Gorrel

Titel: Liewe mens
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hierrie skrywers leegte vreet aan my.
Ek ry na meneer Lee toe – ek benodig ‘n boorpunt want ek maak alweer perdjies wat Anita moet verf.
Hy, hierdie bekende in die dorp kar wag- staan voor die gebou.
Hy staan al vir jare en is getroud met ‘n teen-oor-gestelde kleur maar hy is die ene liefde en help almal en ken almal wat gereeld daar stop want hy is die kar-waghond alhier en help met alles - stuur hom tot vir ‘n koeldrank terwyl ek geparkeer staan en wag vir Anita.
Male sonder tal het ek hom al aangespreek : “Ou, jy moet ‘n hoed dra – hierrie son gaan vir jou futup brand !”
Hy lag net oop bek met sy al gekleurde hier-en-daar tande en eergister se brekfis hang nog aan sy nat, onversorgde snor en hy spoegspat terug:
“Oompie, ek is al gesout teen die son !”

Ek verby pas weer en ek sien hom so in die verbygaan en ek kyk weer –
Die man staan kaalkop in die son en hy maak sulke kop rukkings, heen-en-weer en op-en-af soos ‘n hoennerhaan wat verstik aan ‘n mieliepit terwyl hy try kraai!.

Die verkeer laat my nie toe om te stop en na die man se welstand om te sien nie en ek verby maar saam met die stroom .

Die son het my ook al vroeg oggend gekook wyl ek die tamatie plantjies - uitplant en dit is ook net toe dat my foon lui en ek sien dit is Marlene:
“ Pa, oom Tom lê alweer hier in my saal en hy vra na pa, hy verlang baie en pa moet asseblief kom kuier.”

Julle onthou verlede keer toe hy en nig Sien saam in die hospitaal was. Toe het sy kaart agtergebly en ek lees wat die Dokter geskryf het hy makeer.
Ek moes lees want die man was in bandage van kop toon en albei bene hang gespalk aan kettings en toue vanaf die ceiling – en ek lees:
“Alcohol intoxification!”

Hierdie keer is dit egter iets anders wat hom aan die bed kluister.
Ek het begrip want hierdie ou Mater van my is eintlik geld se baas. Sy tydverdryf is om in die koelte by die krom poot draad tafeltjie te sit en sy bankstate noukeurig deurgaan om sodoende die Bankbestuurder uit te vang waar hy met ‘n sent se rente verneuk is!

In daai proses is nig Sien ook by en is toepaslik met aandra van drankies en die draad stoeltjies het ook al hulle kant deur die jare gebring.
Ekself het al agteroor geslaat as daai stoeltjie moeg word om my gewig te dra.

Maar hierdie keer het hy ‘n ander kwaal en ek versoek dat Marlene hom maar ekstra sterk suurstof injaag – ek sal na my rondry vir Tom loop kuier.

Dit het toe nie gewerk nie – daar was geen parkering nie en ek is alleen en ek gaan dit nie waag om alleen in hierrie son vêr te loop nie – ek het gesien wat doen die son aan kar wag

Ek sal môre gaan kuier – Marlene sal hom aan’t lewe hou dan sal ek vir julle van my kuier vertel.

2015/11/11



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Liewe mens
heerlik gelees!!... ek wag in spanning om van jou kuier in die hospitaal te hoor
4 jaar 6 maande 2 weke 5 dae 16 ure oud


***
Ek wag...
4 jaar 6 maande 2 weke 6 dae 13 ure oud


Z
Lekker gelees hier Sneeuwolf. Maar ek wonder ook wat van die arme karwag geword wat sy hoender streke uitgehaal het in die son.
4 jaar 6 maande 2 weke 6 dae 13 ure oud


Mens
Is reg so, ek wag. Ek't nou lekker gegiggel vir daai verstikkende haan.
4 jaar 6 maande 2 weke 6 dae 14 ure oud


Ano
Mens
Jip, die ou sonnetjie kan 'n mens verniel as hy jou alleen vang! :-)))
4 jaar 6 maande 2 weke 6 dae 15 ure oud


nuuskierig
Nou het jy my baie nuuskierig.
4 jaar 6 maande 2 weke 6 dae 20 ure oud



DVD-reeks, HOE HOOR EK DIE HERE SE STEM

deur Christo Nel

Hoe hoor ek die Here se stem? Soveel gelowiges vra gedurig: Maar hoe hoor ek die Here se stem in my lewe? In hiedie DVD-toerustingskursus gebruik Christo Nel 9 sessies om verskillende fasette van die antwoord op hierdie vraag vir gelowiges te belig.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar