Gorrel

Titel: Spyt
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek het die filmster van Amerika, Mic Borden, agtervolg. Wou ‘n paar fotos van hom neem.
Hy het gesien wat ek wou doen, gestop uit sy motor geklim my ook gestop van die pad af gedwing, hy het my gevra om nie fotos van hom en sy gesin te neem nie, hy was op verlof en wou graag sy tyd saam met sy gesin in privaatheid geniet.
Ek het belowe dat ek sal doen wat hy vra.

Tog het ek besluit, net een foto sal die ding doen.
O. Wee! Voordat ek die knoppie kon druk het hy my gestorm en die kamera gegryp, ek moes belowe dat ek hom en sy gesin se privaatheid sal respekteer anders sal die kamera nooit weer ‘n foto kan neem nie.
Met die belofte aan hom het ek stert tussen die bene in my motor geklim en weggery.
Sonder die foto!
Ek glo met die tyd sal ek leer wanneer, waar en hoe die regte foto’s te neem soos dit ‘n goeie fotograaf se reg is.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

spyt
Spyt kom te laat maar mens leer darem altyd iets daaruit.
Goed kort en kragtig
3 jaar 8 maande 3 weke 1 dag 17 ure oud


spyt
Goed jy tik my op die vingers Ano, nooit te oud om te leer nie,
ek waardeer dit dat jy my skrywe gelees het, baie dankie.
3 jaar 8 maande 4 weke 17 ure oud


Ano
Spyt
Mmmm, wie nie ore het nie, moet maar voel - of hoe? Wat het dan geword van goeie, outydse respek vir ander se privaatheid?
3 jaar 8 maande 4 weke 1 dag 1 uur oud


... en ons leer daaruit...?
Leer, leer, leer, o mens!
Tweedens het die goeie (en die slegte) fotograaf 'n reg om fotos te maak; maar eerstens het die privaatmens 'n reg om privaat te wees.
Dankie vir die les.
(Ojee! Watse les het EK daaruit geleer?)
GvT
c];o)
3 jaar 8 maande 4 weke 1 dag 19 ure oud


Spyt
Solank 'n mens net iets hier uit leer dan is die wêreld weer reg.
3 jaar 8 maande 4 weke 1 dag 22 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Jesus Beter en Beter

deur Lynie van Westfort

'N digbundel deur God geinspireer. Geskryf deur 'n verloste vrou. Baie diep het Hy my uitgehaal.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar