .

My verwyt:
Hoekom het hy nie veertig jaar gelede sulke bevele aan die vrou gegee nie ? Dit sou mos die lewe vir my baie makliker gemaak het . . . ?
Ek meen – Ek kom tienuur die oggend tuis en vind vir mammie op die naat van haar rug innie bed
Ek kom twaalfuur vir ‘n snack en vind vir mammie innie bed op die naat van haar rug.
Ek kom sesuur laataand by die huis, spring vir die yskas en ‘n koue bier en -
Ek vind mammie in die bed op die naat van haar rug . . .!

Onthou – ek praat van veertig jaar gelede . . .
Hel, was ‘n man nie vurig en jukkerig nie !

Maar op hierdie jare werk die dinge van die jeug nie meer met die lyf nie – wel deeglik in die kop en teen vandag (Vrydag) voel sy beter en ons twee gaan loop die strate.
By Vrugte en Groente – om haar lus vir ʼn vruggie te stil, draai die bakkie vanself in en ek slaat die brieke van die waentjie wat ek stoot vas want my oge sien die winskoop:
R26.99 – koop een en vat twee . . .
Ek sien dit is pakke van vyf kilogram heerlike vars beet en ek vat twee.

Ek sien ook ietsie anders – ek sien altyd baie dinge raak –
Ek sien die twee vrouens maar daar is nie juis ‘n ouderdom verskil nie , maar ek sien hulle jeugdigheid raak en ek stamp aan Anita en wys :
“Die vrou met die blou rok is getroud . . .”
Anita was besig om tussen die appels te snuffel en vries en kyk en kyk weer en sy kyk vir my met ‘n vraag tussen haar oë –
Ek bevestig: Sy is getroud – “ kyk sy vat daai piesang soos ‘n besemstok vas – die een met die rooi rok is ongetroud – sy hou die piesang liggies met duim en voor vinger en die trek op haar gesig is vieserig!”

Ek weet. Ek weet altyd want hulle vra dan gereeld “hoe het pa geweet?”
Ek weet ek gaan in Annerland in die bessie bome tuin werk en water lei en vroegmiddag in die kombuis die groente skil vir die Engeltjies.
Ek hou van bome natlei en ek hou van groente werk en ek sit onder die veranda en met die groot gasbottel en reuse pot, kook ek beet.
Ek is ook vele-takig – ek kan baie dinge gelyk doen en juis kyk my oog na Bella. Bella pas die voorhuis hierdie week op en Bella se kyk is anders –

Bella kyk skeefkop op na die skadunet bokant die gasbottel met die takkie-nes van die bosduiwe en my hart spring tot binne in my keel van benoud en ek vlieg op en my sien laat my bloedig vererg vir die Bella hond :
“ Kry jy nie kos nie !”

Ek het vir julle gewys van die twee baba duifies op Anita se skadunet en nou sien my oog net een duifie.

Ek het die beet gaar gekook, die skille verwyder, dit in kwarte gesny sodat sy maklik daarmee kan werk om dit in die masjien te rasper en gedurig hou ek vir Bella dop want ek weet, die mamma duif kom netnou – so teen skemer – om te voer.

Anita werk soos ‘n masjien om die hoop beet te bottel. Met een draai van die moeders-arms, draai sy ‘n prop so vas dat die losdraai eendag ‘n probleem sal wees vir die sterkste man en terwyl sy so vasdraai en ek sit op my stoel en kyk, nies ek van die peper wat sy in die kruiemengsel sit en die sterk wat nog in die lug hang en sy is kalm:
“Alphons vertel vir my een wat ek vir jou moet kom vertel; die een van die vrou wat ingekom het met ‘ n klagte; die vrou kla dat wanneer sy nies moet sy van pantie verwissel want die geniessery maak dat sy ‘n orgasme kry.
Ek vra haar toe of sy iets gebruik?
Ja Dokter – rooi peper!”

Ek had nie lus vir grappies nie want my hart is buite by die enigste duifie en ek spring op.
Net betyds aanskou ek die vreeslikste voorspel tot ‘n drama:
Die klein duifie het met die vlerkgeklap van die voer proses, op die skuinste van die afdakkie beland en die net is glad en die duifie kannie terug klim nie en ek weet dit is hoe Belle sy duif kry – wanneer die gly afwaarts grond toe gaan gebeur dit en Bella gryp sommer in die lug en mis nooit en ek verwilder vir Bella druipstert terug na haar slaapkas.

Anita verpes die duiwe. Die dakverf en die geute en die skadunet versierings – alles ly onder die duiwe en ek noem dit net:
“Die oorblywende kleintjie se aandskemer sal binne oomblikke aanbreek – hy gaan van die skadunet afgly . . .”

Die verstil van ‘n vrou
Die stadige neersit van die skep lepel en die half gevulde bottel
Die een kyk na my . . .
Daai kyk van ‘n moeder wat mondering aantrek
En die . . .
WOERTS ! by die sifdeur vlieg sy uit.

Ek sit.
Ek luister
Ek hoor die klank van die leer
Ek hoor ‘n rukkie stilte

Sy kom in, was hande, en gaan voort met die bottellary.

Heelwat later vat ek die flits
Die kuiken is snoesig weer op sy nes en die leer bly staan.

Ek weet - hier kom drie dae van waaksaam dan sal die kuiken kan vlieg en daarna het die kuiken ‘n billike kans teen die hond.

Sy is besig om op te ruim en is tevrede en kalm en sarkasties:
“Moet ek die koffie ook maak ?”

2015/09/12

Napraat:
Sien die foto – Anita het nie gesien die wyfie sit alweer heel skatlik op die volgende op twee eiers nie !



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

2 vir 1
Vurig en jukkerig? Jonk en spelerig. Soms kom dit mens nog steeds oor.
Ai Wolfie is 'n vrou wat 'n ma is darem nie 'n wonderwerk opsigself nie? Hierdie storie raak aan my hart en siel! Baie dankie!!
4 jaar 1 maand 2 dae 22 ure oud



Lelani

deur Rachelle du Bois

Lelani Botha bestuur die eksklusiewe boetiek op die dorp. Sy is beeldskoon, stylvol en kunstig. Maar sy dra swaar aan ‘n geheim waarvan niemand weet nie. Tot hul botanis buurman Leon Postma haar eendag betrap in ‘n situasie wat sy nie langer kan wegsteek nie. Hy weet nou baie meer as wat enige ander mens van haar weet en sy verkwalik hom daarvoor. Hy het geen reg om te weet nie. Sy is pragtig, vurig en wantrouig. En sy is in Leon Postma se lyf, in sy kop en sy bloed. Hy sal vir haar ʼn brug oor die water bou wat haar na hom toe sal bring. Of so hoop hy. Maar Lelani bied hewig weerstand teen haar groeiende aangetrokkenheid tot Leon. Sal sy toegee aan die man wat soos ʼn koors in haar binneste kom intrek het? Sal sy uiteindelik die brug na hom toe oorsteek?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar