Gorrel

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek het die laaste twee maande probeer om kortverhale wat ek vir kompetisies geskryf het en die lekker lees en skryf hier op Woes te balanseer. Ek het nie so goed gevaar nie. Al my kompetisie inskrywings het ek wel almal klaar gekry, maar my skryfwerk (en lees) hier het daaronder gely. Asook die tienerboek waaraan ek werk.

So, ek het besluit om aan NaNoWriMo (National Novel Writing Month – dis ‘n internasionale organisasie wat skrywers help skryf) deel te neem waar elke deelnemer 50,000 woorde tussen 1 en 30 November moet skryf. Fantasie boeke is nader aan dubbel daardie hoeveelheid… Maar ek gaan dit doen. ‘n Nuwe boek is altyd die beste (of so sê hulle) om hierdie uitdaging mee aan te pak. Die volgende paar weke tot met die begin van November sal dan aan voorbereiding vir hierdie boek wees.

Dus gaan ek nie tot en met Desember tyd hê om hier te kuier nie. Aan die plus kant, gaan ek ‘n nuwe manuskrip reg hê om agente en uitgewers mee te bombardeer.

Julle moet almal lekker skryf en lees – ek gaan lafenis nodig hê wanneer ek weer uit my grot kruip en ek kan nie aan beter kuns dink as dit wat julle so gaaf bied nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Die Kat Kom Weer
Sterkte op die pad voorentoe.
4 jaar 1 maand 1 week 2 dae 13 ure oud


die kat
Sterkte!
4 jaar 1 maand 1 week 2 dae 15 ure oud


die kat kom weer
baie sterkte en voorspoed vir hierdie projek!! Ons hou duime vas dat dit sommer baie goed sal gaan
4 jaar 1 maand 1 week 2 dae 16 ure oud


Sterkte
Alle sterkte en voorspoed Ronel.

Ek het ook begin edit maar kan net nie van die woeswa afklim om al my energie in my boek in te sit nie.




4 jaar 1 maand 1 week 2 dae 20 ure oud


sterkte
Alle voorspoed en sukses word jou toegewens.
4 jaar 1 maand 1 week 2 dae 20 ure oud


Dankie!
En voorspoed met jou skryfwerk!
4 jaar 1 maand 1 week 3 dae 6 ure oud



Van ons ander lede

Botes Stamregister en Kwartierstaat

deur Willie Botes

Genealogiese kwartierstaat oor die Botes familie. Ander vanne sluit in Oosthuizen, Botha, Putter, Du Preez en Shafer



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar