Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Wat is die sin in sommige mens dinge ?

Ek luister vroeg oggend RSG – ek luister altyd na RSG ( met dank ?)

Wat is die grootse behaging, die grootste lekker kry, die grootse satisfaksie, die ‘magtig . . . dis nou salig ‘ - in my lewe?
Die knoppie.
Die afsit knoppie.
Die Radio afsit knoppie.
Om, as hulle van daai shit musiek speel of wanneer iemand met ‘n skril, eentonige, irriterende stem (gewoonlik ‘n in-beller) praat . . .
Om die radio-afsitknoppie aan te wend!
Dit is hemels!

Sakie makie, ek luister vanoggend en Gawie vis praat sy praat.
Gawie praat vis vang. Hy noem dit hengel – ek weet nie wat is die verskil nie.
Maar Gawie handhaaf ‘n norm. In sy wêreld is dit seker ’bewaar’.
Bewaar vir wie en vir wat, weet ek nie maar Gawie is dankbaar as jy die vis weer ‘ terug plaas’.
Gawie eis dat jy die vis weer in die water terug plaas . . .
Mind you!

Vanoggend is Gawie opgewonde en uitgelate want van oor die hele land rapporteer die visvangers van wonderlike vangste en een vrou het glo ‘n Geelfin Tuna van presies 100 kilogram gevang.

Om daai reus te vang en aan die skaal te hang ( met ‘n reuse haak in die kake) moet die vang manne van die vreeslikste hake en sekerlik ook ketting katrolle gebruik maak en dan die gevangene met mag en krag aan boord bring.
Hoe gehaak en geskeur en gesteek en . . . en . . .

Gawie is verheugd in sy versekering:
“Die vangste is weer terug geplaas – net jammer sommige het dit nie oorleef nie . . .” !
Jip – het seg dit 1

Fokket ! Om te kyk hoe dryf die dooie vangs weer weg op die see! Wat gaan deur jou gemoed ?
Hoekom gaan vang en haak en sleep en trek jy dan die vis aan wal of aan boord?

Ek is ‘n brommer iewers in die omtrek en sien –
Ek sien hierdie is alles sommer ‘n klomp Bulldust!

Selfde met die voëltjie ‘Navorsers’.
Hulle span nette in die voëltjies se broei area –
Mis nette.
Onsigbare fyn nette en die voëltjies vlieg vas en struggle vas en in die proses breek hulle beentjies en heupe en vlerke –
Maar
Die voëltjies moet gering en genommer word sodat nagevors kan word oor die trek gewoontes!
Daai vanger het nie ‘n X ray om te sien die enetjie wat hy gering en genommer loslaat se heup is uit koers uit nie !

O’ . . . my Sole!

Ek dink maar net.
Wat de hel is die sin?

2015/11/14



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Sin
Wolf, en hier praat jy sommer weer oor drie, of was dit vier onderwerpe in een skryfsel en jy sit jou leser ordentlik aan de dink. My kind vang oog so Trout en sit dit weer terug. Seg hy vang nie om te eet nie, maar vir die lekker van daai vis uitoorle.
3 jaar 6 maande 1 week 14 ure oud


sin
Hierdie stuk van jou het my (soos gewoonlik) met n lekker glimlag om die mond gelos...maar tog het jy daarin geslaag om my ook n bietjie te laat dink...oor die visse en die voeltjie-ding....en ek wonder ook na dese - wat is die sin daarin?
3 jaar 6 maande 1 week 2 dae 13 ure oud


sin
Ek stem Willie. Daai knoppie is goud werd.
3 jaar 6 maande 1 week 3 dae 4 ure oud


Sin
Ag nee! Ek het nie geweet hulle breek die voëltjies nie?

3 jaar 6 maande 1 week 3 dae 7 ure oud


***
Ja-nee, Willie, ek stem saam. Hou ook van die knoppie-idee -- ek doen dit met die afstandbeheer vir die TV.
3 jaar 6 maande 1 week 3 dae 17 ure oud



Die Lied van Lorelei

deur Rachelle du Bois

Mikrobioloog Talana de Waal keer na haar familie se sitrusplaas in die Laeveld terug om navorsing te doen. Sy bring haar vriendin en kollega, Dr Lerina Keyser saam. Alles gaan voor die wind tot haar kleinboet en sy vriend besluit hul ouer broers, Marius en Armand se liefdeslewe het 'n hupstoot nodig. Die misverstand wat volg het katastrofiese gevolge. Die vreeslike flater laat die wraak van die meisiekinders vlamvat. Tot die bye swyg en die swartvlieë hou op eiers lê . . .



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar