Gorrel

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Sommer net so 'n kort ietsie wat ek met julle wil deel.
Dink, en dink twee maal voor jy praat.
Die anderdag staan ek en 'n paar van die "maintenace team" by die stoor waar ek werk, en gesels. So praat ons oor die verskillende myne waar hulle gereeld moet onderhoudswerk gaan doen, en waar ek ook gereeld gaan aflewerings doen.
So gesels ons in die algemeen oor die verskillende mense in beheer op die verskillende myne. Op die een spesifieke myn is 'n baie nors en stuurse man in beheer. Hy doen jou eintlik een hengse groot guns as hy die slag op kyk en jou groet as jy sy kantoor betree. Ewe groot bek se ek ja, daai ou is darem maar 'n regte ou suurknol en dat ek tog volgende keer vir hom die soetste soet lekkergoed wil gee. Dalk, net dalk verander sy surigheid en word hy vriendeliker. Een ou skop amper my maermerrie af. Dit is X, ook in die geselskap, se pa!!!!
Berge val op my. Aarde skeur oop en sluk my in.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Verleentheid
OOOOooo dit het al baie met my groot mond gebeur. Ou Jan vat maar vir die man 'n bottel whisky of brandewyn of 'n bottel wyn vind uit wat die ou suurknol drink!!!
3 jaar 5 maande 1 week 1 dag 18 ure oud


Ano
Verleentheid
Oe-e-e! Skinder nooit, maar hierdie mag dalk werklik 'n goeie uiteinde he. :-))))
3 jaar 5 maande 1 week 3 dae 21 ure oud


verleentheid
hehehe.. dalk gee hy hopelik vir sy pa die boodskap!!!.. vriendelikheid kos mos niks nie...
3 jaar 5 maande 1 week 3 dae 23 ure oud


:X
Ja, dit gebeur! Darem wou jy vir hom 'n soetigheid gaan gee :D!
3 jaar 5 maande 1 week 4 dae 8 ure oud


verleentheid
wag voor die momnd jan!!!
3 jaar 5 maande 1 week 4 dae 9 ure oud


Verleentheid
Die wag voor die moed wat soms nie sy werk goed genoeg doen nie, dan word die boete betaal vir verleentheid.
3 jaar 5 maande 1 week 4 dae 12 ure oud


oeps :-)
Ja, 'n mens moet sommer 'n paar maal dink voor mens praat. Goed dat jy my daaraan herinner, Jan. Nou gaan ek meer attent daarop wees :-)
3 jaar 5 maande 1 week 4 dae 13 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Geweeg

deur Manie Jackson

Gedigte van skooldae af , die tyd toe ek geweeg is, tot ek getrou het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar