Gorrel

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Aan almal in my WOES-familie wens ek in die nuwe jaar:

Dat daar altyd wind in jou seile sal wees
..... en krag in jou bene.

Dat daar in jou donkerste uur ’n helder sonstraal sal skyn
... en jy altyd ’n koelte-kol sal vind in ’n snikhete dag.

Dat ’n gloeiende kooltjie altoos die winterkou sal verdryf.

Dat enige wond spoedig roof sal maak en dat pyne sal wyk voor dit vatplek kry.

Dat ’n sagte hand elke traan sal wegvee en saggies ’n seer hart sal masseer.

Dat jy ’n antwoord sal vind vir elke vraag wat jou teister ....
..... en ’n oplossing vir elke situasie wat jou kwel.

Dat geloof jou op jou knieë sal hou en kniel-versoeke volbring sal word,
sodat jou hoop nooit sal beskaam nie.

Mag ek gereeld en aanhoudend goeie nuus van jou af hoor.
Heeljaar, aljaar 2016!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ano
2016
Pragtig! Mag hierdie jaar jou stoutste drome oortref :-)))
3 jaar 7 maande 3 weke 3 dae 11 ure oud


wense
Vir Lynette en haar mense n voorspoedige nuwe jaar
3 jaar 7 maande 3 weke 3 dae 19 ure oud


2016
My heel mooiste wense ook vir jou en jou dierbares.
3 jaar 7 maande 3 weke 3 dae 20 ure oud


Dankie!
Dis heerlike, wonderlike wense . . . ek vat dit dadelik vir my!
3 jaar 7 maande 3 weke 3 dae 20 ure oud


Ek wens
Pragtige wense vir jou ook.
3 jaar 7 maande 3 weke 3 dae 20 ure oud


EK WENS....
Mag jou reistas net gevul wees met die beste seëninge van ons hemelse Vader.
3 jaar 7 maande 3 weke 3 dae 20 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Beskuldig dan die Liefde

    deur Rachelle du Bois

    Herman Jansen is betower deur die lieflike meisie wat saans in die maanlig in sy tuin dans. Waar sou sy vandaan kom en wie is sy? Hy besluit hy wil haar hê en hy gaan haar kry. Maar wat van sy voorneme om van die liefde af weg te bly na sy pynlike ondervinding in ʼn huwelik wat vir hom byna vernietig het? Sal hierdie beeldskone vrou vir hom vervulling bring? Hoe weet mens jy het lief? Dit is die vraag wat Trixie Hofmann moet antwoord, want skielik is haar speelmaat en skoolvriend nie meer dieselfde nie. En sy verstaan nie die vreemde taal wat haar hart en haar lyf nou praat as hy naby haar kom nie.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar