Gorrel

Titel: Spookasem
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek vertel vir julle soos wat my kollega, Gerrit, wat tans in my kaia woon, dit aan my vertel het. Ek het voorheen saam met hom 'n huis gedeel wat hy gehuur het. Daar het ek vir Bella, van wie ek julle al vertel het, ontmoet. Dalk moet ek later 'n gorrelstuk oor altwee gevalle skryf. Hierdie besoek aan hom was egter en baie beslis nie Bella gewees nie.

Iets het my wakker gemaak.
Ek kan niks sien nie want dis piknag donker in die kaia.
Stadig sit ek regop in my bed.
'n Yswindjie waai meteens deur die kaia, alhoewel die enigste deur en al die vensters toe is.
Dan hoor ek dit sommer hier vlak langs die bed...
hortende, snakkende asemhaling.
In die donker sien ek 'n beweging
'n skimgedaante wat hardloop!

Ek soek die hele kaia deur maar kry niks.
Nie dat iets of iemand juis in hierdie "reuse" plek kan wegkruip nie.
Skaars is my lig af...
weer daardie hortende asemhaling
en die skimgedaante voor my bed.

"Here oom Jan, hoe het jy oorleef toe jy nog in die kaia gebly het?" vra Gerrit, wat nou tydelik in my kaia woon, terwyl ek in die huis bly. "Ek maak omtrent nie meer 'n oog toe in die nag nie. Omtrent elke nag hoor ek daai asemhaling en sien 'n gedaante hardloop." "Nee wat Gerrit, niks het my ooit gepla nie, behalwe die rotte wat net sommige nagte mal gegaan het in die plafon, gevold deur 'n harde slag so af en toe. Seker maar 'n kat wat hulle wou vang."
'n Rilling loop stadig teen my rugstring af. Die kaia het 'n plat dak. Platter as plat. Die plafon is letterlik net aan 'n dun balkie aan die daksinke vas geskroef. Skaars plek vir 'n rot. Wat is die kanse dat 'n kat daar kon inkom??



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ano
Spookasem
Dit klink soos 'n spookstorie! whaaaaaaaaa
4 jaar 1 maand 2 weke 3 dae 6 ure oud


spookasem
Nee wat ek dink Gerrit moet minder spookstories kyk op tv... jaag die goed weg mag! dan ditto ek ook vir Corina
4 jaar 1 maand 2 weke 6 dae 13 ure oud


Spookasem


Nou daar het jy dit! Klink my die dak is te laag en te plat, nou hoor die knaap homself.
En die weghardloop skaduwee dan?
Seker maar sy skaduwee wat oorhaastig was. Myne sou beslis gewees het!
4 jaar 1 maand 2 weke 6 dae 16 ure oud


spook
Ons gaan jou nog die spokeboer noem brrrrrrrr bly ek bly nie daar by jou nie
4 jaar 1 maand 2 weke 6 dae 22 ure oud


Spook
. . . ek dink regtig daar is iemand wat julle net wil skrikmaak met (goël)toertjies. Moet géén erkenning gee aan enige van hierdie goed se 'mag' nie. Hulle gebruik en misbruik die mens se vrees vir dié dinge.
4 jaar 1 maand 3 weke 2 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Vader, vergeef

deur http://www.woes.co.za/

'n Geestelike digbundel met 46 Gedigte wat begin by sosiale kommentaar oor die euwels in ons samelewing en dan oorgaan na storiegedigte gebaseer op ware verhale van gebedsverhoring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar