Gorrel

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

My oudste seun word tuis geskool en die wêreldjie waarin hy beweeg is soms kleiner as daardie kamertjie wat meeste huise het. Jy weet van watter een ek praat. Die herinneringe in die vorm van ou klere, dalk dose vol belastingstrokies of speelgoed wat die kinders nie mee speel nie, lê die kamer verstikkend vol. Dis die kamertjie wat jy met 'n sug toetrek as gaste kom kuier terwyl jy jouself belowe jy gaan hom môre regpak.
Om weg te breek van die gewone luister oudste graag radio of musiek. Hard. En dan sing hy. Hard. En vals. Baie vals. Vanoggend het hy "Hoe groot is U" so effens vermorsel en daarna vir "De la Rey" gelei tot hy die Boere vermy. Of so iets.
Maar hy laat my dink, hierdie seun van my in 'n amper-sestienjarige se lyf, maar met die hart van 'n tienjarige. Ons almal het nodig om weg te breek, te ontsnap van die roetine wat meeste van ons noodgedwonge moet volg. 'n Plek waar jou siel sy klere kan uittrek en in die koue rivier instorm sodat die stroom hom kan vat en verkwik voordat hy hom saggies op die wal uitstoot. Vir sommige is die wegbreek in die vorm van twee hardlooptekkies met modder op hulle sole, vir ander is dit 'n glas wyn, 'n warm bad, 'n rondte gholf saam pelle of net 'n boek.
Nou wat is die punt? Vra jy.
Ek weet nie regtig nie...
Dalk moet jy 'n glas wyn skink en buite gaan sit onder 'n boom, elke teug waardeer, rondkyk sonder om te praat. Of dalk moet jy in 'n koffiewinkel gaan sit en mense dophou. Die antwoorde kry mens amper altyd in die rustigheid...



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

wat is die punt
die punt is dat mens moet ophou om net te oorleef en ook soms net te leef en die mooi van die lewe te geniet saam met hulle wat so kosbaar in jou lewe is
3 jaar 7 maande 2 dae 17 ure oud


Wat is die punt?
Ek dink die punt is mens moet elke dag iets doen wat baie spesiaal is en wat net jy vir jouself kan doen. Met ander woorde: spandeer tyd met jouself en aan iets wat jou gelukkig maak, elke dag.
3 jaar 7 maande 2 dae 18 ure oud


TK
Wat is die punt
Ek weet presies wat jy bedoel. Daar is soms net te veel roetine in die lewe en soms moet mens, soos jy sê sommer net rustig agteroor sit en kyk hoe die ander mense rondskarrel om te probeer sin maak daarvan vir jouself.
3 jaar 7 maande 2 dae 20 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Gee my hoop - selfs toe daar geen hoop meer was nie

deur stefan s

Die boek se inhoud gaan hoofsaaklik oor die tema “hoop”. Hoop kan op verskillende maniere of geskep, versterk of vernietig word. Daar word gekyk na faktore wat ʼn direkte of selfs indirekte invloed uitoefen op die hoop wat daar in menseharte bestaan. Die boek is anders as ander deurdat daar aan die einde van elke hoofstuk ʼn gedig van hoop en bemoediging, deur stefan s, geskryf is wat by die tema van daardie hoofstuk aansluit. stefan s is ʼn predikant wat reeds 30 jaar in die bediening staan en in drie gemeentes gedien het. Ek is tans besig met twee afsonderlike kursusse in nood- en traumaberading. Ek is self deur diep waters wat as motivering gedien het vir die skryf van die boek met die spesifieke onderwerp “hoop”.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar