Gorrel

Titel: Adios
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek wil net vir al my Woes-vriende baie dankie se vir meer as 10 maande se lekker lees en ondersteuning. Weens omstandighede buite my beheer moet ek die web-tuiste vaarwel roep.

Ekself is nou nie juis 'n digter nie, maar skryf maar sommer net uit die hart uit.

Rudi aan die anderkant is 'n yster, want hy kan dig van donker gange, tonnels en grotte tot by die spreekwoordelike "str*nt". Die meeste van Rudi se werke kon ek beskryf as "droom-mooi woord kunswerke". Rudi kry nie skrywersblok nie, Rudi is die Bakkies Botha van digkuns!

Anze, jy het die mooiste liefdes-odes opgedra aan daardie spesiale man van jou, Willem. Doen so voort!!!

Evelyn, jou digkuns is op 'n ander "level". Totaal en al besonderse beeldspraak. Baie mooi, hou so aan!

NelNel kan ek net beskryf as 'n uit-die-hart "roller coaster" geen onnodige woorde briljante digwerk wat ek eindeloos geniet het. Elke gedig 'n unieke werk!

Carma se sagte aanslag was ook vir my baie besonders en uniek. Hou so aan Carma!

Charleine jou digwerk was ook vir my baie uit-die-hart en jou en oom Sneeuwolf se hoorbeelde was vir my baie uniek en natuurlik iets wat blinde mense ook na kan luister met soveel "passie". Ek hoop jy geniet jou reis saam met jou talentvolle dogter van wie jy sulke mooi gedigte geskryf het!

Neels Claassen, jou spoorweg stories het ek in verdwaal, want ek het as jongman vir my diensplig baie ver op treine gery. Die Makkadas ('n stoomtrein) wat ek dink twee keer per week in die vroee sewintiger jare oor ons plasie in die Klein-Karoo vanaf Touwsrivier na Ladismith Kaap geloop het. Die voorstedelike treine elke dag vir meer as 13 jaar werk toe en terug vanaf Stiklandstasie tot in die Kaap en terug gery. Dit was so deel van ons, die treinry!

Digkuns en skryfkuns kom in baie fasette en kom met baie style en dit was vir my 'n ongelooflike reis saam met julle, maar nou het dit tyd geword om afskeid te neem met 'n traan in my oog en 'n hartseer hart.

Al my werke het ek afgelaai van die web-tuiste en in my kluis toegesluit, tot ek weer skryf sal dit op papier wees!

Nogmaals baie dankie vir die lekker lees en lekker skryf en die ondersteuning.

Anze, jy kan maar wanneer jy reg is my naampie en profiel verwyder van Woes, ek wou maar net graag my Woes-vriende groet!

Groete van Digterlike huis tot huis!!!,

Doen so voort almal van julle, want julle is lamal kunstenaars in julle eie reg!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

die weervoorspelling
ai..dit suck.
ekt jou en jou werke geniet...
sad dat jy moet gaan...
en jammer.
3 jaar 7 maande 5 dae 12 ure oud


Adios
Ai my maat dit is met groot hartseer dat ek jou afskeidsgroet lees... dit was altyd heerlik om jou bydraes en kommentare te lees. Jy gaan defnitief n groot leemte hier op Woes laat. Ons sal jou plekkie oophou en jy is enige tyd welkom om terug te kom sodra jou omstandighede verander het. Ondervinding het mos al geleer dat n skrywer/digter nooit vir lank kan wegbly van hierdie woes-familie nie... ons wag rustig vir jou terugkeer sodra jy gereed is...
3 jaar 7 maande 5 dae 14 ure oud


groet
dit is jammer dat jy ons verlaat maar sterkte vorentoe
3 jaar 7 maande 6 dae oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

KOPERMAAN tot SPIKKELPELIKAAN

deur Viooltjie

Hierdie bundel bevat 80 oorspronklike gedigte wat vir enige leser toeganklik sal wees. Dit is gedigte waarmee mense kan identifiseer. Dit sal jou nie onaangeraak laat nie. Natuur, omgewing en bloot net ménswees kom baie sterk hierin na vore.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar