Gorrel

Bladsye:
Titel: Ek belowe
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek belowe om – al is dit net vir die week – nie lelik te wees nie ( al het ek meer as duisend redes) sal ek nie en gaan ek nie . . .
Ek gaan ook nie lelik wees deur op die kritici se tone te trap oor hulle arme Pollard beskuldig het dat hy nie met kort skoppies die bal vir die Bokke gegee het nie.
Dis eintlik deur hom dat die Bokke verloor het.

Soos dit ‘n arm man betaam, het ek nie Dstv nie en moet ek maar met my PM9 radiotjie alles aanhoor.
Dit saak nie maak want ek kan my mooi verbeel.

Pieter van den Berg met sy (soms) lastige helpertjie het vertel wat hy (hulle) sien.
Die wedstryd was Australië teen Argentinië. Pieter het homself dwarsdeur die wedstryd geknoop met wie is wie en wie is waar maar hulle het wel mooi vertel dat
Die Ref was stok blind teen die onkant van die Aussies
Die skare boeee en baaa laat dit dawer in die agtergrond, maar hy, die Ref. het net so af en toe - om hulle (Arg.) te help, wel ‘n onkant strafskop toegedien.

Beide die All Blacks en Australië is op die aller fynste afgerond, afgerig en bekwaam in . . .

Wat die meeste oor Pieter se lippe kom is:
Daar lê ‘n Argentein
Daar bloei ‘n Argentein
Doeeerrr lê ‘n Argentein
Daaar gaat ‘n Argentein van die veld af – dis net bloed op die gesig.

Ek het later nie meer skottels en lappe vir al die Argenteine se bloed en stukkend nie.
Anita skop my in die ribbes toe ek met die bier in die hand op die sitkamer mat rondkruip en net bloed opveeg en oor my skouer vra vir lappe!

Hokaai, ek het belowe.
Maar – askuus vir die wals – maar my ma wil weet
Hoekom neuk die Argenteine mekaar dat die bloed so loop?

Vete . . .
Wie het die woord uitgedink?
Rugby is sommer shit – ek het al drie kilogram opgetel van net biltong en bier en lappe kou !

Maar komende naweek se vete WIL ek aanskou
Die oer oue vete tussen die Wallabies en die All Blacks !

HKGK .
Daar is Rugby nie sports nie –
No Ways
Rugby is ‘n Geloof ding!

Ek het my bier en dik biltonge reg!

Maar – stop eers die lorrie !

Hoekom belowe ek???
Wragtag – op my ma se graf!

Ons kyk almal met toe oge BOONTOE !

Omdat

Dis Chellie se tyd - Vrydag die 29 ste Oktober !

Hier in Potchefstroom met haar uiters bekwame Ma en Suster om oor ( die STER van 'n man) Dokter Hentie se skouer te loer . . .

Hy sal heet:
Christiaan Mauritz van den Heever !
Ons glo en vertrou en WEET alles sal goed gaan

Daarom
Daarom sal ek net mooi wees hierdie week !

Thanks

2015/10/25



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Belowe
Dis mooi so Wolf! Ek het gedog dis dalk Wolfie jr.
3 jaar 6 maande 3 weke 6 dae 17 ure oud


***
Gelukkig nie dieselfde tyd as die rugby nie, nè?

Hoop alles loop goed af -- die nuwe kleinseun...
3 jaar 6 maande 4 weke 17 ure oud


Chellie se tyd . . .
ja, basta tog die rugby. Ons bid saam dat alles reg loop (met Chellie en Christiaan Mauritz van den Heever)!
3 jaar 6 maande 4 weke 1 dag 9 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Die winkende Dood

    deur neels claasen

    die verhaal van n tienermeisie wat in dwelms se kloue beland het



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar